Gaan in deur die nou poort
MATTEUS 7:13-14
13 “Gaan in deur die nou poort, want wyd is die poort en breed die pad wat na ondergang lei, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
14 Hoe nou is die poort en moeilik die pad wat na die lewe lei, en daar is min wat dit kry.”
Teks en konteks
7:13-14 Die metafoor van die twee poorte is ’n baie bekende een, wat ook in ander kulture en godsdienste voorkom, maar hier waarskynlik verwys na die klem op die keuse vir die pad van die lewe eerder as die pad van die dood. Dit is immers wat Jesus met die Bergrede vir sy dissipels wil onderstreep.
Hy sluit hier aan by temas wat reeds in die wet, profete en Psalms aangeraak is. Gaan lees by Moses (Deut. 30:15), Jeremia (Jer. 21:8) en die Psalmdigter (Ps. 1:6) hoe belangrik hierdie idee regdeur die OT is.
Die OT beskou die een pad – die breë pad en die wye poort – as die pad van die dood, die pad van die goddelose. Die ander pad – die nou pad en die smal poort – is die pad van die lewe, die pad van die regverdige. Dit is hierdie pad wat Jesus by sy dissipels aanbeveel, al is dit moeilik (The Road Less Traveled), en al is daar min wat hierdie pad vind.
Boodskap en betekenis
Jesus dring dus by die dissipels daarop aan om die pad van die regverdige te kies, nie dié van die goddelose nie. ’n Mens hoor hier waarskynlik ook iets van wat Jesus later sou sê oor Homself, dat Hyself die weg is na die lewe, ook die poort na die lewe (Joh10), trouens die lewe self (Joh. 14:6). Dit is die pad wat ons moet kies.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar