Jesus verklaar die gelykenis van die saaier
Al drie Sinoptici bevat Jesus se verklaring van die gelykenis van die saaier, maar elkeen beklemtoon ‘n ander aspek. Lukas (8:11-15) fokus op geloof en volharding, Markus (4:13-20) op die stryd teen eksterne en interne druk wat groei belemmer, terwyl Matteus die belangrikheid van begrip onderstreep. Vir Matteus is die beslissende vraag nie net of mense die boodskap hoor nie, maar of hulle dit verstaan en daarom vrug dra. Onthou dat die gelykenis van die saaier daarom ‘n sleutel is om die ander gelykenisse van die koninkryk te verstaan.
MATTEUS 13:18-23
18 “Luister dan na die gelykenis van die saaier.
19 By elkeen wat die boodskap van die koninkryk hoor en dit nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is. Dit is die saad wat op die pad gesaai is.
20 Die saad wat op die rotsagtige grond gesaai is, is die een wat die boodskap hoor en dit dadelik met vreugde aanneem,
21 maar sy wortels gaan nie diep nie, en hy hou nie lank nie, en as daar verdrukking of vervolging vanweë die Woord kom, hou hy dadelik op met glo.
22 En die saad wat tussen die doringplante gesaai is, dit is die een wat die Woord hoor, maar die wêreld se sorge en die verleiding van rykdom versmoor die boodskap en dit dra nie vrug nie.
23 Die saad wat op goeie grond gesaai is, dit is die een wat die boodskap hoor en dit verstaan, en inderdaad ’n oes lewer: die een honderd-, die ander een sestig-, en die ander een dertigvoudig.”
Teks en konteks
13:18 Jesus se verklaring van die gelykenis van die Saaier bevestig die feit dat gelykenisse veelvlakkig is. Dit sien ons alreeds in die feit dat Hy kommentaar lewer op elke element van die gelykenis, veral hoekom die grond op spesifieke maniere op die saad reageer.
Dit is ook duidelik dat sy uitleg van die gelykenis van die Saaier ‘n boodskap is van Hom waarna geluister moet word om op die regte manier op sy boodskap te reageer. Onthou dat hierdie gelykenis aansluit by die boodskap van die profeet Jesaja (Matt. 13:10-17).
13:19 Die rede waarom die saad nie vrug dra by mense wat soos vasgetrapte grond (pad) is nie, is in Matteus se weergawe nie ongeloof soos die geval by Lukas nie, maar onbegrip. Hulle verstaan nie wat die boodskap beteken nie, doen nie moeite om tot begrip te kom nie, en laat so die Bose toe om die boodskap in hulle lewens uit te doof. Dit wys net hoe belangrik geloof (Lukas) en begrip (Matteus) is, iets wat ons in gedagte moet hou nie net in ons eie luister na die boodskap nie, maar ook waar ons die evangelie met ander deel. Die vasgetrapte grond is dus mense wat nie vatbaar is vir die evangelie nie.
13:20-21 Die rede waarom die saad nie vrug dra by mense wat soos rotsagtige grond is nie – al luister hulle aanvanklik met vreugde na die boodskap – is dat hulle nie rekening hou met die verdrukking of vervolging wat vanweë hulle geloof in die Woord kom nie. Teenstand en teëspoed laat hulle struikel in hulle geloof. Dit is mooiweermense.
13:22 Die rede waarom die saad nie vrug dra by mense wat soos doringagtige grond is, is dat hierdie mense die Woord hoor, maar toelaat dat die sorge en bekommernis van hierdie wêreld en die verleiding van rykdom die boodskap daarvan versmoor. Dit is mense wat vra, wat is daarin vir my? En as gehoorsaamheid ‘n prys van hulle vra, knak hulle onder die uitdaging om te volhard. Die wêreldse sorge en die sug na welvaart verstik die Woord. Dit is gierige mense.
13:23 Die rede waarom die saad wel vrug dra by mense wat soos goeie grond is, is omdat hulle die boodskap hoor en begryp en daarom vrug dra. Dit is gehoorsame mense. Hulle lewer ‘n oorvloedige oes vir die koninkryk.
Boodskap en betekenis
Weereens moet ons in gedagte hou dat die saad altyd goed is. Dit kom van die Saaier wat kragtig deur daardie saad, God se Woord, die boodskap van die evangelie van Jesus Christus, in ons lewens werk. In enige uitleg van hierdie gelykenis, trouens al die gelykenisse, is dit die vertrekpunt.
Ons het egter ‘n dure verpligting om te sorg dat ons nie net begryp wat ons hoor nie, maar inderdaad daarop reageer en dit uitvoer. Dit is hoe ons lewens vrug dra.
Waarvoor ons versigtig moet wees, is eerstens ongeloof en onbegrip. Dit kan net deur diepgaande volhardende luister na die Woord verseker word.
Ons moet ook tweedens versigtig wees vir ons reaksie op verdrukking of vervolging. Dit kan ons so maklik in ons geloof en gehoorsaamheid laat struikel. Die gevolge van ingee en boedel oorgee, is “too ghastly to contemplate”.
Ons moet derdens ook versigtig wees dat óf ons gebreke in die lewe (sorge), óf ons gierigheid na meer (die verleiding van die rykdom) die impak van die boodskap in ons lewe versmoor.
Dit is waarom ‘n gemeenskap van gelowiges wat mekaar help en ondersteun só belangrik is vir ons persoonlike volharding. Ons het mekaar nodig!
‘n Nuwe insig vir my is dat die gelykenis ook vir ons ‘n ander manier gee om vir mense te bid.
Dié gelykenis help ons om te bid vir dié wat die woord van God hoor:
- dat die duiwel die woord nie sal wegpik uit hulle lewens nie;
- dat versoekings en vervolgings hulle nie moedeloos maak nie;
- dat sorge, gierigheid en genot hulle nie verstrik nie.
En dan te bid dat die Heilige Gees die grond in hulle harte sal bly bewerk sodat die woord van God uiteindelik vrug sal dra.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
- Jesus genees op die Sabbat ‘n man met ‘n verskrompelde hand - November 11, 2026
- Jesus kies die weg van diens, nie publieke populariteit nie - November 12, 2026
- Jesus waarsku teen die ewige sonde van lastering teen die Heilige Gees - November 13, 2026
- Elke boom word aan sy vrug geken - November 14, 2026
- Die Seun van die mens sal in die binneste van die aarde wees soos Jona in die maag van die groot vis - November 15, 2026
- Jesus waarsku dat ‘n onrein gees kan terugkeer en iemand dan slegter daaraan toe is - November 16, 2026
- Jesus verklaar dat sy moeder en broers dié is wat die woord van God hoor en doen - November 17, 2026
- Jesus vertel die gelykenis van die saaier - November 18, 2026
- Jesus praat in gelykenisse met dié wat hoor, maar nie luister nie - November 19, 2026
- Jesus verklaar die gelykenis van die saaier - November 20, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar