Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele
MATTEUS 7:21-23
21 “Nie elkeen wat vir My ‘Here, Here’ sê, sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar die een wat die wil van my Vader in die hemel doen.
22 Baie sal vir My op daardie dag sê: ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer, en in u Naam demone uitgedryf, en in u Naam baie wonderwerke gedoen nie?’
23 En dan sal Ek aan hulle verklaar: Ek het julle nooit geken nie; gaan weg van My af, julle wat ontrouheid aan die wet beoefen.”
Teks en konteks
7:21 Jesus vervolg met sy lering oor die vals profete. Dit is nie elkeen wat met die mond die regte dinge sê wat deel word van sy koninkryk nie. Dit is die een wat die wil van die Vader doen wat uiteindelik sal ingaan in die koninkryk aan die einde van die tyd.
7:22 Jesus voorspel dat daar baie sal wees wat dink dat die beoefening van geestelike gawes die deurslag sal gee vir hulle toegang tot God se koninkryk. Profesie, duiweluitdrywing en wonderwerke sal jou egter nie daardie toegang verleen nie.
7:23 Jesus waarsku dus teen mense wat dink dat die uiterlike geestelike vrug as sodanig hulle sal red. Hy noem die buitengewone charismatiese gawes van profesie, duiweluitdrywing en wonderwerke. Die toetssteen is getrouheid aan die wet. Dit is nie gawes wat die deurslag gee nie, maar gehoorsaamheid.
Hulle word daarom beskryf as ontrou aan die wet – “wetteloos” (anomia). Hulle sal gevolglik nie welkom wees in die koninkryk van God nie. Want, dit is skynheilig om te sê jy ken die Here Jesus, maar jy doen nie wat Hy vra nie. Dit is skynheilig om te profeteer en vir ander te sê hoe God wil hê dat hulle moet lewe, en dit dan nie self te doen nie. Dit is skynheilig om wonderwerke te doen, maar nie aan die res van God se opdragte aandag te gee nie.
Donald Hagner (Word kommentaar) sê dit so mooi:
“Perhaps no passage in the NT expresses more concisely and more sharply that the essence of discipleship, and hence of participation in the kingdom, is found not in words, nor in religiosity, nor even in the performance of spectacular deeds in the name of Jesus, but only in the manifestation of true righteousness— i.e. the doing of the will of the Father as now interpreted through the teaching of Jesus … The seriousness of the ethical demand upon the disciples does not cancel out the priority or significance of grace manifested in Jesus and the kingdom.”
Boodskap en betekenis
Jesus verklaar onomwonde dat ‘n mens sy vroeëre waarskuwing teen ‘n skynheilige oordeel nie verkeerd moet verstaan nie. Sy waarskuwing teen veroordeling beteken glad nie dat daar geen oordeel of veroordeling van God se kant af is nie. “Daardie dag”, die dag van God se oordeel, is immers aan die kom.
Die hele Skrif is vol van uitsprake wat die stelligheid van die toorn van God en die straf van sy oordeel en veroordeling uitspel (Matt. 12:41 – “die oordeel”; 23:33 – “die oordeel van die hel”; Rom. 1:18 – “die toorn van God word van die hemel af geopenbaar”; Rom. 2:6 – “in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.”)
Jesus het immers die reg van die Vader ontvang om die wêreld te oordeel (Joh. 5:22). In die oordeel sal sommige die opstanding van die lewe ontvang. Ander sal die opstanding van die veroordeling ontvang (Joh. 5:29).
Met daardie oordeel moet ons rekening hou. En dit is nie die vrug van jou lewe, of die gawes wat jy beoefen het wat die deurslag sal gee in daardie dag nie. Dit is die gehoorsaamheid aan die wil van God soos die wet dit uitgespel het en Jesus dit verklaar en toegepas het wat vir jou toegang tot God se koninkryk sal verskaf.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar