Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte
Wonderwerke en woordbediening in Galilea (hfst. 8–9)
Jesus volg die Bergrede op met ‘n aantal wonderwerke – genesings, natuurwonders, bevryding van demone en ‘n opstanding uit die dood – steeds gekoppel aan sy voortgaande woordbediening om sy gesag as Koning en Messias oor alles op aarde te bevestig. Matteus demonstreer in 14 episodes Jesus se impak op alles wat leef en beef:
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum
- Jesus genees Simon se skoonmoeder en maak baie mense gesond
- Jesus leer dat jy Hom nie kan volg as jy agtertoe bly kyk nie
- Jesus leer sy dissipels dat Hy mag het oor die natuur
- Jesus demonstreer sy mag oor demone in Gadara
- Jesus keer terug na Kapernaum en demonstreer dat Hy mag het oor siekte en dood
- Jesus roep die tollenaar Levi-Matteus
- Jesus verkondig dat nuwe wyn nuwe wynsakke nodig het om behoue te kan bly
- Jesus genees die vrou met bloedvloeiing in Kapernaum
- Jesus wek die dogtertjie van Jaïrus op
- Jesus genees twee blindes
- Jesus genees ‘n stom, demoonbesete man
- Jesus word diep geraak deur die skares wat soos skape sonder ‘n herder is
MATTEUS 8:1-4
1 Nadat Hy van die berg afgekom het, het groot skares Hom gevolg.
2 En daar het ’n man met ’n ernstige velsiekte nadergekom en voor Hom neergeval en gesê: “Here, as U wil, kan U my reinig.”
3 En Hy het sy hand uitgesteek, hom aangeraak en gesê: “Ek wil, word gereinig.” En dadelik is sy ernstige velsiekte gereinig.
4 En Jesus sê vir hom: “Kyk dat jy dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jouself vir die priester en bring as getuienis vir hulle die gawe wat Moses voorgeskryf het.”
Teks en konteks
8:1 Matteus vertel hierdie verhaal in die konteks van die Bergrede. Met sy verdere reis het groot skare Jesus gevolg.
8:2 ‘n Man met ‘n ernstige velsiekte het nadergekom, voor Hom neergeval en gevra dat Jesus – let op dat hy Jesus Here noem – hom sal reinig: “as U wil.”
Onthou dat hierdie ernstige velsiekte een van ‘n reeks siektes kon wees, en dat die man nie in die eerste plek vra vir genesing nie, maar vir die herstel van gemeenskap. Hy kon nie in die tempel kom om die Here saam met die gemeente te aanbid nie. Hy kon nie eers by sy huismense bly nie. Hy is uitgewerp tot op die rand van die samelewing, waar hy sonder die gemeenskap van ander mense, behalwe mense soos hy, moes sien en kom klaar. Hy het een van die onsigbares, die onaansienlikes, die onaanraakbares, die “untouchables” geword.
8:3 Dit is waarom die eerste ding wat Jesus doen, is om sy hand uit te steek en aan die man te vat. Vóórdat die man nog genees is, sluit Jesus hom dus met velsiekte en al in die gemeenskap met Hom in. En Jesus reinig hom van sy ernstige velsiekte.
8:4 Jesus verbied hom om met ander oor sy genesing te gesels, en eerder homself vir die priester te gaan wys en die (offer)gawe te bring soos Moses beveel het as ‘n getuienis aan hulle.
Betekenis en boodskap
Ons moet raaksien dat Jesus omgee en genees, dat Hy insluit en reinig. Hy wil hê dat ons dieselfde sal doen. Dit is ons roeping as kerk: om mense in te nooi en in ons kring te verwelkom. Om saam met hulle vir God se aanraking van genesing en reiniging te bid.
Dit gebeur natuurlik nie outomaties nie. Jan Johnson sê hieroor dat ons nodig het om ons doelbewus in te stel om mense te help, téén ons natuurlike grein in: “Since compassion doesn’t stream from most of us as naturally as it did from Jesus, we need regular spiritual practices to learn how to have compassion and show compassion.”
View all posts in this series
- Kom en volg Hom – ’n 23-week leesplan deur Matteus - August 27, 2026
- Inleiding - September 10, 2026
- Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17 - September 11, 2026
- ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25 - September 12, 2026
- Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12 - September 13, 2026
- Josef-hulle vlug van Betlehem na Egipte - September 14, 2026
- Herodes die Grote pleeg kindermoord - September 15, 2026
- Die Engel van die Here praat in ‘n droom met Josef om terug te keer na Israel - September 16, 2026
- Josef word gewaarsku in ‘n droom om nie in Judea nie, maar in Galilea in Nasaret te gaan woon - September 17, 2026
- Johannes die Doper preek in die woestyn van Judea en kondig die doop van bekering aan - September 18, 2026
- Johannes die Doper waarsku die Fariseërs en Sadduseërs om die vrug van bekering te dra - September 19, 2026
- Jesus word deur Johannes gedoop en met die Gees vervul by die Jordaan - September 20, 2026
- Jesus word deur die Satan versoek in die woestyn van Judea - September 21, 2026
- Jesus gaan woon in Kapernaum en preek in Galilea dat die koninkryk van God naby gekom het - September 22, 2026
- Jesus roep sy dissipels as vissers van mense langs die See van Galilea - September 23, 2026
- Jesus verkondig die evangelie van die koninkryk en groot skares uit Galilea, Sirië, Dekapolis, Jerusalem, Judea en oorkant die Jordaan volg Hom - September 24, 2026
- Geseënd is dié wat weet hoe nodig hulle God het om hulle karakter te vorm - September 25, 2026
- Julle is die sout vir die aarde - September 26, 2026
- Julle is die lig vir die wêreld - September 27, 2026
- Jesus verbreek nie die wet nie, maar vervul dit - September 28, 2026
- Maak vrede as iemand iets teen jou het: jy mag nie moord pleeg nie - September 29, 2026
- As jy kyk na ‘n vrou om haar te begeer, het jy reeds in jou hart egbreuk gepleeg - September 30, 2026
- Elkeen wat skei, behalwe oor ontrou, maak dat die ander een egbreuk pleeg - October 1, 2026
- Julle “ja” moet “ja” bly en julle “nee”, “nee” - October 2, 2026
- Moet jou nie teen ‘n slegte mens verset nie - October 3, 2026
- Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg - October 4, 2026
- Doen liefdadigheid in die geheim; die Vader sal jou beloon - October 5, 2026
- So moet julle dan bid - October 6, 2026
- So moet julle dan vas - October 7, 2026
- Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel - October 8, 2026
- Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie - October 9, 2026
- Julle kan nie God én Mammon dien nie - October 10, 2026
- Soek eers die koninkryk van God en wat Hy vereis, en al hierdie dinge sal vir julle gegee word - October 11, 2026
- Moenie skynheilig oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie - October 12, 2026
- Vra, dan sal vir julle gegee word - October 13, 2026
- Gaan in deur die nou poort - October 14, 2026
- Pas op vir die vals profete; hulle is wolwe in skaapsklere - October 15, 2026
- Die een wat die wil van my Vader doen, sal ingaan in die koninkryk van die hemele - October 16, 2026
- Die fondament van jou huis is stewig, as jy hierdie woorde van My hoor en dit doen - October 17, 2026
- Jesus genees ‘n man met ‘n ernstige velsiekte - October 18, 2026
- Jesus genees ‘n centurion se slaaf in Kapernaum - October 19, 2026
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar