Skip to main content

Bybelskool oor Kronieke

Ons lees 1 en 2 Kronieke in die Bybelskool in tandem met dieselfde verhale in Samuel en Konings, sowel as ‘n paar ander verwante Skrifgedeeltes.  Ek het ‘n dokument voorberei waarin die belangrikste ooreenstemmende Skrifgedeeltes langs dié van Kronieke geplaas is, sodat dit in die leeswerk met mekaar vergelyk kan word.  Laai dit hier af: 

Só sal julle kan sien dat Kronieke deurgaans materiaal van Samuel en Konings gebruik, aangevul met geslagsregisters uit die Pentateug, liedere uit die Psalms, en ‘n paar toesprake om die aaneenlopende verhaal van Israel van Adam af tot ná die ballingskap te beskryf.

Die fokus is in Kronieke deurgaans op ‘n waarderende blik op dié veelbewoë verhaal waardeur die volk Israel ná die ballingskap weer kon ontdek watter ryk erfenis hulle het en dat hulle daarmee ‘n nuwe pad met God in die hede kon begin loop. Hy skryf dus nie ‘n nuwe geskiedenis van Israel nie, maar verwoord die ou verhale op waarderende wyse as ‘n nuwe boodskap vir die hede.

Dit was ‘n uiters tydige boodskap, want die ballinge het weliswaar in die tyd van die totstandkoming van Kronieke teruggekeer na Jerusalem, maar het die gevaar geloop om hulle identiteit as Godsvolk te verloor omdat hulle nie meer die wortels waaruit hulle geloofsgemeenskap gegroei het, geken het nie.

Daarom spandeer Kronieke soveel tyd om die volk se verbintenis aan die mensdom (Adam), die Joodse volk (Abraham) en die Koningshuis van Juda (Dawid) met die eerste 9 hoofstukke se geslagsregisters te beklemtoon.  Dit word opgevolg in die res van Kronieke met die talle verhale van God se sorg deur die eeue van Dawid af tot in die hede om die volk weer uit te nooi om hulle in ‘n gehoorsame verhouding met Hom te anker.

Met dié perspektiewe wil die boek hulle inspireer om die Here in die hede met hul hele hart te dien aan die hand van hulle identiteit as Godsvolk, sowel as na aanleiding van die konkrete voorbeelde van die geloofshelde van weleer.   Daarmee spreek die boek ook tot elkeen van ons wat in Jesus Christus deel van die volk van God geword het en ook Abraham ons vader kan noem (Gal. 3:29).  En word ons ook opgeroep om God met ons hele hart te dien in ‘n groeiende geloofsverhouding.

by Chris van Wyk

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Kronieke


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.