Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie
MATTEUS 5:38-42
38 “Julle het gehoor dat gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ (Eks. 21:24; Lev. 24:20; Deut. 19:21)
39 Maar Ek sê vir julle om julle nie teen ’n slegte mens te verset nie, en as iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die ander een.
40 As iemand jou hof toe wil neem en jou onderkleed wil neem, gee vir hom ook jou bo-kleed.
41 As iemand jou dwing om sy goed een myl (ongeveer 1,5 km) te dra, gaan twee saam met hom.
42 Gee aan die een wat jou vra, en moenie die een wat by jou wil leen, wegwys nie.”
Teks en konteks
Die vyfde teenstelling is onder andere met die agste gebod oor steel, maar met ‘n fokus op hoe ‘n mens veral ‘n oortreding daarvan teenoor jouself hanteer, die sogenaamde lex talionis, die wet van vergelding. Jesus praat dus oor wat ‘n mens doen as jy uitgebuit word, met of sonder geweld, of as daar van jou iets geneem of afgedwing word. Dit sluit ook mense in wat van jou wil leen.
5:38 Jesus sluit weer by die wet van Moses aan – die bekende wet: “oog vir oog, tand vir tand”. Hy verwys na ten minste die volgende gedeeltes:
- Eksodus 21:24 – Die vers in Eksodus noem onder andere ook nog hierdie sake: “hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.” (Eks. 21:25). In Eksodus word hierdie wet opgevolg deur ‘n paar gevallestudies (Eks. 21:26-36).
- Levitikus 24:20 – Die vers in Levitikus sit ook nog “breuk vir breuk” by. Die beginsel was: “’n lewe vir ‘n lewe”, die beginsel van billike ewewigtigheid. Levitikus het dus die straf vir ‘n oortreding beperk tot ‘n billike kompensasie. Dié reëls het ook vir almal gegeld, die Israeliete en die vreemdelinge.
- Deuteronomium 19:21 lui: “En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.” Die idee daaragter is gelykwaardige vergoeding (straf) vir ‘n oortreding.
5:39-41 Jesus wil egter hê dat sy mense nie tevrede sal wees met die handhaaf van ‘n billike ewewig of die gee van ‘n billike kompensasie nie. Hy wil hê dat vergelding as sodanig vermy moet word. Dat sy mense deur vrygewigheid gekenmerk sal word.
Jesus spel dan vier situasies uit waarin sy mense aan die kortste end kan trek:
- Moenie julle teen ‘n slegte mens verset nie.w.s., aanvaar teenstand sonder om terug te baklei en self slegte goed te doen – ter wille van die verhouding. Dit gaan dus nie soseer om regsaksies al dan nie, maar oor ‘n keuse om nie persoonlike teenstand te laat eskaleer dat jy uiteindelik verlei word om self slegte goed te doen nie. Die slegte (bose) mens waarvan Jesus hier praat, hou verband met die vorige vers oor die Bose (vers 37), maar dui hier op ‘n persoonlike teenstand. Dit is mense wat die wil van die Bose uitvoer, soos ons dit ook in die gelykenis van die onkruid tussen die koring aantref waar die onkruid geïdentifiseer word as bose mense wat wetteloos is en ander in sonde laat val (Matt. 13:49). Waar ‘n mens kies om nie self slegte goed te doen aan ander nie, word ‘n ruimte vir God geskep om op te tree. Dit sluit egter nie uit dat ‘n mens ter wille van ‘n saak kan en moet optree nie, soos die profete geleer het (vgl. bv. Amos 1), Jesus in die tempel geïllustreer het (Joh. 2), en Paulus talle kere gedoen het (Hand. 16:37; 22:25; 25:8-12).
- Draai jou ander wang as jy op die regterwang geslaan word.w.s., aanvaar persoonlike belediging en vervolging sonder om terug te beledig en te vervolg – ter wille van die verhouding. Om iemand op die regterwang te slaan, was gedoen met ‘n minagtende klap van die rugkant van die regterhand. Dit gaan dus hier oor belediging eerder as geweld. Ook oor ‘n persoonlike aanval nie soseer ‘n regsproses nie. Sommige geleerdes verklaar wel die klap op die regterwang as ‘n gebaar van vervolging. Hoe dit ook al sy, só ‘n minagtende klap was strafbaar in die Joodse en Romeinse reg met ‘n baie swaar boete. Jesus vra dus van sy mense om nie op hulle regte te staan en hof toe te gaan oor só ‘n minagting nie. Dit is immers wat Hyself geïllustreer het later, toe die soldate hom tydens sy verhoor minagtend geklap het, benewens die fisiese leed wat hulle hom ook nog aangedoen het (Matt. 26:67). Dié optrede van Jesus herinner ons ook aan die feit dat Hy daar opgetree het in vervulling van wat die lyding wat vir Hom as die dienskneg van die Here voorspel is (Jes. 50:6).
- Gee in dreigende hofsake selfs meer as wat gevra word. Dit is ‘n keuse vir selfs groter skade, veral waar dit in ‘n regsgeding kan ontaard – steeds ter wille van die verhouding – moontlik ook om die hofprosesse te vermy. Die wet het bepaal dat as jy jou klere verpand, moet dit vir jou voor sononder teruggegee word, al is jou skuld nog nie vereffen nie – ter wille van barmhartigheid (Eks. 22:25-27). Wat Jesus dus hier bedoel, is dat jy dié reg moet prysgee as iemand jou op onredelike wyse hof toe sleep, by wyse van spreke, vir jou onderklere. Gee dan ook jou boklere, sodat jy van jou vyande vriende kan maak. Wees bereid om skade te ly ter wille van versoening sodat die saak nie in die hof draai nie. Soos Paulus dit later op soortgelyke wyse op die geloofsgemeenskap toepas: ly liewer skade as wat jy ‘n broer hof toe vat (1 Kor. 6:7-8).
- Gee meer as wat van jou afgedwing word. Wees vrygewig teenoor dié wat mag oor jou het. Romeinse soldate het die reg gehad om iemand op te kommandeer om hulle goed vir 1,5 km te dra. Dit is presies wat die soldate later vanweë hierdie reg, met Simon van Sirene doen (Matt. 27:32). Jesus sê, in plaas daarvan om te mor oor dié wet, dra die goed liewer dubbeld die afstand as ‘n blyke van jou goeie gesindheid. Jou vrygewigheid moet die vereistes oortref!
5:42 Jesus rond hierdie lering af met ‘n algemene beginsel dat sy mense deur ‘n radikale vrygewigheid gekenmerk moet word, om te gee aan die een wat van jou vra, en om die een wat van jou wil leen, nie weg te wys nie. Dit is wat die wet ook geleer het (Deut. 15:7-8), maar hier word dit net meer radikaal toegepas. Jesus sal later verder hierop uitbrei deur te sê dat ‘n mens ook moet leen aan dié van wie jy niks terug kan verwag nie (Luk. 6:34-35).
Boodskap en betekenis
Jesus praat hier duidelik veral van kwaadwillige mense. Teenoor sulke mense, sê Jesus, moet jy jou nie verset nie. Hoekom? Want Jesus wil ten diepste hê dat vyande in vriende verander sal word.
Dit beteken dat gelowiges die risiko sal moet neem om verder te ly onder kwaadwilligheid ter wille van die uitreik na sulke mense. Vergelding sal immers verwydering bring. Verdraagsaamheid en vrygewigheid kan van vyande vriende maak.
Gelowiges wat op Jesus vertrou, sal bereid wees om hulle persoonlike regte te laat vaar ter wille van die impak van die evangelie. Die doel is heling en versoening.
Soos Paulus ook later skryf in 1 Korintiërs 6. Ly liewer persoonlik onreg ter wille van die evangelie. Moenie die hof opsoek om verskille uit te sorteer nie.
Dit beteken egter vir seker nie dat ‘n mens daarmee in die publiek toelaat dat verguising en vervolging ongebreideld floreer nie. Jesus het vir die saak van die tempel as ‘n huis van gebed opgekom. Paulus het telkens wanneer die owerhede of Joodse Raad betrokke geraak het, gestaan op die regte wat die regstelsel aan burgers verleen het. Dieselfde geld ook vandag vir ons.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar