Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit
Soos Lukas (6:1-5) en Markus (2:23-28) vertel Matteus die verhaal van Jesus en sy dissipels wat op die Sabbat deur die koringlande loop en van die are pluk om hulle honger te stil. In al drie Evangelies word die dissipels deur die Fariseërs gekritiseer op grond van hulle mondelinge tradisies, waarna Jesus die voorbeeld van Dawid en sy manne aanhaal om te wys dat menslike nood in sekere omstandighede bo seremoniële voorskrifte gestel kan word. Al drie Evangelies kulmineer ook in Jesus se verklaring dat die Seun van die mens Here van die Sabbat is. Markus beklemtoon egter in die besonder dat die Sabbat ter wille van die mens gemaak is, terwyl Lukas die fokus plaas op Jesus se gesag oor die Sabbat en die gebrek aan Skriftuurlike grondslag vir die Fariseërs se besware. Matteus voeg op sy beurt betekenisvolle nuwe elemente by: die voorbeeld van die priesters wat op die Sabbat in die tempel werk, die verklaring dat Iemand groter as die tempel hier is, en die aanhaling uit Hosea 6:6 dat God deernis eerder as offerande verlang. Daarmee verdiep Matteus nie net Jesus se gesag oor die Sabbat nie, maar beklemtoon ook dat ware gehoorsaamheid aan God in barmhartigheid en liefde vir mense sigbaar word.
MATTEUS 12:1-8
1 In daardie tyd het Jesus op die Sabbat deur die koringlande geloop; en sy dissipels was honger en het begin om are te pluk en te eet.
2 Maar toe die Fariseërs dit sien, het hulle vir Hom gesê: “Kyk, u dissipels doen iets wat nie toelaatbaar is op die Sabbat nie.”
3 Maar Hy het vir hulle gesê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy metgeselle honger was nie,
4 hoe hy in die huis van God ingegaan het en hulle die vertoonbrode geëet het, wat nie vir hom en sy metgeselle toelaatbaar was om te eet nie, behalwe vir die priesters alleen?
5 Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters in die tempel op die Sabbat die Sabbat ontheilig, maar onskuldig is nie?
6 En Ek sê vir julle dat Iemand groter as die tempel hier is.
7 As julle maar geweet het wat dit beteken: ‘Ek wil deernis hê en nie offerande nie,’ sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie.
8 Want die Seun van die mens is Here van die Sabbat.”
Teks en konteks
12:1-2 Matteus sit in hoofstuk 12 die klem op die gemengde reaksie op Jesus se boodskap van die koninkryk voort. Hy fokus vervolgens op die verhaal van Jesus in die koringlande en sy dissipels wat honger was en van die are gepluk en geëet het. Die Fariseërs konfronteer vir Jesus dat sy dissipels hulle mondelingse tradisie rondom die Sabbat verbreek deur are te pluk en op die Sabbatdag te eet. Dit staan natuurlik nie in die wet nie. Dit is hulle eie reëls. Daarom is dit nie bindend nie.
Jesus gebruik dan twee dele uit die Skrif om sy optrede te regverdig.
12:3-4 Soos in die ander twee Sinoptiese Evangelies gebruik Jesus die presedent van Dawid en sy metgeselle wat in die huis van God ingegaan het en van die vertoonbrode geëet het, iets wat net vir die priesters alleen bedoel was, om sy eie en die dissipels se optrede te regverdig (1 Sam. 21).
12:5-6 Anders as die ander twee Sinoptici vertel Matteus van nóg ‘n reaksie van Jesus om hulle optrede te regverdig. Dit is die voorbeeld van die priesters wat moes werk op die Sabbat sodat die tempelwerk in stand gehou kon word. Hulle het dus op die Sabbat gewerk, maar was onskuldig aan enige oortreding in dié verband. Die priesters het juis gewerk deur die toonbrode voor God reg te sit (Lev. 24:1-9)!
Daarby verstaan die Fariseërs klaarblyklik nie dat daar Iemand by hulle is wat groter is as die tempel nie – ‘n duidelike verwysing na Jesus se Goddelike status.
12:7-8 Jesus verwyt ook die Fariseërs dat hulle ‘n onbarmhartige gesindheid teenoor onskuldige mense, die dissipels, toon. Hulle sou nie só opgetree het as hulle geweet het wat dit beteken dat God deernis wil hê en nie offerande nie. Weereens word Hosea 6:6 aangehaal, soos Jesus dit ook in Matteus 9:13 gedoen het.
Weereens gebruik Jesus hier die Griekse woord vir barmhartigheid (eleos) om die Hebreeuse woord vir troue liefde (ḥěʹsěḏ) weer te gee. Jesus soek naasteliefde eerder as rituele godsdiens. Trouens, die regte Godsliefde sal altyd naasteliefde tot gevolg hê.
Dit wys duidelik hoe onbarmhartig ‘n onbuigsame hantering van die wet in die praktyk gebruik kan word, veral waar dit op jou eie toevoegings berus.
Betekenis en boodskap
Die gedeelte wys nog dieper aan ons dat die regte Godsliefde in naasteliefde na vore kom. Offers aan God help nie as jy nie tegelykertyd deernis betoon met honger mense nie. Soos Paulus dit ook later sal sê: “En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.” (1 Kor. 13:3).
Jesus en die Fariseërs is duidelik al hoe meer in direkte konflik. Die Fariseërs wil hulle eie reëls nakom. Hulle dink dat beperkings die lewe moontlik maak. Jesus wil mense vrymaak sodat hulle die lewe in sy teenwoordigheid kan vier – beide in terme van kos en die kultus; die voedsel in die veld, en die viering van die Sabbat.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar