Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum
Daar is redelik baie verskille tussen Matteus se verhaal van Jesus se genesing van die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum en dié van Lukas (8:40-48) en Markus (5:21-34).
- Matteus plaas hierdie verhaal direk ná ‘n gesprek met die dissipels van Johannes die Doper oor nuwe wyn in nuwe sakke terwyl Lukas en Markus dit ná die sending in die gebied van die Geraseners plaas.
- Die leier word nie hier in Matteus geïdentifiseer nie. Lukas en Markus identifiseer die leier as een van die sinagogehoofde, Jaïrus, maar dit kan natuurlik ook iemand anders in ‘n soortgelyke verhaal wees, soos ek hieronder sal verduidelik.
- Die leier toon ook geen weifeling in sy geloof – soos ‘n mens wel uit Markus se weergawe kan aflei waar Jesus hom bemoedig om aan te hou glo.
- Daar is geen skare as die vrou naderkom nie. Jesus sien dus onmiddellik die vrou raak as sy die soom van sy bo-kleed aanraak en die vrou word ook eers genees ná Jesus se gesprek met haar.
- Haar bloedvloeiing (haimorroousa) word ook anders beskryf as in Lukas en Markus (rhusei haimatos – dit dui op menstruasie: “bloedvloeiing”). Haar probleem hoef in hierdie verhaal nie noodwendig ‘n menstruasie probleem te wees nie. Dit kan een of ander “inwendige bloeding” of ‘n ander bloedsiekte ook wees. Wat kan beteken dat Matteus ‘n eie verhaal vertel, en nie maar net dieselfde verhaal as Lukas en Markus nie.
Sommige geleerdes verklaar die verskille as ‘n radikale “teleskopiese” verkorting van die twee inmekaargeweefde verhale. Jaïrus se tweede versoek om haar uit die dood uit op te wek volgens Lukas en Markus word een verhaal in Matteus met die fokus op die laaste versoek. Dieselfde geld die verhaal van die vrou. Matteus verwyder met sy vertelling enige sweem van ‘n magiese interpretasie in haar genesing deur dit te vertel asof dit eers ná Jesus se gesprek met haar gebeur. Só argumenteer geleerdes om die drie Evangelies hieroor te harmonieer.
Laasgenoemde interpretasie gaan egter nie af nie, want Matteus self (Matt. 14:36) en Markus (Mrk. 6:56) praat albei van nog sulke gevalle waar net die aanraking van die klere van Jesus – met sy toestemming – tot genesing gelei het. Dit is iets wat ook in die vroeë kerk gebeur het, soos Lukas ons vertel van Paulus se klere wat tot genesing gely het – selfs doeke of voorskote. Soos Lukas sê, God het deur Paulus wonderbaarlike dinge gedoen (Hand. 19:12). Aanraking is nie per se ‘n bewys van ‘n magiese geloof nie!
Trouens, mense het soms net aan Jesus self geraak en genesing ervaar (Mrk. 3:10; Luk. 6:19), soos dit ook gebeur het as Hy aan mense raak (Matt. 8:3; 9:29). In Jesus se teenwoordigheid was daar ‘n genesende krag beskikbaar, maak nie saak hoe die proses gewerk het nie. Die lewe in Hom het die siekte en dood uitgedryf.
Ek dink daarom dat Matteus ‘n eie verhaal vertel wat sterk ooreenkomste met dié van Lukas en Markus vertoon, maar tog ‘n eie verhaal is. Dit is vir seker die geval met die verhaal van die genesing van die twee blindes wat net hierna in Matteus 9:27-41 vertel word dat dit ‘n eie verhaal is. Dit het ooreenkomste met die verhaal in Markus (Mrk. 10:46-52; vgl. Matt. 20:29-34), maar is tog ‘n unieke verhaal.
Miskien geld dieselfde hier.
MATTEUS 9:18-22
18 Terwyl Hy besig was om hierdie dinge vir hulle te sê, het daar ’n leier gekom en voor Hom neergeval en gesê: “My dogter het nou net gesterf, maar kom en sit u hand op haar, en sy sal lewe.”
19 En Jesus het opgestaan en hom gevolg saam met sy dissipels.
20 En daar het ’n vrou wat twaalf jaar lank gebloei het van agter af nadergekom en die soom van sy bo-kleed aangeraak,
21 want sy het by haarself gesê: “As ek net sy bo-kleed kan aanraak, sal ek genees word.”
22 En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: “Skep moed, dogter; jou geloof het jou genees.” En die vrou was van daardie oomblik af genees.
Teks en konteks
9:18 Terwyl Jesus besig was om hierdie dinge vir hulle te sê, kom daar ‘n leier – Matteus noem nie sy naam nie – en val in aanbidding voor Hom neer. Sy dogter het so pas gesterf en hy wou hê Jesus moet haar uit die dood uit opwek. Hy glo dus dat Jesus soos ‘n Elia (1 Kon. 17) en Elisa (2 Kon. 4) van ouds sy dogter uit die dood kan opwek – ‘n ware diep vasgryp aan Jesus se Goddelike vermoë. Hy is oortuig Jesus kan haar opwek. “Sy sal lewe.”
9:19 Jesus staan op van sy gesprek met die dissipels van Johannes die Doper en gaan onmiddellik saam met die man in die geselskap van sy dissipels.
9:20-21 ‘n Vrou kom van agter – let op dat daar nie ‘n skare is nie – en raak aan die soom (kraspedon) van Jesus se kleed, omdat sy geglo het dat sy dan van haar twaalf jaar lange lyding aan een of ander bloedsiekte genees sal word.
9:22 Jesus het omgedraai en haar ook soos in die ander Evangelies as “dogter” (thugatēr) aangespreek, ‘n aanspreekvorm van toegeneentheid. In Engels kan ‘n mens die Griekse woord vertaal as “dear (woman / daughter)”. Interessant dat Hy vir haar aanmoedig om moed te skep – iets wat telkens in die OT vir leiers gesê is wat voor ‘n groot uitdaging gestaan het (Jos 1:6), en ook in die liturgie ‘n plek gevind het (Ps 27:14).
Soos in Markus beklemtoon Matteus die rol van haar geloof in die genesing, want van daardie oomblik af was sy genees. Hy praat egter nie soos die ander twee, Lukas en Markus, oor redding nie.
Boodskap en betekenis
Geloof speel dikwels ’n groot rol in wondergenesings. Soms is dit die geloof van die sieke wat genees word, soos hier met die vrou. Soms is dit die geloof van ‘n pa, soos in die volgende perikoop gesien sal word. Soms is dit die geloof van vriende (Luk. 5) en soms is dit die gelowige gebed van ouderlinge: “As hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring.” (Jak 5:15)
Maar, en dit is belangrik, daar is geen bloudruk in die NT van ’n “perfekte geloof” wat die minimum standaard sou haal sodat Jesus dan daarop reageer deur ’n wonderwerk te doen nie! Nie in die geloof van dié wat siek is nie. Ook nie in die geloof van dié wat bid nie.
Daar is dus geen sprake van ’n perfekte geloof by die ontvangers van God se genade nie. Net maar ’n fokus op Jesus, dat Hy Hom op een of ander manier oor hulle sal ontferm. En Jesus ontferm Hom oor hierdie vrou en genees haar. Soos ons later sal sien dat dieselfde in die pa se geval gebeur.
Die verhale wil dus jou geloof bou in ‘n Jesus wat wonders kan doen. Skep moed en vertrou die Here in jou eie uitdagings rondom siekte en die dood.
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond - October 20, 2026
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie - October 21, 2026
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur - October 22, 2026
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara - October 23, 2026
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood - October 24, 2026
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus - October 25, 2026
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly - October 26, 2026
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum - October 27, 2026
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op - October 28, 2026
- Jesus genees twee blindes - October 29, 2026
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man - October 30, 2026
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is - October 31, 2026
- Jesus stuur die twaalf na die verlore skape van die huis van Israel - November 1, 2026
- Jesus stuur die twaalf soos skape tussen wolwe in - November 2, 2026
- Jesus verklaar dat God niemand vergeet wat Hom vrees nie - November 3, 2026
- Jesus bely of verloën voor God die mense wat Hom bely of verloën voor mense - November 4, 2026
- Jesus bring nie vrede op aarde nie, eerder verdeeldheid - November 5, 2026
- Jesus verklaar dat dié wat Hom ontvang beslis nie hulle loon sal verloor nie - November 6, 2026
- Jesus eer Johannes as Elia wat sou kom - November 7, 2026
- Jesus verwyt die dorpe wat nie tot inkeer gekom het waar sy wonderdade plaasgevind het nie - November 8, 2026
- Jesus nooi almal uit om rus te vind in Hom - November 9, 2026
- Jesus verkondig dat Hy Here is van die Sabbat en daag die Fariseërs se mondelinge tradisies uit - November 10, 2026
- Jesus genees op die Sabbat ‘n man met ‘n verskrompelde hand - November 11, 2026
- Jesus kies die weg van diens, nie publieke populariteit nie - November 12, 2026
- Jesus waarsku teen die ewige sonde van lastering teen die Heilige Gees - November 13, 2026
- Elke boom word aan sy vrug geken - November 14, 2026
- Die Seun van die mens sal in die binneste van die aarde wees soos Jona in die maag van die groot vis - November 15, 2026
- Jesus waarsku dat ‘n onrein gees kan terugkeer en iemand dan slegter daaraan toe is - November 16, 2026
- Jesus verklaar dat sy moeder en broers dié is wat die woord van God hoor en doen - November 17, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar