Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom
Konflik met teenstanders in Galilea (hfst. 11–12)
Matteus vertel in hoofstuk 11 vir ons die gemengde reaksie op Jesus se boodskap van die koninkryk. Daar is die teenstand van die Joodse volk wat manifesteer in die aanstoot wat hulle neem aan Jesus se bediening aan tollenaars en sondaars (Matt. 11:2-19; vgl. Luk. 7:18-35), sowel as in die feit dat die stede nie tot bekering kom nie ten spyte van die kragtige dade wat Jesus daar gedoen het (Matt. 11:20-24; vgl. Luk. 10:13-15). In skerp kontras met hulle kan die Here Jesus sy Vader loof vir “kindertjies” wat God ontvanklik vir die boodskap van die koninkryk gemaak het. Vir almal bied Jesus in elk geval rus vir hulle gemoed aan in ’n persoonlike verhouding met Hom (Matt. 11:25-30; vgl. Luk. 10:21-22).
MATTEUS 11:2-19
2 Toe Johannes in die tronk van Christus se dade hoor, het hy deur sy dissipels ’n boodskap gestuur
3 en Hom gevra: “Is U die Een wat sou kom of moet ons ’n ander Een verwag?”
4 Jesus het geantwoord en vir hulle gesê: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:
5 Blindes sien weer en verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en die evangelie word aan armes verkondig.
6 Gelukkig is die een wat nie aanstoot neem aan My nie.”
7 Toe hulle besig was om weg te gaan, het Jesus begin om met die skares oor Johannes te praat: “Wat het julle uitgegaan om in die woestyn te aanskou? ’n Riet wat deur die wind rondgewaai word?
8 Wat het julle dan uitgegaan om te sien? ’n Man wat in luukse klere geklee is? Kyk, dié wat luukse klere dra, is in koningshuise.
9 Wat het julle dan uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, inderdaad baie meer as ’n profeet.
10 Hý is die een oor wie daar geskryf is:
‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou,
wat jou pad voor jou gereed sal maak.’ (Mal 3:1)
11 Amen, Ek sê vir julle: Onder dié wat uit vroue gebore is, het daar nie een verskyn wat groter as Johannes die Doper is nie, maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy.
12 Van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe ly die koninkryk van die hemele onder geweld en geweldenaars probeer dit met geweld vat.
13 Want tot die tyd van Johannes het al die profete en die wet geprofeteer;
14 as julle dit wil aanvaar, hý is Elia wat sou kom.
15 Wie ore het, moet luister.
16 Waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die markpleine sit en na die ander roep
17 en sê:
‘Ons het vir julle fluit gespeel
en julle het nie gedans nie,
ons het begrafnisliedere gesing
en julle het nie gerou nie.’
18 Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy het ’n demoon.’
19 Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk, ’n vraat en ’n dronklap, ’n vriend van tollenaars en sondaars.’ Die wysheid word egter reg bewys deur sy dade.”
Teks en konteks
11:2-3 Interessant genoeg word die naam Christus die eerste keer weer hier gebruik vir Jesus, in Matteus se Evangelie, ná Herodes met die sterrekenners se besoek navraag gedoen het na die geboorte van die Christus. En dit is gepas dat dit Johannes die Doper is wat deur sy dissipels vra of Jesus die Christus is, die Een wat sou kom en of hulle iemand anders moet verwag. Hy het immers as Voorbereider opgetree en het die doop van Jesus gefasiliteer. Johannes sit immers in die tronk en sou kort hierna onthoof word (Matt. 14). Sy vraag was dus waarskynlik gebore uit die benarde situasie waarin hy hom in die tronk bevind het.
11:4-5 Jesus se antwoord aan hom deur sy dissipels is om presies wat Johannes in elk geval gehoor het, te herhaal: dat blindes weer sien, dat verlamdes weer loop, dat melaatses gereinig word, dat dowes hoor, dat dooies opgewek word en dat armes die boodskap van die evangelie hoor. Hy doen dit in taal wat uit die OT kom soos ons in Lukas kennis geneem het (Jes. 26:19; 29:18; 35:5-6; 42:7,18; 61:1). Jesus verbind dus die wonders aan die Woord wat Johannes goed ken. Dié ses wonders wat genoem word, korrespondeer ook met die meeste van die wonders wat die afgelope paar hoofstukke in Matteus 8-9 vertel is.
11:6 Jesus doen daarmee saam ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie uit sy situasie gered word nie.
11:7-11 Met die vertrek van Johannes die Doper se dissipels, brei Jesus dan uit oor die besondere profeet en boodskapper wat Johannes was, in ’n sekere sin die grootste van alle mense tot op daardie tyd, die Voorbereider vir die koms van die Verlosser.
Johannes was aan die een kant nie magteloos nie. Hy was geen bewende riet nie. Hy was aan die ander kant ook nie magtig nie. Geen welvarende koninklike wat tuis sou wees in die luukse omgewing van die koningshuise van die wêreld nie.
Wat was hy? Hy was ‘n profeet, die een wat Maleagi voorspel het (Mal 3:1). Daarin het Johannes se krag en grootsheid gelê, al sou die grootsheid uiteindelik oorskadu word deur dié wat kom, die kinders van die koninkryk, soos dit ook reeds die geval was met die Een wat die koninkryk gebring het, Jesus, die Christus.
11:12 Jesus verwys hier na die geweld waarmee op die boodskap van die koninkryk reageer word, soos geïllustreer word deur wat met Johannes die Doper gebeur het, en wat toenemend met Jesus gebeur, die twee boodskappers van die koninkryk. Die koninkryk van die hemele en sy boodskappers ly dus onder die gewelddadige teenstand van geweldenaars wat daarteen in opstand is.
11:13-15 Die teenstand teen Johannes die Doper bewys daarom dat hy ‘n profeet is, want só is almal nog altyd hanteer wat vir die waarheid opkom. Jesus bevestig daarmee op nóg ‘n manier Johannes se status as profeet deur hom met Elia te vereenselwig, na aanleiding van Maleagi se profesie (Mal 4:5). Wie geestelike ore het om dié boodskap te kan hoor, moet luister na wat Jesus sê.
11:16-18 Die tragedie is egter dat nie Johannes die Doper of die Seun van die Mens, die Voorbereider of die Verlosser, vir die Joodse volk aanvaarbaar was nie. Die een was te vrolik en die ander nie treurig genoeg nie – uitgedruk met die metafore van ‘n dansbaan en ‘n begrafnis. Die wispelturige Jode kon hulle nie so ver kry om na hulle pype te dans nie.
11:19 Die vrug op hulle werk sal egter op die langtermyn hulle boodskap bevestig, sê Jesus.
Boodskap en betekenis
Jesus leer ons hiermee dat ‘n mens geseënd is as jy dit kan regkry om te leer om met jou kwota van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie. Daar is ‘n paradoks in die lewe met God. God het vir Johannes diep waarhede geleer, en hom op wonderlike wyses gebruik. Maar, die lyding van die tronk en die dood deur onthoofding was die prys wat hy daarvoor moes betaal.
Die waarheid is dus dat dié mense wat hulle lewe gee vir Jesus in die navolging van hulle roeping, van die kleinstes tot die grootstes onder ons, nie die lyding wat daarmee gepaard gaan, gespaar word nie. Niemand kan dit ontwyk nie.
Die koninkryk van God word van die begin af deur geweld teengestaan, en die boodskappers van die koninkryk kan die effek op hulle lewe nie ontwyk nie – nie Johannes die Doper nie, nie Jesus die Christus nie, en vir seker nie enigeen van ons as God se kinders nie. Dit is juis deur die dood wat die lewe gevestig word. Dit is die wonder van die kruisevangelie.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar