Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly
MATTEUS 9:14-17
In Matteus se weergawe van die gelykenis van die nuwe wyn in nuwe wynsakke beklemtoon Jesus dat dit ter wille van die behoud van die nuwe wyn is. Daarby gee Jesus die uiters belangrike uitspraak, net in Matteus, oor die samehang van die oue en die nuwe wat die boodskap verder uitbrei.
Hierdie lering loop daarna uit op ‘n hele aantal optredes in die sinagoges waar Jesus al hoe sterker verkondig dat Hy Here is, nie net van die Sabbat nie, maar van almal en alles, soos Hy onder andere met genesings toon.
Daarmee ontbloot Hy die kragtelose godsdiens van die Fariseërs wat met hulle mondelinge tradisies nie net die wet ontkrag nie, maar die lewensruimte van mense beperk. Jesus wil mense juis vrymaak dat hulle in sy teenwoordigheid vergifnis, genesing en heelheid kan ervaar.
14 Toe kom die dissipels van Johannes na Hom toe en sê: “Hoekom vas ons en die Fariseërs baie, maar u dissipels vas nie?”
15 En Jesus het vir hulle gesê: “Die gaste van die bruidegom kan tog nie treur solank die bruidegom by hulle is nie? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
16 En niemand sit ’n lap van ongekrimpte materiaal op ou klere nie, want die lap lig van die kleed af op en daar kom ’n slegter skeur.
17 Hulle gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie, anders bars die leersakke oop en die wyn loop uit en die leersakke gaan tot niet. Nee, hulle gooi nuwe wyn in nuwe leersakke, en beide bly behoue.”
Teks en konteks
9:14 Let op dat dit hierdie keer die dissipels van Johannes die Doper is wat na Jesus toe kom en Hom vra oor die rede dat Jesus se dissipels nie vas nie, terwyl hulle en die Fariseërs baie vas. Hulle het waarskynlik soos die Fariseërs twee keer ‘n week gevas – Maandae en Donderdae – sowel as op die normale vasdae van die Joodse godsdiens.
Dit is duidelik dat hierdie dissipels vas as ‘n las – ‘n treurige besigheid – ervaar het. Hulle het waarskynlik vasgeval in die gebruik van die vas as voorbereiding vir die Verlosser. Hulle het moeilik raakgesien dat noudat die Verlosser gekom het, die vas ‘n hindernis was om die vryheid wat Jesus bring regtig te omarm.
Vas was en is altyd ‘n middel tot ‘n doel. Wanneer die doel bereik is – in hulle geval, die Verlosser het gekom – is die noodsaak van die vas verby. Hulle innerlike lewe moes van die hartseer oor die sonde na die blydskap van die verlossing geskuif het.
Dit kan ook beteken dat die innerlike vernuwing wat die vas vir hulle moes gebring het in ‘n blote uiterlike vertoon verander het – soos in die geval van die Fariseërs.
Dit kan ook wees dat Johannes se dissipels Jesus se dissipels in dieselfde keurslyf van die vas twee keer ‘n week wou indruk, sodat daar eenheid tussen die twee groepe kon kom. Hulle was immers eerste op die pad.
Moontlik was daar ook ‘n gevoel van herderloosheid, ‘n leierskapsvakuum, weens die afwesigheid van Johannes die Doper deur sy inhegtenisneming.
Gelukkig kom hulle darem na die Verlosser waar hulle onder sy herderskap in vreugde sou kon floreer.
9:15 Let ook op hoe Jesus die dissipels van Johannes anders antwoord deur nie net van die vas te praat nie, maar van die hartseer wat daarmee saamgaan. Maar, sê Jesus, die gaste van die bruidegom kan nie treur solank die bruidegom by hulle is nie. Daar kom só ‘n tyd van vas – met sy kruisdood en uiteindelike hemelvaart. Maar nou is die tyd van verlossing en vreugde.
9:16 Jesus vertel die gelykenis van die materiaal deur van “ongekrimpte” materiaal te praat – ongewas en onbehandeld – wat nie ou klere kan lap nie, omdat dit ‘n nog slegter skeur sal veroorsaak as dit uiteindelik deur die wasproses sal krimp.
9:17 Nee, sê Jesus, nuwe wyn word nie in ou leersakke gegooi nie, anders bars die leersakke oop en die wyn loop uit. Die leersakke gaan daarmee ook tot niet. Nuwe wyn moet in nuwe leersakke gegooi word, sodat beide die wyn en die sakke behoue kan bly.
Let op, dat wat Jesus hier sê: “beide bly behoue”, beteken dat beide die nuwe wyn en die nuwe leersakke behoue bly. Hy sê nie daarmee dat die ou sakke (Judaïsme) sowel as die nuwe sakke (Christenskap) behoue bly nie. Jesus se boodskap sou nooit kon inpas in die valse godsdiens van die Joodse leiers nie. Daarom het Hy sy boodskap toevertrou aan sy dissipels en die Christelike kerk. Nuwe wyn in nuwe leersakke.
Betekenis en boodskap
Vas
Dit is ‘n uitstekende geestelike gebruik wat die Here kragtig in ons lewens kan gebruik. Dit is veral bruikbaar in voorbereiding vir iets wat die Here beplan óf in voorbidding of vir innerlike vernuwing. Vas is egter ‘n middel tot ‘n doel. Dit moet altyd opgevolg word met viering en vreugde oor wat die Here gedoen het.
Trouens, wanneer Nehemia die volk tot inkeer roep nadat hulle die wet ‘n dag lank gelees het, beveel hy hulle om eers fees te vier oor die vreugde van die Woord, vóór hulle met die vasdag begin om die Here se aangesig verder te soek (Nehemia 8).
Nuwe wyn in nuwe leersakke
Matteus sal Jesus later weer hieroor aanhaal, en die regte verband tussen die oue en die nuwe trek, maar hier wil hy ons net leer dat die boodskap van Jesus regtig lewensveranderend is. Jy kan nie dieselfde bly as Jesus sy intrek deur sy Gees in jou lewe neem nie. Hy reinig jou van jou sonde en Hy vernuwe jou deur gehoorsaamheid aan sy Woord. Dit is ‘n heeltemal nuwe lewe, ‘n totale nuwe gedragspatroon.
Paulus sal later hierop uitbrei en sê dat die nuwe lewe soos ‘n nuwe mens is wat jy aantrek. Die ou sondige mens word soos ‘n ou liggaam afgelê, en die nuwe mens aangetrek wat in ware geregtigheid en heiligheid na God geskape is:
“dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.” (Ef 4:22-24).
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar