Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur
Al drie Sinoptiese Evangelies het die verhaal van Jesus wat saam met sy dissipels oor die See van Galilea na die ander kant toe vaar en in ‘n windstorm beland waarin Jesus sy mag oor die natuur demonstreer.
MATTEUS 8:23-27
23 Hy het toe in die skuit geklim en sy dissipels het Hom gevolg.
24 En skielik was daar ’n groot storm op die see sodat die skuit besig was om deur die golwe verswelg te word, maar Hy het geslaap.
25 En hulle het nadergegaan en Hom wakker gemaak en gesê: “Here, red ons, ons is besig om te vergaan.”
26 En Hy sê vir hulle: “Hoekom is julle bang, kleingelowiges?” Toe het Hy opgestaan en die winde en die see beveel om te bedaar, en daar het ’n groot kalmte gekom.
27 En die mense was verstom en het gesê: “Watter soort man is hierdie dat selfs die winde en see Hom gehoorsaam?”
Teks en konteks
8:23 Anders as in Lukas en Markus se weergawes is dit Jesus wat hier die voortou neem en in die skuit klim met die dissipels wat Hom volg. Dit volg op sy lering oor wat dissipelskap behels. Hier volg dus ‘n praktiese illustrasie aan die dissipels wat dit alles behels.
8:24 Die groot storm op die see kom skielik met die skuit wat dreig om deur die golwe verswelg te word. Jesus was egter nie bekommerd daaroor nie en het geslaap.
8:25 Die dissipels het na Jesus toe gegaan en gepleit dat Hy hulle moet red van die see. Let op dat hulle nie regtig verwytend is, soos in Markus se weergawe, nie, net bevrees.
8:26 Jesus verwyt hulle egter vir hulle kleingeloof. Dit is wat agter hulle vrees lê. Dat hulle Hom nie vertrou nie. As bewys daarvan dat hulle Hom kan vertrou, staan Jesus op en beveel die winde en die see om te bedaar. ‘n Groot kalmte het op die see neergedaal.
8:27 Let op dat dit die “mense” is wat verstom is oor Jesus se gesag. Hulle vraag na “watter soort man” Hy is, sal net hierna deur die demoonbesetenes beantwoord word. Hy is die Seun van God!
Boodskap en betekenis
Om Jesus te volg, stel uitdagende eise aan sy dissipels. Dit is nie net die mense waarheen hulle op pad is wat ‘n uitdaging is nie. Dit is ook die uitdagings op die pad daarheen. Hierdie vaart op die see dien dus twee doelwitte:
- Die dissipels word in die situasie getoets. Sal hulle Hom vertrou, selfs al lyk dit asof die stormwind en die see die oorhand kry? Sal hulle Hom vertrou, al lyk dit asof Hy slaap?
- Die dissipels word blootgestel aan die demonstrasie van Jesus se gesag en God se krag. Dit is immers net wanneer die golwe dreig om die skuit te verswelg wat die les van God se almag sal ingang vind. ‘n Kalm see kan nie vertroue bewerk in ‘n mens se lewe nie.
Jesus gee hiermee aan ons ‘n dubbele boodskap:
- Ons moet bereid wees om Jesus te volg maak nie saak wat die uitdagings op die pad is nie;
- Ons kan staatmaak op Jesus se ingrype wat kalmte sal bring. Die wind en die see gehoorsaam Hom, soos die demone net hierna ook sal doen.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar