Spreuke – Lees, luister, leef – ePub
Spreuke leer ons dat daar ’n regte pad is om op te loop en ’n verkeerde een. Deur tien lewenslesse en meer as vyfhonderd en sestig spreuke leer die boek ’n mens om hierdie wyse pad in die praktyk van die lewe te onderskei en daarvolgens te begin lewe. Dit leer jou ook om die dwase afdraaipaaie te vermy, opgesom as: easy money, easy sex en easy power.
Wysheid begin by die eerste beginsel van die geestelike lewe, die ontsag vir God. Dit word prakties geïllustreer in die voorbeeld van rolmodelle wat nagevolg moet word. Daarmee leer Spreuke jou die geheim van die lewe voor God ken en inspireer jou om deurleefde oortuigings in die lewe te ontdek en jou eie te maak. Met vele stories, beelde, waarhede en slim slagspreuke leer jy só om ‘n ekspert in die lewe te word. Wysheid word daardeur jou metgesel en laat jou met takt en oorleg in die teenwoordigheid van God self leef.
Hierdie is die tweede boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Onlangse kommentaar