Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man
MATTEUS 9:32-34
32 Terwyl hulle vertrek, het hulle vir Hom ’n stom man gebring wat demoonbesete was.
33 Toe die demoon uitgedryf is, het die stom man gepraat. En die skares was verstom en het gesê: “So iets is nog nooit in Israel gesien nie.”
34 Maar die Fariseërs het gesê: “Dis deur die leier van die demone dat hy die demone uitdryf.”
Teks en konteks
9:32 Die twee blinde mans was skaars genees en op pad uit of ‘n stom man word na Jesus in die huis gebring. Die feit dat die man nie kon praat nie was omdat hy onder beheer van ‘n demoon was, ‘n demoonbesetene.
9:33 Die man se stomheid het onmiddellik verdwyn toe die demoon uitgedryf is. Let op dat daar geen geloof ter sprake is by die man nie, net by dié wat hom vir die bevryding gebring het.
Alhoewel minder aandag gegee word aan die wonderwerk as sodanig moes dit vir seker baie blydskap vir die man en sy helpers ingehou het!
Maar, Matteus is eerder geïnteresseerd in die teenoorgestelde effek wat die genesing op die skare en die Fariseërs onderskeidelik het. Die skare is verstom, want só iets is nog nooit in Israel gesien nie. Dit wys die ontoereikende bediening van die leiers van hulle volk onomwonde uit. Die skare erken dus die unieke wonderbaarlike aard van Jesus se genesingsbediening wat ‘n implisiete veroordeling is van die teenstand van hulle leiers.
9:34 Maar die Fariseërs reageer met venynige misleiding. Hulle gee voor dat Jesus dit doen deur die leier van die demone. Jesus reageer egter nie hierdie keer op hulle weerstand nie – Hy het immers al vir hulle hieroor tereggewys – en gaan doodgewoon voort met sy bediening, omdat Hy uit deernis nog siekes en noodlydendes se lot wou verander eerder as om weer ‘n keer in ellelange vrugtelose debatte met die leiers betrokke te raak. Hy sou later weer daaraan aandag gee.
Boodskap en betekenis
Dit bly verstommend hoe dieselfde wonderwerk sulke radikaal verskillende reaksies by mense kan ontlok. Die skare is verstom. Die Fariseërs is venynig. Die verwydering tussen dié wat Hom aanvaar en dié wat Hom verwerp, begin dus van krake na klowe oopbreek.
Die skare erken die unieke aard van Jesus se wonderwerke. Dit wys onomwonde sy Goddelike aard. Die Fariseërs kan nie bra ontken dat daar ‘n wonderwerk plaasgevind het nie, maar wys die Goddelike aard daarvan af deur dit aan God se opponent, die aanvoerder van die demone, die duiwel, toe te skryf. Kan jy nou meer!
Die verskil lê in hulle houding teenoor Jesus. Die skare was bereid om Jesus se wonderwerke te aanvaar as ‘n getuienis dat Hy is wie Hy sê Hy is – die Messias. Die Een wat die OT voorspel het sulke dinge sal kan doen. Die Fariseërs egter nie, want Hy het hulle gesag ondermyn, hulle leerstellings verwerp, en hulle skynheiligheid ontbloot. Hulle het Hom daarom met ‘n passie gehaat.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar