Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in
MATTEUS 10:16-25
16 “Luister! Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.
17 Pas op vir die mense, want hulle sal julle uitlewer aan die geregshowe en julle gésel in hulle sinagoges.
18 Julle sal ter wille van My voor heersers en konings gebring word om getuienis voor hulle en die nasies te lewer.
19 Wanneer hulle julle uitlewer, moenie bekommerd wees oor hoe julle moet praat of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal dit vir julle gegee word wat julle moet sê.
20 Dit is immers nie júlle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.
21 Die een broer sal die ander broer uitlewer om doodgemaak te word en ’n vader sy kind, en kinders sal teen hulle ouers in opstand kom en hulle doodmaak.
22 Julle sal deur almal gehaat word vanweë my Naam, maar die een wat tot die einde volhard, sal gered word.
23 Wanneer hulle julle in een dorp vervolg, vlug na ’n ander een. Want amen, Ek sê vir julle: Julle sal nie met die stede van Israel klaarkry voordat die Seun van die mens kom nie.
24 ’n Leerling is nie bo sy onderwyser en ’n slaaf bo sy heer nie.
25 Dit is genoeg vir ’n leerling dat hy soos sy onderwyser word en ’n slaaf soos sy heer. As hulle die hoof van die huis Beëlsebul genoem het, hoeveel te meer sy huismense.”
Teks en konteks
10:16-17 Jesus is baie bewus van die feit dat Hy sy dissipels in ‘n baie ongelyke situasie in die wêreld instuur. Hulle sal soos skape onder die wolwe wees, uitgelewer aan die wreedheid van roofdiere (vgl. Luk. 10:3; 12-17; Mrk. 13:9-13).
Hulle moet egter nie “skaapagtig” of naïef wees nie. Hulle moet eerder versigtig (phronimos – onderskeidend) wees soos die slange (Gen. 3:1; 2 Kor. 11:3) en tegelykertyd ook steeds opreg (akeraios – rein, eerlik, deursigtig, suiwer – vgl. Rom. 16:19) soos die duiwe (daarom kon duiwe geoffer word, anders as bv ‘n kraai, omdat hulle rein voëls was), want dit is doodgewoon ‘n feit dat die mense hulle sal uitlewer aan die geregshowe en hulle in die sinagoges sal gésel (Deut. 25:2 – nie meer as veertig houe nie). Hulle moet dus versigtig vir dié situasies wees, maar altyd opreg en suiwer, want gebeur sal dit gebeur.
10:18-20 Wanneer dit dus gebeur – let op die stelligheid daarvan – moet hulle weet dit gaan oor die getuienis wat op geen ander manier teenoor heersers en konings gebring kan word nie. Veral nie uiteindelik onder die nasies waar dit meer geredelik ook kan gebeur waar daar sterk teenstand teen die evangelie is nie.
Daarom kan hulle weet dat hulle kan staatmaak op die ondersteuning van die Gees van God die Vader, dieselfde Gees wat in Jesus aan die werk is. Hy sal hulle leer wat hulle moet sê, selfs in die oomblik waar daar van hulle getuienis gevra word.
10:21-22 Dit is egter nie net in die publieke arena waar dié dinge sal gebeur nie. Broer sal teen broer draai, pa’s teen hulle kinders, kinders teen hulle ouers – selfs tot die dood toe. Mense sal doodgewoon kinders van die Here haat, omdat hulle in die eerste plek die Here Jesus self haat. Die Here sal egter self instaan om dié te red wat tot die einde toe volhard en nie toegee aan die druk nie.
10:23 Die dissipels moet ook nie te lank in ‘n gevaarsone bly nie, want as die vervolging te druk raak, moet ‘n mens verder gaan met die evangelie, soos ‘n mens later in Paulus se bediening verskeie kere sien (bv Tessalonika – Hand. 17). Daar is doodgewoon te veel plekke wat die evangelie moet hoor voor die Wederkoms wanneer die Seun van die mens kom (Dan. 7:13).
10:24-25 Jesus beklemtoon dat hulle nie moet dink dat hulle lyding gespaar sal word nie. Hulle moet eerder geëerd voel dat hulle, soos Hy, deur hierdie dinge moet gaan. As hulle immers die Here Jesus Beëlsebul (“heer van die vlieë” wat met Baäl geassosieer word – 2 Kon. 1:2 – en die naam vir die senior duiwel geword het) genoem het, hoeveel te meer sal hulle dit nie met sy volgelinge doen nie.
Boodskap en betekenis
Nik Ripken praat van die “insanity of obedience” waaroor hy ook ‘n boek geskryf het oor die geloofsgehoorsaamheid van mense in vervolgde lande vandag (kyk by https://nikripken.com/books/the-insanity-of-obedience). Want dit is eintlik dwaas om skape tussen wolwe in te stuur. Hulle het geen natuurlike verdediging nie. Maar, dit is juis hierdie dwaasheid wat sin maak, omdat hierdie skape Jesus as die Goeie Herder en die Gees as die Trooster en Helper het. Hulle gaan nie alleen nie. En dit dien tot ‘n getuienis aan mense wat andersins onbereikbaar is vir die evangelie. Almal moet immers hoor vóór die groot en deurlugtige dag kom waarin God die koningskap aan die Here Jesus gee en dit te laat gaan wees vir bekering en bevryding.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar