1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied
Hierdie twee hoofstukke behels die volgende vier geslagsregisters:
- Die stam Benjamin – 8:1-40.
- Die Israelitiese families in Jerusalem na die ballingskap – 9:1-9.
- Die priesters en Leviete in Jerusalem – 9:10-34.
- Die afkoms en geslag van Saul – 9:35-44.
Die stam Benjamin – 8:1-40
Die sirkelgang van die Kronis se beskrywing van die stamme van Israel in hoofstukke 2-8 word afgesluit met die verdere beskrywing van die stam van Benjamin, die stam wat net noord van Juda gelê het.
Benjamin se afstammelinge is reeds in die vorige hoofstuk genoem, maar word hier meer volledig aangegee om as inleiding tot die geskiedenis van Saul te dien sowel as om die keuse van Jerusalem as hoof- en tempelstad van die ná-ballingskapse Judese gemeenskap te bevestig wat tradisioneel met Benjamin se stamgebied geassosieer was (Jos. 18:28; 1 Kron. 8:28).
Terloops: As jy die patroon van die Kronis se beskrywing volg op ‘n kaart sal jy sien dat sy beskrywing merendeels anti-kloksgewys in ‘n sirkel aangebied word. Hy het met Juda begin meer in die suide (hfst. 2-4:23), en toe na Simeon geskuif in die verre suide. Daarna het hy anti-kloksgewys van suid na noord die drie stamme aan die oostekant van Israel (ook oos van die Jordaan) beskrywe: Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse (hfst. 4:24 – hfst. 5). Daarna het hy aandag gegee aan die stam van Levi wat in die sentrum van dié geslagsregisters staan en wat stede reg oor die hele Israelitiese grondgebied gehad het (hfst. 6). Die laaste stamme van Israel het vervolgens aan die orde gekom: Issaskar en Naftali in die noorde – tussen die halwe stam van Manasse in die noord-ooste en Aser in die noord-weste –en Manasse en Efraim aan die westekant van die land, met net Benjamin wat nie in die patroon ingepas is nie. Daarna het hy die patroon verder verbreek deur Aser wat heel noord-wes lê, tweede laaste te beskrywe (alles nog in hfst. 7), om laastens die sirkel te voltooi met sy verdere beskrywing van Benjamin wat net bokant Juda lê (hfst. 8). Dan en Sebulon is in hierdie beskrywing uitgelaat, soos ons reeds gesien het.
Die geslagsregisters van Benjamin en Saul toon ooreenkomste met materiaal uit Numeri, Josua en Samuel, maar ‘n vergelyking sal, soos met die vorige hoofstuk se 6 stamme, te tegnies en akademies van aard vir ons doel wees. Hier word bv. meer seuns van Benjamin aangegee as in hfst. 7 en van die name verskil. Ek volstaan met drie opmerkings:
- Die Managat waarheen die inwoners van Geba weggevoer is kan óf die Israelitiese dorp Managat wees wat op ‘n interne struweling sou dui óf die Edomitiese dorp Managat wees wat op ‘n stryd met Edom veronderstel. Laasgenoemde is meer waarskynlik omdat die werkwoord “weggevoer” gewoonlik met ballingskap geassosieer word.
- Let op dat Sagarajim van Benjamin eers in Moabitiese gebied kinders gekry het, die gebied vanwaar Rut gekom het. En dit nádat hy van sy vroue, Gusim en Baära, geskei is (of hulle verstoot het – die Hebreeuse woord kan ook dít beteken). Sonder dat die redes vir sy egskeiding (of verstoting) uitgespel word, het hy weer sy voete in Moab gevind en kinders gehad by Godes en Gusim. Indien dié twee Gusims dieselfde persoon is, veronderstel dit dat hulle twee weer by mekaar uitgekom het, wat moontlik beteken dat hy haar eerder verstoot as geskei het, omdat daar streng wette teen hertrou was. Ek weet ek spekuleer, maar dit sou nogal ‘n mooi storie wees! Nietemin het hy uiteindelik ‘n groot nageslag gehad wat nie net dorpe gebou het nie, maar ook hulle vyand op die vlug laat slaan het.
- Die nageslag van Saul wat in vers 33 en verder beskrywe word, sal weer herhaal word in hoofstuk 9.
Die Israelitiese families in Jerusalem na die ballingskap – 9:1-9
Die fokus op die identiteit van die na-ballingskap gemeenskap word afgesluit met ‘n lys van die Israelitiese en priesterlike en Levitiese families in hulle geslagte. Net ’n kort opmerking oor die troubreuk wat die gevolg vir die ballingskap is, word as inleiding gemaak, waarna die hervestiging in Jerusalem aan die orde kom.
Hierdie lys van Israelitiese families sowel as die lys van priesters en Leviete hierna kom grootliks ooreen met die soortgelyke lys in Nehemia 11:1-24. Let op dat die gewone families wat hier genoem word nie net uit die stam van Juda gekom het nie, maar ook uit Benjamin, Efraim en Manasse. Maar Jerusalem sou hierna nie meer primêr aan Benjamin gekoppel word nie, maar aan die ná-ballingskapse Judese gemeenskap, soos dit alreeds begin gebeur het met die koningskap van Dawid en sy keuse van Jerusalem as hoofstad.
Die priesters en Leviete in Jerusalem – 9:10-34
Die priesterlike en Levitiese families word met meer detail weergegee as die gewone Israeliete se families. Waar daar egter net ‘n kort mededeling oor die bekwaamheid van die priesters vir hulle werk gemaak word, word meer uitvoerig oor die drie Levitiese groepe geskryf: die sangleiers (net Merari se nageslag word interessant genoeg hier genoem), die poortwagte met die vier hoofwagte en dan laastens die ander Leviete wat vir ’n verskeidenheid ander take verantwoordelik was.
Dawid het 4 000 poortwagte aangestel (1 Kron. 23:5) en hulle het uitgebreide verantwoordelikhede gehad wat selfs die beveiliging van die stadspoorte ingesluit het. Hulle het die volk gehelp om op die regte wyse voor God te verskyn (Ps. 15 en 24) reg van die woestyntyd af waar hulle tente rondom die tabernakel opgeslaan moes word ter wille van beskerming (Numeri 1:50-53). Dawid (en Samuel voor hom – let op dat Samuel ’n siener, d.w.s. ‘n profeet genoem word) het dus by ’n ou tradisie aangesluit en dit nuut ingeklee met die oog op die nuwe werklikheid rondom die tempel wat Salomo sou bou. En dié reëling het die toets van die tyd deurstaan, selfs ná die ballingskap met die heropbou van die geloofsgemeenskap terug in Jerusalem.
Let ook op die kort opmerking oor Pinehas dat die Here by hom was. Dít is na alles waarom die tempel en die diens in die tempel gegaan het, die Here en sy teenwoordigheid by die mense. Pinehas het dié verantwoordelikheid op voortreflike wyse nagekom en verdien daarom die beskrywing.
Laastens word dan aandag gegee aan die ander take van die Leviete wat die hantering van die offergereedskap sowel as die meel, wyn, olie, wierook en speserye (wat ook vir salf gebruik is) wat benodig is, ingesluit het. Veral die offerbrood was belangrik omdat dit op die Sabbat gebruik is.
Let ook op dat dié mense volledig afgesonder is vir hulle take. Sal dit nie wonderlik wees as koorlede en sangleiers hulle volledig kon toespits op die begeleiding van die geloofsgemeenskap in sang en liturgie vandag nie. ’n Mens kan droom!
Die afkoms en geslag van Saul – 9:35-44
Die geslagsregister van Saul word weer hier aangedui, waarskynlik as inleiding tot die verhaal van sy dood in die volgende hoofstuk. Dit kom ooreen met die soortgelyke lys in hoofstuk 8, maar sonder die laaste twee verse (8:39-40).
by Chris van Wyk
View all posts in this series
- Bybelskool oor 1 en 2 Kronieke in die tweede kwartaal 2013 - Apr 10, 2013
- Bybelskool oor Kronieke - Apr 11, 2013
- Inleiding op Kronieke
- Geslagsregisters in Kronieke
- Kaarte vir Kronieke
- Program vir leeswerk vir Kronieke
- Leesmetode vir Kronieke
- WEEK 1: 1 Kronieke 1-9
- 1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham
- 1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid - Apr 12, 2013
- 1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering - Apr 15, 2013
- 1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding - Apr 16, 2013
- 1 Kronieke 8-9 – Die bevestiging van Jerusalem as Judese eerder as Benjaminitiese gebied - Apr 17, 2013
- WEEK 2: 1 Kronieke 10-21 - Apr 18, 2013
- 1 Kronieke 10 – Saul se gebrek aan gehoorsaamheid en gebedsafhanklikheid
- 1 Kronieke 11-12 – Dawid word deur God en volk as koning gevestig - Apr 19, 2013
- 1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring - Apr 22, 2013
- 1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God - Apr 23, 2013
- 1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan - Apr 24, 2013
- WEEK 3: 1 Kronieke 22-29 - Apr 25, 2013
- 1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel
- 1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening - Apr 26, 2013
- 1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening - Apr 29, 2013
- 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens - Apr 30, 2013
- 1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou - May 1, 2013
- WEEK 4: 2 Kronieke 1-9 - May 2, 2013
- 2 Kronieke 1 – Salomo as wyse man en vernuftige handelaar
- 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel en God se teenwoordigheid vul Sy huis - May 3, 2013
- 2 Kronieke 6 – Salomo plaas gebed sentraal in die verhouding met God - May 6, 2013
- 2 Kronieke 7 – God sit die seël op die tempel-inwyding met hemelse vuur en Sy verskyning aan Salomo - May 7, 2013
- 2 Kronieke 8-9 – Salomo het nasionale en internasionale invloed - May 8, 2013
- WEEK 5: 2 Kronieke 10-16 - May 9, 2013
- Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf
- 2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam
- 2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God - May 10, 2013
- 2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap - May 13, 2013
- 2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here - May 14, 2013
- 2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte - May 15, 2013
- WEEK 6: 2 Kronieke 17-24 - May 16, 2013
- 2 Kronieke 17-18 – Josafat regeer soos Dawid van ouds, maar begaan ’n oordeelsfout om by Agab betrokke te raak
- 2 Kronieke 19-20 – Josafat beveg korrupsie met regters van integriteit en behaal ’n groot oorwinning met God se hulp - May 17, 2013
- 2 Kronieke 21 – Joram doen wat verkeerd is in die oë van die Here en word met oorlog en ’n ongeneeslike siekte gestraf - May 20, 2013
- 2 Kronieke 22-23 – Ahasia doen ook wat verkeerd is in die oë van die Here en sy ma Atalia vaar nie beter nie - May 21, 2013
- 2 Kronieke 24 – Joas herstel die tempel, maar val vir vleitaal en verlaat die Here - May 22, 2013
- WEEK 7: 2 Kronieke 25-32 - May 23, 2013
- 2 Kronieke 25 – Amasia doen reg, maar nie met sy hele hart nie
- 2 Kronieke 26 – Ussia se voorspoed vang hom en hy raak te ingenome met homself - May 24, 2013
- 2 Kronieke 27-28 – Jotam hou koers, maar Agas verloor dit heeltemal - May 27, 2013
- 2 Kronieke 29-31 – Hiskia vra met sy hele hart na die wil van sy God en is voorspoedig - May 28, 2013
- 2 Kronieke 32 – Hiskia vertrou die Here in konflik en siekte en het berou van sy selfingenomenheid - May 29, 2013
- WEEK 8: 2 Kronieke 33-36 - May 30, 2013
- 2 Kronieke 33 – Manasse is ’n gruwelike koning wat berou het en tot bekering kom
- 2 Kronieke 34 – Josia bestry afgodery, herstel die tempel en gehoorsaam die voorskrifte van die wetboek - May 31, 2013
- 2 Kronieke 35 – Josia hou die grootste Paasfees, maar sneuwel in oorlog weens sy koppigheid - Jun 3, 2013
- 2 Kronieke 36 – Jerusalem val en die volk word in ballingskap weggevoer - Jun 4, 2013
Magriet
Goeienaand wil graag weet hoekom praat die Bybel van die “halwe stam” van Manasse
Dankie
Magriet
Chris van Wyk
Die een helfte van die stam Manasse het op versoek aan die res van die volk hulself in ’n gedeelte van die Oos-Jordaangebied gevestig. Daarom is hulle die halwe stam van Manasse genoem. Die ander helfte van die stam van Manasse het sy erfdeel in die Wes-Jordaanland gekry, dus in die eintlike Kanaän. Hulle is die ander helfte van die stam van Manasse genoem. Jy kan in Josua 12 en 13 daaroor lees.