Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara
MATTEUS 8:28-34
28 En toe Hy aan die oorkant kom in die gebied van die Gadareners, het twee demoonbesetenes uit die grafte gekom en Hom tegemoetgetree. Hulle was baie gevaarlik, met die gevolg dat niemand met daardie pad langs kon verbygaan nie.
29 En skielik het hulle uitgeroep en gesê: “Wat gaan U met ons maak, Seun van God? Het U hierheen gekom om ons voor die tyd te pynig?”
30 Daar was ver van hulle af ’n groot trop varke besig om te wei.
31 En die demone het Hom gesmeek en gesê: “As U ons uitdryf, stuur ons in die trop varke in.”
32 En Hy het vir hulle gesê: “Gaan.” Hulle het toe uitgegaan en in die varke gevaar; en skielik het die hele trop teen die berghang af die see in gestorm en in die water omgekom.
33 En die oppassers het gevlug en na die dorp toe gegaan en alles vertel, asook wat met die demoonbesetenes gebeur het.
34 Toe het die hele dorp Jesus tegemoetgegaan, en toe hulle Hom sien, het hulle Hom gesmeek om uit hulle gebied weg te gaan.
Teks en konteks
8:28 Jesus-hulle gaan waarskynlik aan wal by die hawe naby Gadara, die eerste stad in Dekapolis wat so 10 km van die See van Galilea af geleë was. Vandaar die beskrywing van die gebied as dié van die Gadareners. Lukas en Markus beklemtoon die breër gebied van die Geraseners wat met die stad Gerasa verbind word, 55 km verder van die See van Galilea af.
Twee demoonbesetenes het uit die grafte gekom en Jesus tegemoet getree. Dit word onheilspellend beskryf. Hulle was duidelik baie gevaarlik. Niemand kon met daardie pad langs verbygaan nie.
8:29 Skielik besef hulle egter met Wie hulle te doen het, en hulle gewaande gevaarlikheid verdwyn soos mis voor die son. Hulle besef hulle is in die minderheid, al is hulle twee, en al is hulle demoonbesete. Bevrees vra hulle wat Jesus, die Seun van God, met hulle gaan maak.
Hulle was duidelik bewus van ‘n oordeel wat aan die einde van die tyd kom, maar was bang dat Jesus sy kans misbruik om hulle voortydig te pynig.
8:30-31 Jesus se reaksie word nie vir ons vertel nie, maar hulle smeek Hom dat Hy – as Hy hulle uitdryf – hulle in die groot trop varke wat daar naby gewei het, in stuur. Onrein geeste het ‘n “tuiste” nodig gehad (Matt. 12:43).
8:32 Met ‘n enkele magswoord – “Gaan” – beveel Jesus hulle om in die varke te vaar. Die varke het die see ingestorm en in die water omgekom.
8:33- 34 Die oppassers het gevlug en almal in die dorp vertel – waarskynlik Gadara – waarna die hele dorp Jesus gesmeek het om uit hulle gebied weg te gaan. In hoofstuk 9 sal Matteus ons vertel dat Jesus hulle versoek toegestaan het en teruggevaar het na Kapernaum toe.
Hoekom twee duiwelbesetenes in Matteus versus die een in Lukas en Markus?
Dit gebeur twee keer in Matteus se verhale dat hy van twee persone praat wat genees word terwyl Lukas en Markus net van een persoon praat.
Dit gebeur hier met sy verhaal van twee demoonbesetenes in plaas van net die een Legio. Dit gebeur ook later met sy verhaal van twee blindes in Jerigo wat genees is (Matt. 20:29-34) versus Markus en Lukas wat net van die genesing van een blinde in Jerigo praat (Mrk. 10:46-52; vgl. Luk. 18:35-43). Markus noem ook die naam van die blinde, terwyl Lukas dit weglaat.
Die vraag is hoekom verskil Matteus se weergawe van Lukas en Markus se weergawes?
Sommige geleerdes het ingewikkelde verklarings daarvoor. Byvoorbeeld dat Matteus dink dat as daar twee persone genees word hulle beter getuies volgens die wet se vereiste sou wees (Deut 19:15; Matt. 18:16). Dit klink egter vir my redelik vergesog. Sommige verwerp boonop die verhale as legendes weens die verskille.
Ek dink daar is eenvoudiger verklarings wat steeds sin maak van die teks.
Die verhaal van die blindes word byvoorbeeld deur sommige verklaar uit die feit dat daar twee Jerigo’s was, die tradisionele stad uit die OT wat meesal in ruïnes was, en die nuwer een wat Herodes 3 km nader aan Jerusalem gebou het. Die verhale kon dus moontlik by die verskillende Jerigo’s op dieselfde reis gebeur het.
Die beste verklaring is egter wat in die teks self staan. Die verskil tussen Lukas en Markus kan verklaar word deurdat in Lukas Jesus nog op pad is na Jerigo (Luk. 18:35), en in Markus word Bartimeus met die uitgaan genees (Mrk. 10:46). Dit is twee verskillende verhale.
Die twee blindes in Matteus word ook, soos in Markus, met die uitgaan uit Jerigo genees. Dit kan doodgewoon twee verhale wees wat by dieselfde stad gebeur het. Of die een verhaal kan by die ou stad Jerigo gebeur het, en die ander by die Jerigo wat 3 km nader aan Jerusalem was.
Die verhaal van die twee duiwelbesetenes kan moontlik verklaar word uit die eenvoudige moontlikheid dat daar wel twee mense in Gadara genees is. Lukas en Markus vertel van die een wie se naam Legio was, die meer dreigende een (Walvoord). Matteus vertel van albei. Dit kan die gebruik van die verskillende name vir die gebied verklaar.
Boodskap en betekenis
Matteus help ‘n mens om die dreigende konflik tussen die koninkryk van die lig en die duisternis beter te besef. Die boodskap van Jesus bring konflik met demone. Die bevryding van mense bring konflik met gemeenskappe. Die gevolge van die bevryding bring konflik met die politiek en ekonomie.
Die ontbloting en bevryding van demoniese werklikhede het immers ‘n impak op die gemeenskappe waarbinne mense lewe. Dit daag die heersende ideologieë uit. Dit sien ons vandag nog steeds in geslote onderdrukkende lande waar mense tot bekering kom. Die teenstand is dikwels traumaties en gewelddadig.
Daar is egter geen ander manier waarop die lig sy werk kan doen nie. Dit moet skyn in die donker. En selfs al beteken dit dat die bevryding van hierdie twee besetenes hulle in konflik bring met hulle omgewing, en Jesus eers moet terugkeer na bekende gebied, is dit hierdie gevaarlike werk wat die grond voorberei vir die volgende getuies wat ‘n gebied met die evangelie binnedring.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar