Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie
Matteus se boodskap hier kom baie ooreen met Lukas s’n (Luk. 14:25-33), maar verskil tog in ‘n hele paar opsigte. Matteus praat van “meer liefhet” (φιλέω – “to have love or affection for [Jesus] based on association” meer as [ὑπὲρ ἐμὲ] wat jy dit vir jou pa of ma het – Louw-Nida in ScriptureDirect) vs. Lukas wat van “haat” (μισέω – “dislike strongly with the implication of aversion and hostility” – Louw-Nida in ScriptureDirect) praat.
Die konteks waarbinne Jesus optree, verskil ook, wat miskien die verskil in woordkeuse verklaar.
- In Matteus word hierdie boodskap aan die twaalf dissipels gegee waarin hulle liefde vir Jesus “bo dié van hulle liefde vir hulle ouers” beklemtoon word. Van hulle mense het immers ook vir Jesus gevolg. Hulle lojaliteit aan Jesus moet egter groter wees as dié aan hulle eie mense wat die keuse vir φιλῶν ὑπὲρ ἐμὲ verklaar.
- In Lukas word die boodskap aan die groot skares wat Jesus gevolg het, gegee waarin die breuk wat hulle moet maak selfs met hulle geliefdes beklemtoon word. Hulle eie mense het waarskynlik nie vir Jesus gevolg nie. Hulle keuse vir radikale dissipelskap, anders as hulle familielede, word dus met die keuse van die woord μισέω beklemtoon.
MATTEUS 10:37-11:1
37 Wie sy vader of moeder meer liefhet as vir My, is My nie werd nie, en wie sy seun of dogter meer liefhet as vir My, is My nie werd nie;
38 en wie nie sy kruis neem en agter My aan kom nie, is My nie werd nie.
39 Hy wat sy lewe behou, sal dit verloor, maar hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit behou.”
40 “Wie julle ontvang, ontvang My, en wie My ontvang, ontvang die Een wat My gestuur het.
41 Wie ’n profeet ontvang omdat hy ’n profeet is, sal die loon van ’n profeet kry, en wie ’n regverdige ontvang omdat hy ’n regverdige is, sal die loon van ’n regverdige kry.
42 En wie ook al een van hierdie kleintjies ’n koppie koue water gee om te drink net omdat hy ’n dissipel is, amen, Ek sê vir julle: Hy sal beslis nie sy loon verloor nie.”
11:1 Toe Jesus klaar opdragte aan sy twaalf dissipels gegee het, het Hy daarvandaan verder gegaan om in hulle dorpe te onderrig en te preek.
Teks en konteks
10:37 Jesus gaan verder om die dissipels te staal teen die verdeeldheid wat hulle in families kan ervaar, en verklaar dat wie ‘n pa of ma “meer liefhet” (phileō) as vir Jesus, Hom nie werd is nie. Dieselfde geld ouers wat hulle seun of dogter meer liefhet as vir Jesus. Hulle is Hom ook nie werd nie.
10:38-39 Om Jesus te volg, is ‘n kruispad. Wie sy kruis nie opneem en agter Jesus aan gaan nie is Hom nie werd nie. Hy wat die kruispad probeer vermy om sy lewe te behou – hetsy deur martelaarskap te vermy, of verdeeldheid in families – sal dit juis verloor. Dit is net dié wat bereid is om hulle lewe ter wille van Jesus te verloor, wat op paradoksale wyse hulle lewe sal behou.
10:40 Soos in boekhou is daar egter nie net ‘n debietkant aan dissipelskap nie. Ook ‘n kredietkant! Jesus sluit hierdie gesprek af deur hulle te bemoedig dat hierdie “kruisdra” ‘n duidelike boodskap vir die wêreld sal inhou dat hulle regtig Jesus se verteenwoordigers is.
En waar hulle as sy boodskappers ontvang word – dit verwys na mense se huise sowel as hulle boodskap (vgl. Matt. 10:11-14) – sal die luisteraars die voorreg ontvang om in Jesus se teenwoordigheid, en die Een wat Hom gestuur het, sy Vader, te kom. God se teenwoordigheid vergesel dus die dissipels se sendingwerk. Dit is die ontvangers se beloning.
10:41 Dieselfde geld vir die ontvangs van profete en regverdiges, want hulle verteenwoordig ook die Here God. Die agtergrond hiervoor kan moontlik die verhale van Elia en Elisa wees waar die weduwee van Sarfat se meel en olie nie opgeraak het nie (1 Kon. 17:8-24), en die vrou van Sunem ‘n kind van die Here ontvang het (2 Kon. 4:7-37). Ontvanklikheid vir God se boodskap het nie net geestelike waarde nie, maar ook ‘n aardse seën.
10:42 Dieselfde geld vir die ontvangs van “hierdie kleintjies”. Dit verwys duidelik na die dissipels, soos die verwysing “net omdat hy ‘n dissipel is” uitspel (vgl. Matt. 25:40, 45). Wie ook al vir ‘n dissipel ‘n koppie koue water gee, net omdat hy ‘n dissipel is, sal ook sy loon nie verloor nie. Normaalweg was ‘n koppie koue water in die Midde-Ooste ‘n vanselfsprekende deel van gasvryheid. Jesus belowe egter om selfs só ‘n normale vanselfsprekende hulp aan ‘n dissipel te beloon.
11:1 Daarmee sluit Jesus sy sending van die twaalf dissipels af en gaan self daarvandaan verder om in hulle dorpe te onderrig en te preek.
Boodskap en betekenis
Jesus vra nie van ons dat ons liefdeloos raak nie. Hy vra van ons ‘n bereidheid om vir Hom te kies as die keuse tussen lojaliteit aan Hom en lojaliteit aan familie, of enige ander belang wat jy het, op die spits gedryf word. Positief gestel, ons moet Jesus meer liefhê as ons eie lewe of ons eie familie.
Johannes die Doper vra net hierna in Matteus, terwyl hy in die tronk sit vir sy geloof, is U regtig die Een wat moes kom? En Jesus antwoord hom uit die Skrif (veral Jes. 8:14–15; 26:19; 29:18; 35:5-6; 42:18; 61:1) dat Hy inderdaad die Een is, om Johannes in sy geloof te versterk. Só het Jesus gesorg dat Johannes die Doper enduit lojaal bly aan Hom, selfs al het dit sy dood gekos. Ons het dié gedeelte egter vroeër hanteer om dit te laat aansluit by Lukas se weergawe.
Dit tref my dat Jesus sy eie teenwoordigheid en dié van God aan die boodskap van die dissipels, profete en ander gestuurdes van God koppel, selfs aan gewone mense wat regverdig lewe. Deur oop te raak vir hulle boodskap, ontvang mense letterlik ‘n seën van God af. Dit is ‘n wonderlike belofte om aan vas te hou in jou eie werk vir die Here. God sal dié mense seën wat jou en jou boodskap ontvang. Jy kan daarop staatmaak.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
- Jesus genees op die Sabbat ‘n man met ‘n verskrompelde hand - November 11, 2026
- Jesus kies die weg van diens, nie publieke populariteit nie - November 12, 2026
- Jesus waarsku teen die ewige sonde van lastering teen die Heilige Gees - November 13, 2026
- Elke boom word aan sy vrug geken - November 14, 2026
- Die Seun van die mens sal in die binneste van die aarde wees soos Jona in die maag van die groot vis - November 15, 2026
- Jesus waarsku dat ‘n onrein gees kan terugkeer en iemand dan slegter daaraan toe is - November 16, 2026
- Jesus verklaar dat sy moeder en broers dié is wat die woord van God hoor en doen - November 17, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die saaier - November 18, 2026
- Jesus praat in gelykenisse met dié wat hoor, maar nie luister nie - November 19, 2026
- Jesus verklaar die gelykenis van die saaier - November 20, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die onkruid tussen die koring - November 21, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die mosterdsaad - November 22, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die suurdeeg - November 23, 2026
- Jesus kondig die dinge aan wat van die skepping af verborge is - November 24, 2026
- Jesus verklaar die gelykenis van die onkruid tussen die koring - November 25, 2026
- Jesus vertel die gelykenisse van die skat, die pêrel, en die treknet - November 26, 2026
- Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele - November 27, 2026
- Jesus word in Nasaret verwerp - November 28, 2026
- Herodes dink Jesus is Johannes die Doper wat opgewek is - November 29, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar