Skip to main content

1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel

Dawid se visie was vir ‘n tempel wat indrukwekkend groots sal wees, ‘n roem en ‘n sieraad vir alle lande.  Maar sy seun Salomo was nog “jonk en sag”.

Daarom doen Dawid drie goed wat ook die kleiner dele vorm waaruit die hoofstuk opgebou is:

  • Dawid tref vir Salomo die voorbereidings in terme van die bouers wat onder andere uit sy internasionale betrekkinge kom, bv. van Tirus en Sidon af, en in terme van materiaal vir die bouwerk wat as buit uit sy oorloë kom, sowel as uit geskenke van sy vriende onder die nasies, bv. Koning Toï van Hamat – vers 2-5.  Die vreemdelinge wat Dawid hier bymekaargebring het, was veral vroeëre bewoners van die land Kanaän, “Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, afstammelinge van dié wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie en nog oor was in die land.” (1 Kon 9:20-22).  Salomo het hulle dwangarbeid laat doen wat uiteindelik tot opstand gelei het onder aanvoering van Jerobeam, die man wat hy aangestel het om oor hulle toesig te hou.  Dit het tot die skeuring van die ryk gelei, wat ‘n mens natuurlik ook laat wonder oor die wysheid van die gebruik van vreemdelinge en veral die aspek van dwangarbeid.
  • Dawid mentor sy seun deur hom in te laat in sy eie verhouding met God en te herinner aan die beloftes wat die Here oor Salomo uitgespreek het.  Dawid moedig Salomo aan om sy eie verhouding met God in stand te hou, veral deur die wet na te kom, dit wat van God se wil bekend was, en met oorgawe homself te gee vir wat die Here vir hom duidelik maak: “Wees sterk en staan vas.” – vers 6-16.  Salomo sou baie aandag hieraan gee, veral om ‘n “luisterende hart” te bekom (1 Kon. 3:9)
  • Dawid maak vir Salomo die pad gelyk onder die leiers van die volk, al die gesaghebbers, om Salomo te ondersteun. Let op hoe hy dié opdrag as ‘n geestelike een uitspel sowel as een wat verbind is aan die Dawidshuis – vers 17-19.  “Gee nou hart en siel daaraan om aan die Here julle God gehoorsaam te wees, en begin bou aan die heiligdom van God die Here.”

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda