Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond
MATTEUS 8:14-17
14 Toe Jesus in Petrus se huis gekom het, het Hy sy skoonmoeder siek aan koors sien lê.
15 Hy het haar hand aangeraak en die koors het haar verlaat, en sy het opgestaan en Hom bedien.
16 Toe dit aand geword het, het hulle vir Hom baie demoonbesetenes gebring, en Hy het die geeste met ’n woord uitgedryf en almal wat siek was gesond gemaak.
17 So is vervul wat deur Jesaja die profeet gesê is: “Hy het ons kwale op Hom geneem, en ons siektes gedra.” (Jes. 53:4)
Hierdie verhaal vorm deel van ‘n seleksie van genesingsverhale sowel as ‘n beskrywing van hoe Jesus gevolg moet word in Matteus 8-10.
Daar is nege genesingsverhale: ‘n melaatse, verskillende verlamdes, Petrus se skoonma wat siek is aan koors, verskillende besetenes, ‘n vrou wat aan voortdurende bloedvloeiing ly, en ‘n dogter wat uit die dood opgewek word. Daar is ook een wonderverhaal: die storm wat stil gemaak word.
Ingeweef tussen dié genesingsverhale is die verhale van volgelingskap: Matteus se roeping, en die verhaal oor die uitsending van die twaalf, sowel as lering oor die eis tot lojaliteit aan Jesus ten spyte van ontberinge.
Die punt wat Matteus hiermee maak, is dat Jesus die koninkryk van God met krag vestig. Die genesings en wonders getuig daarvan. Hy roep ook dissipels om met dié werk voort te gaan ná sy kruisdood, opstanding en hemelvaart.
8:14-15 Jesus kom in Petrus se huis en sien dat sy skoonmoeder siek aan koors lê. Jesus neem haar hand en die koors verlaat haar. As getuienis van haar volkome genesing staan sy op en bedien vir Jesus en, uiteraard ook die ander mense, soos ons uit die ander Evangelies agterkom.
Matteus wil egter die spesiale band wat hier met die genesing tussen Jesus en die skoonmoeder tot stand kom, beklemtoon. Daar is ook ‘n subtiele, maar duidelike boodskap oor insluiting in die gemeenskap van die familie. Soos dit die geval is met die meeste van die genesings, herstel Jesus die persone ook tot gemeenskap binne hulle sosiale omgewing.
Dit is ook interessant dat daar by talle genesings van die geloof van óf die persoon self, óf van die vriende melding gemaak word. Hier met Petrus se skoonma is dit egter nie so nie. Sy word genees, doodgewoon omdat Jesus haar raaksien, en Hy haar waarde binne Petrus se huis wil herstel.
Hierdie verhaal help ons dus verstaan dat die genesings, en selfs die geloof wat daarby betrokke is, nie verdienstelik is nie. God gee genesing ook waar Hy nie gevra word nie!
8:16 Matteus brei uit oor die impak wat hierdie genesing gehad het op die mense van die omgewing. Die mense het talle demoonbesetenes na Hom toe gebring en Jesus het hulle “met ‘n woord” uitgedryf. Hy het ook almal wat siek was gesond gemaak. Sy gesag – oor duiwels – en sy krag – oor siekte – was totaal.
8:17 Op diepsinnige manier verbind Matteus hierdie bevrydings en genesings aan die vervulling van Jesaja 53:4. Daarmee illustreer Hy ook dat die profesie vervul word spesifiek deurdat Jesus ons kwale (astheneias) op Hom geneem het en ons siektes (nosous) gedra het. Daarom kan ons in die verlengde hiervan ook in ons eie lewe op Hom staatmaak vir bevryding en genesing.
Betekenis en boodskap
Die doel van hierdie verhaal is om ons opgewonde te maak oor die gesag en krag waarmee Jesus besetenheid en siekte kan genees: met ‘n woord, met ‘n aanraking. Dieselfde Jesus is vandag nog onder ons aan die werk en kan vertrou word om binne sy plan vir ons lewe dieselfde dinge te doen.
Ons moet egter tog ook wyer kyk. Die eintlike probleem in hierdie wêreld is nie siekte nie, maar sonde. Jesus wys eintlik met sy genesings dat Hy sondes kan vergewe. Want, siekte kan ons nie skei van die liefde van die Here nie, maar sonde wel (Jes. 59:1-2).
Daarom raak die genesings ook minder soos die laaste week van Jesus se aardse lewe naderkom. Want, die dieper stryd van die Messias is om sondige mense te verlos om in die koninkryk van sy Vader te kan floreer. En die vreugde van sondevergifnis en heiligmaking is elke gelowige se deel.
Genesing van siekte is uiteindelik ook net ‘n tydelike verlenging van gesondheid, hoe wonderlik dit ook al mag wees. Uiteindelik kan ons nie deur genesing die dood vryspring nie. Selfs Lasarus se opwekking uit die dood kon nie keer dat hy uiteindelik ‘n tweede keer moes sterf nie.
Ons het wel die belofte dat in die nuwe hemel en nuwe aarde wat Jesus skep, daar geen dood of siekte meer sal wees nie; dat ons ‘n nuwe en onverganklike liggaam sal kry, soos die Here Jesus dit gekry het ná sy opstanding (1 Kor 15).
“En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” (Openb. 21:4).
Ons sal van die fontein van die water van die ewige lewe drink, verniet. Die blare van die boom van die lewe sal tot genesing wees van die nasies.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar