Ek lees Johannes 16. Die volgende aspekte tref my:
Die hoofstuk val in vier dele uiteen:
In aansluiting by die vorige waarskuwing dat die wêreld hulle sal haat, moedig Jesus hulle aan om nie afvallig te raak weens vervolging nie – 16:1-4;
Jesus belowe dat die Heilige Gees sal kom wat die gelowiges in die volle waarheid sal lei – 16:5-15;
Jesus gebruik beeldspraak om sy opstanding na ’n “klein rukkie” te voorspel wat tot groot blydskap vir hulle sal lei asook vrymoedigheid in gebed – 16:16-24;
Jesus moedig hulle weereens aan om moed te hou, want Hy het die wêreld klaar oorwin en hulle sal die vrug daarvan geniet – 16:25-33.
16:1-4: Dit tref my hoe pertinent Jesus die dissipels waarsku om nie afvallig van Hom te raak nie. Om Jesus te volg, is nooit eenvoudig nie. Daarvoor sal daar altyd te veel teenstand wees teen die ware gelowiges wat aan Jesus getrou wil bly. En in die dissipels se geval sal die teenstand kom van die Joodse leiers (ban uit die sinagoges) en die Romeinse ryk (vervolging het amper 4 eeue voortgeduur).
Johannes praat ’n hele paar keer oor die Heilige Gees:
Johannes die Doper by Jesus se doop – 1:32–34;
Jesus in gesprek met Nikodemus – 3:6–34;
Jesus in sy toespraak op die laaste groot dag van die Huttefees – 7:38,39;
Jesus in die “klein Pinkster” van sy afskeidsgesprek met die dissipels – 20:22.
Sy gebruik van die term parakletos is egter ’n unieke beskrywing van die werk van die Heilige Gees (14:16, 26; 15:26; 16:7). Dit teken die Gees in die persoonlike rol wat Hy sal speel in die lewe van gelowiges. Die Heilige Gees is die “ander Trooster” (14:16), die Tweede Een naas Jesus, wat in ’n baie spesifieke sin die teenwoordigheid van Jesus by sy dissipels sal wees – as getuie, as voorspraak, as trooster en as helper ( Du Rand). Dit kom ooreen met die beeld wat Paulus in sy briewe gee van die Heilige Gees gee as getuie (Rom 8:16; Gal 4:6), voorspraak (Rom 8:26), trooster (Fil 2:1) en helper (1 Kor 12; Rom 12).
Dit is nie God wat te stadig is om te help nie, maar sondes wat Hom traag maak om te luister – 59:1-8.
Geweld en duisternis is sondige mense se voorland – 59:9-15.
Tog tree God steeds as Verlosser op en sorg dat sy Gees en woorde nie totaal verlore raak vir sy kinders nie – 59:16-21.
59:1-8: Hoe ontbloot vers 1 nie ons wanpersepsie van God nie! Dit is nie God wat te stadig is om te help nie. Dit is nie sy krag wat te kort skiet om te help nie. Dit is ons sonde wat ‘n skeiding bring tussen ons en God en wat maak dat Hy nie na ons wil luister nie. Chaos kom nie van God se onvermoë af nie, maar van ons gebrek aan verantwoordelikheid.
Ons verteer sulke uitsprake vandag maar moeilik. Dit val vreemd en swaar op die oor. Maar dit is ‘n beklemtoning wat regdeur die OT voorkom (Deut 31:17; Miga 3:4; – let op Ps 27:9 waar die Psalmis juis vra dat God Hom nie sal verberg weens oortredinge nie!). In die NT praat ook Jakobus daaroor – “Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. 3 As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig” (4:2c-3).
Maar as ‘n mens regtig nougeset na God se motivering van sy afsydigheid luister, dan kan Hy dit nie waag om maar net te gee wat ons vra nie, omdat dit ons sal laat dink dat dit maar reg is om onreg te pleeg, en leuens te vertel. God soek egter eerlikheid en betroubaarheid by dié wat Hom aanroep en van Hom om uitkoms vra.
Hy wil ook hê dat ons eie woorde lewe moet bring vir ander, soos Hy dit doen, en nie die lewe uit ander wurg met ons woorde nie. Dán sal Hy luister en gou wees om aan ons goeie goed te gee. Let op die grillerige beelde van slangeiers en spinnerakke wat as metafore vir sulke betekenislose leë woorde gebruik word.
59:9-15: Vir mense wat in rebellie teen God lewe, is geweld egter die enigste opsie om hulle behoeftes te bevredig en duik die reg in die hek; struikel mense helder oordag soos in die skemer, omdat hulle pad pikdonker bly en God se lig afwesig is.
59:16-21: Interessant hoe Jesaja vir God teken in vers 16, dat Hy verbaas is dat niemand tussenbeide tree nie; daarom tree Hyself op en laat Hy geregtigheid geld. Hy vergeld volgens verdienste en laat sy Naam en mag geëer word. Hy tree op as Verlosser met sy Gees wat teëstanders op loop jaag.
Watter wonderlike, hoewel ook ontnugterende, belofte in vers 21. God sorg dat sy Gees en woorde (vgl Jer 31:33; Rom 10:8) nie verlore raak vir die volk en hulle nageslag nie – ten spyte van hulle ongehoorsaamheid. “Nie nou nie en nooit nie”! Watter genade!
Ek onthou steeds baie helder die effek wat vers 16 op my gehad het in my standerd 5 jaar. My ma het by huisgodsdiens Romeine 8 gelees. Toe sy vers 16 lees: “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is,” het ek in trane uitgebars. Ek was diep geraak deur die feit dat God binne in ons die sekerheid bring dat ons sy kinders is en dat dit by uitstek die werk van die Heilige Gees is.
Baie jare later sou my ma my vertel dat sy daardie dag geweet het dat ek predikant sou word. Ek moes egter ’n lang pad loop voor die oortuiging aan die einde van my skoolloopbaan tot my gekom het.
Maar ek sal nooit die vertroosting van God se aanraking daardie aand vergeet nie.
En dit is uiteindelik die boodskap van Paulus in dié hoofstuk. Daar is net een manier om die Christelike lewe te leef, en dit is deur die Gees. Geen wonder Hy word 20 keer genoem in hierdie hoofstuk nie!
’n Oorwinnende Christelike lewe kan nooit deur die wet gebeur nie, daarvoor is ons sondige vlees te swak. Dit kan net wees deur ’n daaglikse oorgawe aan die beheer van die Gees waardeur ’n einde gemaak word aan ons sondige praktyke (8:13). ’n Mens kan selfs sê soos Paulus dat daar ’n nuwe wet is, die wet van die Heilige Gees (8:2).
Hiermee sluit Paulus aan by ’n hele paar OT profete wat reeds ’n paar 100 jaar tevore verkondig het dat ware verandering net deur God self kan kom. Jeremia het daaroor gepreek in Jer 31:31-34, Esegiël het dit aan die ballinge verkondig in Eseg 11:19-20, en Jesaja laat ook van hom hoor in Jes 65:17-25.
Let op hoe Paulus dit as ’n geestelike werklikheid skets (8:9), maar ook as ’n fisiese konkrete werklikheid: “sal ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon” (8:11). Net soos Jesus uit die dood opgewek is, sal die Gees ons ook uit die dood opwek.
Maar, en dit is baie belangrik, hierdie werk van God word nie ’n werklikheid vir ons sonder dat ons ons daarop toelê nie. Ons het ’n verpligting om deur die Gees ’n einde te maak aan ons sondige praktyke, iets waarop Paulus in hoofstuk 12 en verder aan weer sal terugkom.
Dit help baie om die volgende in gedagte te hou om sin te maak uit Paulus se gedagtegang in hoofstuk 7-8:
Let op dat Paulus in die eerste perikoop 7:1-6 van die gemeenskap van gelowiges praat in die meervoud (julle, ons). Hy kontrasteer hier die mens onder die wet met die mens onder beheer van die Gees wat ’n inleiding is op wat gaan volg.
In die tweede perikoop 7:7-25 praat hy van homself (outobiografies) in die enkelvoud as voorbeeld van ‘n mens onder die wet (ek).
In 8:1-3 gebruik hy ook aanvanklik die enkelvoud (jou) om te korrespondeer met 7:7-25 en te wys dat die wet van die Gees jou (hom) vrygemaak het van die wet van sonde en die dood. Hy is nou onder beheer van die Gees.
Daarna praat hy in 8:4-17 verder in die meervoud, waar hy van die effek van die heerskappy van die Gees op die gemeenskap van gelowiges (julle, ons) praat.
Die tweede perikoop 7:7-25 is dus ’n beskrywing van die ongelukkige posisie van iemand wat nog onder die wet lewe, dws voordat die verlossing in Christus en die heerskappy van die Gees ’n totale verandering bring. En hoofstuk 8 skryf oor die gelukkige posisie van iemand wat in Christus en onder die heerskappy van die Gees lewe.
Ek kies hier in 7:7-21 vir die meer outobiografiese standpunt – Paulus wat van sy lewenstryd teen die sonde praat – teenoor die ander twee breë standpunte wat dit sien as ’n beskrywing van 1) die onverloste mens en sy verslawing aan die sonde en 2) die reeds verloste mens en sy stryd teen die sonde is. Maar aldrie standpunte kan met reg gemotiveer word.
Sommige sê daarom dat die gedeelte eintlik die effek van die wet op mense beskryf, en dat dit van toepassing bly op elkeen wat nog verslaaf is aan die sonde, sowel as almal wat reeds die Here leer ken het, maar steeds volgens die wet probeer leef. Daarteenoor word die vryheid van die heerskappy van die Gees beskryf wat vir beide groepe ’n verlossing sal wees.
’n Paar ander opmerkings:
Paulus werk in die eerste perikoop met die beginsel van die wet van Moses wat gesag het oor ’n mens terwyl jy lewe.
Hy gebruik ’n voorbeeld uit die huwelikslewe – ’n vrou is gebonde aan haar man terwyl hy lewe. Met sy dood is sy vry om aan ’n ander te behoort.
Met sy toepassing van hierdie voorbeeld op ons verbintenis met Christus (6:3-4), draai hy egter die beeldspraak om, en beskryf ons (die vrou) as dood vir die wet (die man) en lewend vir God (Christus as die nuwe eggenoot). Dit is ’n gedagte wat Paulus al vroeër gebruik het in die brief aan die Korintiërs (2 Kor 11:2) en verder op sal uitbrei in sy brief aan die Efesiërs (5:25).
Dit plaas ons onder ’n verpligting om ’n vrugbare lewe in diens van God te voer.
Ons kan nou dien in die nuwe bedeling van die Gees waarop hy in hoofstuk 8 verder sal uitbrei.
In die tweede perikoop wil Paulus keer dat die wet as minderwaardig of selfs sondig gesien word. Die wet wys die sonde onomwonde uit. Anders sou ’n mens nie weet wat alles sonde sou wees en watter nie. Maar, in die nuwe bedeling word daardie funksie nou deur die Gees vervul.
Die skuld vir die oortredinge wat mense begaan lê in die “sonde-siekte”, nie in die wet nie. Die skrikwekkendheid van die sonde kom juis na vore dat ten spyte van die goeie aard van die wet, die wet weens die “sonde-siekte” eintlik sonde aanblaas. Die wil om die goeie te doen is nie genoeg nie. En die wet kan nie daarmee help nie. Iets meer is nodig. Jesus Christus moet ’n mens verlos, waarop hoofstuk 8 nou gaan uitbrei.
Wat my tref is dat dié gedeelte baie helder sê dat die Gees die wet vervang het as die agent van verandering. Die wet kon in elk geval nooit slaag nie, weens my sondige aard. Maar die Gees sal slaag omdat Hy die sonde binne my kom oorwin. Hy word dus die stem van God binne my, waar die wet altyd die stem van God buite my sou bly.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
Francois Du ToitonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar