1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
Dawid se visie was vir ‘n tempel wat indrukwekkend groots sal wees, ‘n roem en ‘n sieraad vir alle lande. Maar sy seun Salomo was nog “jonk en sag”.
Daarom doen Dawid drie goed wat ook die kleiner dele vorm waaruit die hoofstuk opgebou is:
- Dawid tref vir Salomo die voorbereidings in terme van die bouers wat onder andere uit sy internasionale betrekkinge kom, bv. van Tirus en Sidon af, en in terme van materiaal vir die bouwerk wat as buit uit sy oorloë kom, sowel as uit geskenke van sy vriende onder die nasies, bv. Koning Toï van Hamat – vers 2-5. Die vreemdelinge wat Dawid hier bymekaargebring het, was veral vroeëre bewoners van die land Kanaän, “Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, afstammelinge van dié wat nie deur die Israeliete uitgeroei is nie en nog oor was in die land.” (1 Kon 9:20-22). Salomo het hulle dwangarbeid laat doen wat uiteindelik tot opstand gelei het onder aanvoering van Jerobeam, die man wat hy aangestel het om oor hulle toesig te hou. Dit het tot die skeuring van die ryk gelei, wat ‘n mens natuurlik ook laat wonder oor die wysheid van die gebruik van vreemdelinge en veral die aspek van dwangarbeid.
- Dawid mentor sy seun deur hom in te laat in sy eie verhouding met God en te herinner aan die beloftes wat die Here oor Salomo uitgespreek het. Dawid moedig Salomo aan om sy eie verhouding met God in stand te hou, veral deur die wet na te kom, dit wat van God se wil bekend was, en met oorgawe homself te gee vir wat die Here vir hom duidelik maak: “Wees sterk en staan vas.” – vers 6-16. Salomo sou baie aandag hieraan gee, veral om ‘n “luisterende hart” te bekom (1 Kon. 3:9)
- Dawid maak vir Salomo die pad gelyk onder die leiers van die volk, al die gesaghebbers, om Salomo te ondersteun. Let op hoe hy dié opdrag as ‘n geestelike een uitspel sowel as een wat verbind is aan die Dawidshuis – vers 17-19. “Gee nou hart en siel daaraan om aan die Here julle God gehoorsaam te wees, en begin bou aan die heiligdom van God die Here.”
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - April 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - April 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - April 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - April 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - April 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - April 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - April 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - April 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - April 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - April 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - April 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - April 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - April 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - April 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - April 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - June 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - June 4, 2013