Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum
Ons lees vervolgens die verhaal van die verlamde man in Kapernaum wat deur al drie die Sinoptiese Evangelies vertel word. Elkeen het sy eie beklemtoning, maar die hoofboodskap is dat Jesus die man genees as getuienis dat Hy sonde kan vergewe.
MATTEUS 8:5-13
5 Nadat Hy aangekom het in Kapernaum het ’n centurion (Romeinse leëroffisier wat ‘n groep van honderd soldate onder sy bevel gehad het) Hom genader en Hom gesmeek
6 en gesê: “Here, my slaaf lê verlam by die huis, en hy word verskriklik geteister deur pyn.”
7 En Hy sê vir hom: “Ek sal gaan en hom gesond maak.”
8 Die centurion het geantwoord en gesê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie, maar spreek net die woord, en my slaaf sal genees word.
9 Want ék is ook ’n man wat onder gesag staan, en wat soldate onder my het, en ek sê vir hierdie een: ‘Gaan,’ en hy gaan, en vir ’n ander: ‘Kom,’ en hy kom, en vir my slaaf: ‘Doen dit,’ en hy doen dit.”
10 Toe Jesus dit hoor, was Hy verwonderd en Hy het vir dié wat Hom volg, gesê: “Amen, Ek sê vir julle: By niemand in Israel het Ek so ’n groot geloof gevind nie.
11 Ek sê vir julle dat baie van die ooste en weste sal kom en saam met Abraham en Isak en Jakob aanlê vir ete in die koninkryk van die hemele,
12 maar die mense van die koninkryk sal uitgegooi word in die buitenste duisternis. Daar sal ’n gehuil en ’n gekners van tande wees.”
13 Jesus het vir die centurion gesê: “Gaan, soos jy geglo het, sal dit vir jou gebeur.” En sy slaaf is op daardie oomblik genees.
Teks en konteks
Matteus fokus sterk op die verhale van Jesus se genesings en wonders. Daar is nege genesingsverhale (‘n melaatse, verskillende verlamdes, ‘n koorsige skoonma, verskillende besetenes, ‘n bloeiende vrou, en ‘n ontslape dogter) en een wonderverhaal oor die storm wat stil gemaak word, verweef met die ander verhale wat dissipelskap as tema het.
8:5-6 In Matteus se weergawe van hierdie verhaal kom die centurion self na Jesus. Hy smeek Jesus om sy verlamde slaaf te genees, omdat hy verskriklik geteister word deur pyn. In Lukas se weergawe lê hy op sterwe. Die Griekse woord, pais, wat Matteus hier vir slaaf gebruik, kan ook op seun dui, maar die konteks dui duidelik daarop dat dit ‘n slaaf is, aangesien die centurion in ‘n gesagsverhouding met die slaaf staan.
8:7-9 Jesus willig in om te gaan, maar omdat die Romeinse offisier weet dat ‘n Jood nie aan huis van ‘n heiden mag gaan nie, probeer hy dit vir Jesus makliker maak deur te sê dat hy nie dit werd is dat Jesus na sy huis toe kom nie. Jesus hoef net ‘n woord te spreek, en hy weet sy slaaf sal gesond word. Hy verduidelik sy geloof aan die hand van sy eie ervaring van gesag. Hy gebied sy soldate en slawe na willekeur en weet Jesus kan dieselfde doen. Trouens, hy verwoord hiermee nie net sy geloof dat Jesus kan genees nie, maar dat sy krag tyd en ruimte te bowe gaan.
8:10 Daardeur illustreer die offisier só ‘n groot geloof dat dit Jesus verwonderd laat. Dit is die enigste keer wat Matteus dit noem. Hy eer die offisier voor dié wat Hom volg daarvoor dat Hy nog nie enigiemand in Israel teëgekom het wat só ‘n groot geloof gehad het nie.
8:11-12 Hierdie voorbeeld van geloofsvertroue sluit vir Jesus ‘n visie oop van ‘n toekoms waarin die orde tussen heidene en Jode omgekeer sal word, en die Jode aan wie die koninkryk van die hemele eintlik behoort, nie daaraan deel sal hê nie, maar wel gelowiges uit die heidendom.
Dit is gelowiges uit die heidene wat aan die feesmaal in die koninkryk van die hemele sal kom aanlê saam met die drie patriarge, Abraham, Isak en Jakob. Die mense aan wie die koninkryk na regte behoort het, sal egter uitgegooi word in die buitenste duisternis. Hulle sal huil en op hulle tande kners, maar weens hulle verwerping van Jesus sal hulle die koninkryk nooit binnegaan nie.
Jesus sal in die gelykenisse van die boere en die wingerd (Matt. 21) en die bruilof (Matt. 22) verder hierop uitbrei.
8:13 Jesus genees dan die slaaf met die boeiende stelling: “soos jy geglo het, sal dit vir jou gebeur.” Laat dit insink!
Boodskap en betekenis
Hierdie centurion se groot geloof is regtig merkwaardig, Hy aanvaar doodgewoon dat Jesus absolute gesag oor lewe en dood, siekte en gesondheid, en tyd en ruimte het. Let op, Hy dwing Jesus nie om sy slaaf te genees nie. Hy demonstreer net sy onwrikbare geloof dat Jesus inderdaad kan genees. Die keuse van wat Jesus gaan doen, bly egter steeds Syne.
Let ook op dat Jesus die genesing eers doen nádat hulle ‘n redelike uitvoerige gesprek gehad het. Dit is nie asof Jesus net outomaties genees nie. Hy gebruik die geleentheid om die centurion se geloof tot volle wasdom te laat kom. Dit is ook, soos met al die ander wondertekens, ‘n getuienis aan die omstanders dat Hy inderdaad God is.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar