Skip to main content

Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense

MATTEUS 10:32-33

32 “Elkeen dan wat My voor die mense bely, sal Ek ook voor my Vader in die hemel bely;

33 maar wie ook al My voor die mense verloën, sal Ek ook voor my Vader in die hemel verloën.”

Teks en konteks

10:32-33 Matteus en Lukas gee albei hierdie uitspraak van Jesus weer (vgl. Luk. 12:8-9). Die kerngedagte is in albei Evangelies dieselfde: wie Jesus voor mense bely (lojaliteit verklaar), sal deur Hom erken word, en wie Hom voor mense verloën, sal deur Hom verloën word. Matteus plaas egter die fokus op Jesus se optrede voor sy Vader in die hemele, terwyl Lukas van die engele van God praat. In Matteus word die verhouding met die Vader dus besonder sterk beklemtoon, terwyl Lukas die hemelse gehoor beklemtoon.

Lukas gebruik ook Jesus se titel as “Seun van die mens” wat moontlik terugverwys na Daniël 7:13-14, waar die Seun van die mens voor die hemelse troon verskyn en koninklike gesag ontvang terwyl die res van die hemelse gehoor dit aanskou.

Boodskap en betekenis
Uiteindelik bevestig Jesus hiermee dat niemand na die Vader kom behalwe deur Hom nie. Daarom is dit so belangrik om jou lojaliteit aan Hom voor mense op aarde te bely, sodat Hy sy lojaliteit aan jou voor God die Vader in die hemel kan bely. Die alternatief is te vreeslik vir woorde.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Matteus-leesplan


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Onlangse kommentaar