Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea
Jesus word van die doop in die Jordaan in die woestyn van Judea deur die Gees ingelei om deur die Satan versoek te word.
Matteus vertel hierdie verhaal van Jesus se versoeking as belangrike inleiding tot die begin van sy verkondiging (Matt. 4:12-17), die roeping van sy eerste dissipels (Matt. 4:18-22) en die barmhartige hart wat Hy aan sy mense bewys deur hulle nie net te onderrig nie, maar ook van elke siekte en kwaal te genees (Matt. 4:23-25).
MATTEUS 4:1-11
1 Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om versoek te word deur die duiwel.
2 En Hy het vir veertig dae en veertig nagte gevas en was later honger.
3 En die een wat versoek, het nadergekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.”
4 Maar Hy het geantwoord en gesê: “Daar is geskrywe:
‘Die mens sal nie van brood alleen
lewe nie,
maar van elke woord
wat by die mond van God uitgaan.’ (Deut. 8:3)”
5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en hy het Hom op die hoogste punt van die tempelterrein laat staan,
6 en hy sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af, want daar is geskrywe:
‘Hy sal sy engele oor U opdrag gee
en hulle sal U op die hande dra
sodat U nie u voet teen
’n klip stamp nie.’ (Ps. 91:11-12)”
7 Jesus het vir hom gesê: “Daar is ook geskrywe:
‘Jy moenie die Here jou God
op die proef stel nie.’ (Deut. 6:16)”
8 Vervolgens neem die duiwel Hom saam na ’n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle prag
9 en hy sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”
10 Toe sê Jesus vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar is geskrywe: ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ (Deut. 6:13)”
11 Toe los die duiwel Hom, en kyk, die engele het nadergekom en Hom versorg.
Teks en konteks
4:1-2 Die lewe is darem nie maklik nie! Van die hoogtepunt van die doop en die duif word Jesus gelei na die dieptepunt van die duiwel se versoeking.
Dit is egter nie slegte nuus nie. Dit is goeie nuus, dit is die evangelie. Hoekom? Want Jesus aanvaar die uitdaging sonder skroom, sonder klag, sonder om terug te deins. Dit is immers al die eerste oorwinning; om nie in te gee voor die behoefte om dinge makliker in die lewe te hê nie. En Hy slaag die toets uiteindelik met vlieënde vaandels as ewige getuienis dat ons in Hom die oorwinning oor die duiwel, die versoeker en aanklaer, het.
Die Gees se eerste taak ná Hy op Jesus neergedaal het, is om Jesus sterk te maak vir die uitdagings wat in sy bediening op Hom gaan wag. “Jesus must face these temptations now, and win at least an initial victory over them. If he doesn’t, they will meet him suddenly, in the middle of his work, and they may overwhelm him.” (NT Wright – Matthew for Everyone). En ‘n mens kan kwalik aan drie versoekings dink wat beter aan God se doel met dié woestyntydperk in Jesus se lewe beantwoord.
Let op die hele versoeking in die konteks van ‘n vas geplaas word. Jesus moes dus enduit die vas volhou.
4:3-4 Die versoeking van die duiwel (diabolos) is in die eerste plek dat Jesus iets wonderbaarliks sal doen om sy honger te stil – dat Hy van klippe brode moet maak. Die doel van die duiwel is daarmee dat Jesus sal val vir die versoeking om sy krag ter wille van Homself te misbruik. Hy sou daarmee ook sy vas verbreek het.
Maar, die duiwel is nie die enigste agent hier nie. Die Gees het Hom immers die woestyn ingelei. Waarmee die Gees Jesus wil help, is dat Jesus vir dié versoeking sal néé sê, sodat Hy later wonders kan doen sonder om daarmee die aandag op Homself te fokus. Hy moet enduit die vas volhou tot al die versoekings weerstaan is.
Jesus staan daarom die duiwel teë met die woord uit Deuteronomium 8:3 dat die fokus op God se woorde belangriker is as die fokus op wonderbrood. Daarmee verwerf Hy die vrymoedigheid om tog later vir God vir wonders te vra, waar dit in God se bedoeling inpas en nie om Homself gaan nie. En later in die Evangelie vermeerder Hy brood by twee geleenthede (hfste 14 en 15) benewens nog ‘n klomp ander wonderdade.
4:5-7 Die versoeking van die duiwel is in die tweede plek dat Jesus God se beloftes van beskerming in die Skrif – Psalm 91 – uit konteks sal gebruik, moontlik om vir Hom naam te maak deur van hoogste punt van die tempel af te spring. Die doel van die duiwel is daarmee dat Hy God se beloftes ter wille van Homself buite konteks sal misbruik.
Weereens is die Gees ook hierin betrokke. Waarmee die Gees Jesus wil help, is dat Jesus vir dié versoeking sal néé sê, sodat Hy voluit op God se beloftes binne konteks kan staatmaak, as ‘n getuienis aan ander van hoe om die beloftes van God in die Skrif reg te kan gebruik. Beloftes word nooit gebruik om God se arm te probeer draai om teen sy eie wil op te tree nie.
Jesus staan die duiwel daarom teë met die woord uit Deuteronomium 6:16 dat Hy God se naam hoog wil hou, deur Hom nie uit te tart of te versoek nie. Daarmee verwerf Jesus die vrymoedigheid om tog op God se beloftes aanspraak te maak in vele situasies in sy bediening, onder andere in die vele kere wat Hy gelowiges verseker van God se bereidheid om gebede te verhoor soos dit inderdaad talle kere gebeur het.
4:8-10 Die versoeking van die duiwel is in die derde plek dat Jesus sy koninkryk op aarde sal vestig deur voor die duiwel neer te kniel en hom te aanbid in plaas daarvan om Hom teë te staan. Die duiwel se doel daarmee is om Jesus te oorreed om die maklike uitweg, die weg van die minste weerstand, die kortpad na roem en eer, te volg.
Waarmee die Gees Jesus wil help, is dat Jesus ook vir dié versoeking sal néé sê, sodat Hy van die begin af bereid sal wees om die baie moeiliker pad van die Lydenspad en die kruis te volg. Dit is net deur selfverloëning en selfontlediging dat Hy die oorwinning oor die duiwel en die dood sal kan behaal.
Jesus staan die duiwel daarom teë met die woord uit Deuteronomium 6:13 dat ‘n mens God alleen mag aanbid en dien. Daarmee skaar Hy Hom volledig aan God se kant en verklaar Hy Homself bereid om God se pad met Hom te stap, al kos dit ook wat.
Let op dat Jesus die duiwel as Satan – teëstander – aanspreek in hierdie laaste versoeking waarmee Hy nie net sy roeping omhels om die Satan teë te staan nie, maar sy gesag oor die Satan ook demonstreer deur Hom weg te wys. Die Satan los Hom dan ook vir ‘n tyd.
4:11 Let ook op dat die engele wel vir Jesus kom versorg het ná die duiwel Hom met rus gelaat het. ‘n Mens lei af dat hulle die hele tyd daar was, want hulle het “nadergekom”! God kom dus in ‘n sekere sin sy belofte in Psalm 91 self na, sonder dat Jesus eers hoef te vra! En God stuur sommige uit die geledere van die engele om Jesus te onderskraag. Dit is dus engele uit dié wat getrou gebly het aan God toe die Satan en sy demone hulle teen God verset het.
Onthou ook dat hierdie Psalm vroeër vir Maria ook van waarde was. Gabriël se aankondiging van die ontvangenis van Jesus het eggo’s van Psalm 91 ingesluit, wat praat van die beskerming van die Allerhoogste in wie se skaduwee ons kan vernag, in wie ons ‘n toevlug het, op wie ons kan vertrou. Jesus het dus ook in die skaduwee van die Allerhoogste, soos sy moeder vroeër, rus gevind (Luk. 1:35)!
Betekenis en boodskap
Dit is só ‘n ryk gedeelte wat die moeite werd is om diep en lank oor na te dink. Ons leer so baie uit die voorbeeld van Jesus sodat ons Hom kan navolg in die versoekings in ons eie lewe.
Maar, onthou dat dié gedeelte uiteindelik primêr oor die Drie-enige God gaan. Die Vader en Gees is hier in ‘n baie intense proses betrokke om die Seun vir sy roeping voor te berei. En dit in die aangesig van uiterste teëstand, met Satan as die primêre teëstander.
Wat ten diepste hier op die spel is, is Jesus se Seunskap en of Hy God daarmee gaan dien of Homself. Die duiwel wil twyfel daaroor by Jesus saai en Hom onafhanklik van God laat optree. Hy ís immers God!
Die Vader en die Gees wil Jesus leer om sy Seunskap wel te omhels, maar sy status nie ter wille van Homself te misbruik nie. Sy Seunskap moet ter wille van God se bedoeling uitgeleef word, wat uiteindelik die swaarste ding van alles van Hom sou vra, die kruisdood. ‘n Toets wat Jesus met vlieënde vaandels slaag.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
- Jesus genees op die Sabbat ‘n man met ‘n verskrompelde hand - November 11, 2026
- Jesus kies die weg van diens, nie publieke populariteit nie - November 12, 2026
- Jesus waarsku teen die ewige sonde van lastering teen die Heilige Gees - November 13, 2026
- Elke boom word aan sy vrug geken - November 14, 2026
- Die Seun van die mens sal in die binneste van die aarde wees soos Jona in die maag van die groot vis - November 15, 2026
- Jesus waarsku dat ‘n onrein gees kan terugkeer en iemand dan slegter daaraan toe is - November 16, 2026
- Jesus verklaar dat sy moeder en broers dié is wat die woord van God hoor en doen - November 17, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die saaier - November 18, 2026
- Jesus praat in gelykenisse met dié wat hoor, maar nie luister nie - November 19, 2026
- Jesus verklaar die gelykenis van die saaier - November 20, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die onkruid tussen die koring - November 21, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die mosterdsaad - November 22, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die suurdeeg - November 23, 2026
- Jesus kondig die dinge aan wat van die skepping af verborge is - November 24, 2026
- Jesus verklaar die gelykenis van die onkruid tussen die koring - November 25, 2026
- Jesus vertel die gelykenisse van die skat, die pêrel, en die treknet - November 26, 2026
- Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele - November 27, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar