Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie
MATTEUS 8:18-22
18 Toe Jesus die skare rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee om na die oorkant toe te vertrek.
19 En ’n skrifgeleerde het na Hom gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ek sal u volg waar u ook al gaan.”
20 En Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls van die lug neste, maar die Seun van die mens het nêrens waar Hy sy kop kan neerlê nie.”
21 En ’n ander een van sy dissipels het vir Hom gesê: “Here, laat my toe om eers terug te gaan en my vader te begrawe.”
22 Maar Jesus sê vir hom: “Volg jy My, en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.”
Teks en konteks
Lukas vertel ook van só ‘n gesprek met iemand wat nie verder geïdentifiseer word nie. Hier is die gespreksgenoot ‘n skrifgeleerde. Matteus plaas die verhaal ook net na die Bergrede wat moontlik beteken dat dit op ‘n ander tyd as in Lukas gebeur het. Hierdie tipe gesprek het waarskynlik gereeld plaasgevind.
8:18 Jesus wil die skare agterlaat om sy bediening ook op ander plekke – hierdie keer in die gebied van Gadara aan die oorkant van die See van Galilea in Dekapolis – voort te sit en gee opdrag dat Hy en die dissipels in ‘n skuit klim.
8:19-20 ‘n Skrifgeleerde wil saamgaan, maar Jesus raai hom aan om die koste te bereken, want jakkalse het gate en voëls neste, maar die Seun van die mens het nie ‘n vaste woonplek nie, veral nie só op reis nie. Sy reaksie word nie vermeld nie.
8:21-22 ‘n Ander een van sy dissipels wil eers familieverpligtinge gaan nakom – sy pa begrawe wat waarskynlik ‘n geruime tyd sou neem – maar Jesus kan nie sy reis onderbreek daarvoor nie, en raai hom aan om liewer saam te kom. Die dooies kan hulle eie dooies begrawe. Sy reaksie word ook nie vermeld nie.
Nuwe navorsing oor begrafnisgebruike in Jesus se tyd wys dat die bene van oorledenes ná ‘n jaar se ontbinding in die graf opgegrawe is en herbegrawe is. Dit kan agter die man se versoek sit dat hy ‘n jaar se navolging wil vryspring. Jesus wys hom daarop dat ander maar na daardie verpligtinge moet omsien. Hy moet sy besluit om Jesus te volg, eer.
Boodskap en betekenis
Sommige neem hierdie uitsprake as hiperbole en dink dat Jesus net die erns van dissipelskap onderstreep en nie regtig sulke dinge in die praktyk van sy volgelinge sal vra nie. Dit is egter onwaarskynlik.
‘n Mens moet onthou dat elkeen van die Twaalf presies gedoen het wat Jesus hier uitspel. Hulle het hulle huise en families verlaat om volledig in Jesus se diens te staan. Jesus is dus baie konkreet hier met die uitdaging van dissipelskap. Dit kos jou meer as wat jy moontlik dink. Dissipelskap neem jou hele lewe vir die koninkryk in beslag.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
- Jesus genees op die Sabbat ‘n man met ‘n verskrompelde hand - November 11, 2026
- Jesus kies die weg van diens, nie publieke populariteit nie - November 12, 2026
- Jesus waarsku teen die ewige sonde van lastering teen die Heilige Gees - November 13, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar