Skip to main content

Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid

MATTEUS 10:34-36

34 “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie; Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

35 Want Ek het gekom om ’n man teen sy vader in opstand te laat kom en ’n dogter teen haar moeder, en ’n skoondogter teen haar skoonmoeder,

36 en ’n mens se familielede sal sy vyande wees.

Teks en konteks

10:34-36 Jesus gaan voort om sy dissipels te onderrig vir hulle sendingtaak. As sy boodskapdraers moet hulle verwag dat dieselfde lot hulle sal tref as vir Hom, want Jesus het nie gekom om vrede op aarde te bring nie, eerder die swaard. Die swaard verwys na publieke vervolging en vernietiging, maar ook na private verdeeldheid in families – ‘n man teen sy pa, ‘n dogter teen haar ma, ‘n skoondogter teen haar skoonma (vgl. Miga 7:6). Trouens, ‘n mens se familielede sal sy vyande wees.

Daar is ‘n moontlike band tussen hierdie beskrywing van die verdeeldheid wat in families kan kom rondom die evangelie en die beskrywing van die priesters en Leviete wat eerder aan die Here gehoorsaam was as aan hulle families om Israel die wil van God te leer. Moses bid daar vir hulle dat hulle die moed van hulle oortuiging sal hê om in hulle Godgegewe taak te volhard, kom wat wil. En hy bid spesifiek dat die Here hulle teenstanders sal uitwis (Deut. 33:8-11).

Boodskap en betekenis

Hierdie boodskap moet die dissipels nie beskroomd en bedeesd maak nie, soos Jesus in die volgende gedeelte sal beklemtoon. Hulle moet steeds onbevreesd in hulle getuienis wees, maak nie saak wat die gevolge is nie. Die Here sal hulle getuienis gebruik al beteken dit dat daar onvrede kan kom tussen gesinslede en familielede oor die boodskap van Jesus.

Ons moet dit goed hoor. Dit help nie om die vrede ten alle koste met jou familielede te bewaar nie. Daar is net Een aan wie ‘n mens lojaliteit verskuldig is, en dit is die Here en sy boodskap. Aan Hom moet ons getrou bevind word, selfs al beteken dit jy moet tweespalt in jou familie verduur, selfs al verloor jy jou lewe.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Matteus-leesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Onlangse kommentaar