Klaagliedere van Jeremia – boek
Ek dink, lees en bid baie oor die inperking weens die Covid-19 virus.
Daar is baie positiewe gevolge van die inperking. Al is dit die eerste keer in die geskiedenis dat gesonde mense ingeperk word, en nie siekes nie, het dit natuurlik aanvanklik die gewenste uitwerking. Die spoed waarteen mense geïnfekteer word, is stadiger. Families kan meer fokus op mekaar, en die waarde daarvan sal waarskynlik vir lank met ons wees.
Daar is egter ook baie negatiewe gevolge van die inperking. Gesonde mense word ingeperk. Sosiale verkeer word afgeskaf. Die ekonomie krimp teen ‘n enorme spoed in. Eensaamheid neem toe. Onsekerheid neem toe. Skuld hoop op. Werkloosheid neem toe. Besighede maak toe. Mense gaan nie vir noodsaaklike mediese ondersoeke nie. Ons kinders word noodsaaklike sosiale interaksie ontneem.
Nou, ek wil nie hiermee kritiek lewer nie. Dit is nog te naby aan ‘n mens se lyf. Maar, ek wil hoop preek in ‘n situasie wat ‘n groot invloed gaan hê vir nie net maande nie, maar waarskynlik jare. En daar is seker nie ‘n beter boek om te lees juis in só ‘n tydperk nie. Die Klaagliedere van Jeremia.
Hoor hoe kla hy oor die ballingskap wat aangebreek het in 586 vC met al die hooggeplaastes wat weggevoer is. En ‘n bedremmelde klompie mense wat saam met Jeremia in die land agter gebly het.
- “Ag, hoe verlate sit die stad wat vol mense was!” (Klg 1:1).
- “My kinders is verbyster” (Klg 1:16).
- “My jongvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.” (Klg 1:18).
- “My hart draai om in my binneste.” (Klg 1:20).
Wat maak ‘n mens in só ‘n situasie?
Wel, een ding het Jeremia geleer. Hy het ‘n nuwe lied geleer, ‘n lied wat wyd oor die wêreld gesing word:
“The steadfast love of the Lord never ceases. His mercies never come to an end. They are new every morning, new every morning. Great is Thy faithfulness, O Lord. Great is Thy faithfulness.” (Robert Davidson – Klg 3:21-25)
Laai die boek af op die webtuiste en gebruik die tyd van die inperking wys.
Om na te dink, maar ook ‘n nuwe lied aan te leer.
Tags: Klaagliedere
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik