Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte
MATTEUS 2:13-15
13 Nadat hulle teruggekeer het, verskyn daar ’n engel van die Here in ’n droom aan Josef en sê: “Staan op en neem die Kind en sy moeder saam en vlug Egipte toe, en bly daar totdat ek jou sê. Want Herodes gaan probeer om die Kind dood te maak.”
14 Hy het toe opgestaan en die Kind en sy moeder in die nag geneem en na Egipte vertrek,
15 en hy het daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat deur die Here deur middel van die profeet gesê is: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” (Hos. 11:1)
Teks en konteks
2:13-14 God tree steeds beslissend op met die groeiende bedreiging van Herodes en laat Josef met die Kind en sy moeder na Egipte vertrek. ‘n Engel verskyn ‘n tweede keer in ‘n droom aan Josef en beveel hom om na Egipte te vlug en daar te bly totdat die engel hom verdere instruksies gee.
Die detail en duidelikheid van die droom tref ‘n mens, sowel as die tydsberekening. Josef weet presies wat hy moet doen, wanneer hy dit moet doen, hoekom hy dit moet doen, selfs vir hoe lank hy dit moet doen.
Let op dat Jesus vóór sy ma genoem word, ’n aanduiding van die voorrang van dié Kind. Maar let ook op dat Josef onmiddellik reageer op die droom en reeds in die nag vertrek na Egipte, ‘n reis van by die 700 km.
2:15 Josef-hulle het in Egipte gebly tot Herodes se dood. Dit was in 4 v.C. Dié verblyf in Egipte word deur Matteus aan ‘n profesie van Hosea uit die 8ste eeu v.C. verbind. Hosea het verwys na die eerste uittog van Israel uit Egipte (Hos. 11:1). Matteus gebruik dit as ‘n tipologiese voorspelling dat Jesus op soortgelyke wyse uit Egipte deur God na die beloofde land geroep is.
Dit beteken natuurlik steeds dat hulle ‘n tyd van groot ontberings sou tegemoet gaan. Josef-hulle word vlugteling-immigrante. Maar, Josef kan die Here vertrou weens die detail en noukeurigheid van die instruksies. Dit is immers net betyds.
Betekenis en boodskap
Wat ons goed moet besef uit hierdie deel van die verhaal is dat dit beteken Jesus was ‘n vlugteling-immigrant vóór Hy in Nasaret gevestig is. Dit beteken ook dat Jesus en sy ouers, Maria en Josef, verstaan het wat dit beteken om ontwortel te wees. Dit moes vir sy ouers moeilik gewees het om in die vreemde werk te kry, ‘n huis te kry, kos op die tafel te sit, vir ‘n kind te sorg.
Jesus sou op sy beurt die magteloosheid ervaar het dat jy as kind min kan doen om jou lot te bepaal. Jy is uitgelewer aan wat die grootmense besluit. Onder andere oor jou.
Maar, juis hierdie feit, is vir ons van groot betekenis. Daar is eintlik niks wat Jesus nie deurgemaak het nie. Niks wat ons kan deurmaak waarvan Hy nie persoonlike praktiese kennis het nie. Sodat ons met Hom kan identifiseer. Want, Hy het met ons geïdentifiseer. Hy het beleef wat ons beleef. Hy het as jong kind al beleef hoe dit voel om niks te hê nie, boonop in ‘n vreemde land.
Daar is egter meer. Daar is ook niks waarvoor God nie planne het nie. Niks waarvoor Hy nie voorsiening gemaak het nie. Niks wat God kan uitvang, asof Hy nie alles weet nie.
Staan ‘n oomblik stil by dié gedagte. En die betekenis daarvan vir jou eie lewe. Want, dit is die God wat ons dien. Dit is die God wat ons aanbid. Daar is niks wat God kan uitvang nie.
Wanneer ‘n mens die leiding van die Here gehoorsaam, raak die pad wat Hy vir jou het, al hoe duideliker. Lei Hy jou al hoe meer. Raak die kleinste insig uit die interaksie van God en jou lewe, ‘n verdere stukkie lig op jou pad.
Dit is wat hier met Josef gebeur. Hy luister na die engel se boodskap in ‘n droom om Maria as sy vrou te neem. Hy luister na die opdrag van die owerheid om na Betlehem te gaan. God was immers daarin ook besig. Hy luister na die engel in ‘n droom wat hom na Egipte toe laat uitwyk, en sal net hierna wéér luister as hy na Israel toe moet terugkeer en uiteindelik aangesê word om in Nasaret te gaan woon.
Dit is hoe die Here ook met jou wil werk. Soos jy gehoorsaam sy leiding volg, gee Hy al hoe meer leiding. Kom jy op die plekke waar Hy jou wil hê. Dink terug oor die leiding van die Here in jou lewe. Hoe kom jou ervaring ooreen of verskil dit hiervan?
Die omgekeerde is ook waar. Wanneer ‘n mens die leiding van die Here nie gehoorsaam nie, lui raak om te leef in sy wil, óf lui raak in jou luister na sy wil, raak die stem van die Here stiller, of beter gestel, raak jou bewussyn van sy leiding minder, en raak jy onseker oor die pad wat jy moet volg, kan jy eintlik net jou eie kop volg en raak jy onbetrokke en selfs weerstandig in jou verhouding met God. Maak dit vir jou sin?
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
originalblizzard19aaa84c56
Tans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie.
Dankie.
sparklybc467b2e69
Goeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD.
Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so nederig en tevrede met alles wat SY VADER vir HOM gee, dan dink ek aan die skrif wat sê dat ons soos kindertjies moet word.
Baie dankie dat ek mag deel wees.
perfectly57edc75df4
Dankie, Matteus het deurgekom. Was eers ‘n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek ‘n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.