Skip to main content

Tag: Levitikus

Levitikus 27 – Geloftes in buitengewone en tiendes in normale omstandighede

Levitikus 27 vul die Heiligheid Gedragskode aan met ‘n uitgebreide bydrae oor geloftes – Lev. 27:1-29 – en ‘n kort bydrae oor die gee van tiendes – Lev. 27:30-34 – wat hulle verpligtinge in buitengewone omstandighede (geloftes – voorwaardelik of onvoorwaardelik) sowel as in die normale gang van die lewe (tiendes) gereël het.  Daar was in baie gevalle die moontlikheid van ‘n los- of terugkoop van iets wat as ‘n gelofte of ‘n tiende belowe of gegee is.  Die hoofstuk word afgesluit met ‘n finale opmerking dat dit saam met al die vorige voorskrifte van die boek Levitikus die gebooie is wat die Here deur Moses by die Sinaiberg vir die Israeliete gegee het.

Continue reading

Levitikus 26 – Vier seëninge en vyf strawwe word aan hulle gehoorsaamheid in die land gekoppel

Hierdie hoofstuk begrond die seën en die straf vir Israel se gehoorsaamheid in die land wat God aan hulle gaan gee aan die Heiligheid Gedragskode in die eerste tafel van die wet – Lev. 26:1-2.  Die tweede gebod teen afgode sowel as die vierde gebod om die Sabbatdag te hou, word as negatiewe verbod en positiewe gebod uitgelig.  Daaraan word vier seëninge – Lev. 26:3-13 – en vyf strawwe – Lev. 26:14-39 – gekoppel wat sal volg op die volk se gehoorsaamheid al dan nie aan die heilige gedrag wat God van hulle vra.  ‘n Bevestiging van God se beloftes word ook gegee indien die volk tot belydenis van hulle skuld in berou voor die Here kom – Lev. 26:40-45.  Die hoofstuk word in vers 46 afgesluit met ‘n opsommende goedkeurende terugblik op die Heiligheid Gedragskode as die vaste voorskrifte, beslissings en onderrig wat die Here by die berg Sinai vir Moses gegee het om die verhouding tussen Hom en die Israeliete te reël.

Continue reading

Levitikus 25 – God se eienaarskap van die land word met die Sabbatsjaar en Jubeljaar gevier

Min hoofstukke in die Bybel het dieselfde impak as Levitikus 25 op ons begrip van God en sy verhouding met ons wêreld.  Hierdie hoofstuk beïnvloed ons gedagtes oor die kosmos en die ekologie, oor menswees en die ekonomie, oor skuld en besit.  Hierdie invloed word uitgeoefen deur een fundamentele teologiese beginsel: “want die land behoort aan My.” (Lev. 25:23).

Elkeen van die voorskrifte in hierdie hoofstuk het met God se eienaarskap van die land te make, trouens van die hele aarde, soos Hy reeds in Eksodus 19:5 verklaar het: “Die hele aarde behoort aan My.” Die woord hāʾāʹrěṣ wat hier vir “die land” gebruik word, het beide die betekenis van “die land” soos hier in Levitikus 25:23 as dié van “die aarde” soos in Eksodus 19:5.  Die konteks bepaal telkens watter betekenis voorrang moet geniet.

Israel is steeds by Sinai en sal binnekort vertrek na die Beloofde Land.  Hierdie voorskrifte was dus noodsaaklik om met die regte verwagting die land van Kanaän in ontvangs te neem.  Hulle sou daar woon net in afhanklikheid van die genade van God.  Israel sou nooit enige inherente bodem-en-bloed verhouding met die land kon hê nie.  Hulle sou altyd daar wees net vanweë God se guns, want: “Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My.

Continue reading

Levitikus 24 – Die gemeenskap van God en sy mense beïnvloed hulle hele lewe

Levitikus 24 gee voorskrifte vir die sorg vir die onderskeie lampe van die goue kandelaar – Lev. 24:1-4) – die twaalf offerbrode met die twee bakkies wierook wat elke Sabbatdag vervang moes word en vir die gebruik van die priesters was – Lev. 24:5-9 – en die onderskeie strawwe vir laster, moord, manslag, en die dood van diere.  Die straf vir laster word nie net uitgespel vir toekomstige gebruik nie, maar geïllustreer aan die hand van die konkrete voorbeeld van ‘n man wat die Godsnaam lasterlik gebruik het – Lev. 24:10-23.

Die eerste twee simbole stel die gemeenskap van God en sy mense voor.  Hierdie twee simbole word in die konteks gekoppel aan die onderskeie strawwe vir laster sowel as ‘n paar ander oortredings wat gestraf is met die lex talionis voorskrif: “‘n lewe vir ‘n lewe” die sogenaamde wet van vergelding..

Die gemeenskap van God en sy mense – met die simbole van die goue kandelaar en die twaalf offerbrode – beïnvloed hulle hele lewe.

Continue reading

Levitikus 23 – Vyf feeste om saam in die teenwoordigheid van die Here te vier

Waar Moses die vorige voorskrifte direk aan die adres van Aäron en die priesters gerig het, word hierdie laaste vyf hoofstukke van Levitikus 23 tot 27 gerig aan die hele geloofsgemeenskap van Israel.  Wat hy hier te sê het in opdrag van die Here geld vir hulle almal.  In hoofstuk 23 word begin met die gereelde viering van die Sabbatdag waarna die vyf hoof feeste van Israel aangekondig en beskryf word (vgl. Num. 28-29 wat meer detail hieroor bevat).

Die Sabbatdag word as ‘n rusdag beskryf – van sononder tot sononder – sowel as ‘n dag waarop ‘n gewyde byeenkoms vir die Here gehou moet word.  Dit moes gehou word ongeag waar die Israeliete sou woon.  Dit sou hulle unieke kenmerk as geloofsgemeenskap wees in al die gemeenskappe waar hulle sou woon.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders