Skip to main content

Tag: Rigters

Rigters 21 – Die gruwelike ontvoering

Die derde verhaal wat ons lees in hierdie sage, is dié van Israel wat terug by Bet-El tot die aand toe in die teenwoordigheid van God sit en huil. Hulle kon dit net nie klein kry dat só ‘n geweldige tragedie hulle tref dat een van die stamme van Israel nou uitgewis is nie.

Met hulle brandoffers en maaltydoffers die volgende môre doen hulle versoening vir hulle sondes en vier hulle gemeenskap in die teenwoordigheid van die Here. Let egter op dat hulle in die teenwoordigheid van die Here sit en huil, offers vir Hom bring, maar Hom nie vra om ‘n oplossing nie. Hoe hartseer.

En dan tref dit hulle dat hulle nou eintlik met ‘n probleem sit, want hulle het ‘n ondeurdagte eed afgelê in die hitte van die stryd by Mispa dat hulle nooit van hulle dogters met Benjaminiete sal laat trou nie. Wat nou van die 600 jongmanne by die Rimmonrots?

Hulle het egter ook by Mispa ‘n eed afgelê dat die lede van die volk wat nie vir die oorlog teen Benjamin sou opdaag nie, doodgemaak sou word. Dit sou vir hulle nou die misplaaste motivering gee om ‘n besluit te kan misbruik tot hulle voordeel.

Continue reading

Rigters 20 – Die gruwelike burgeroorlog

Die tweede verhaal wat ons in hierdie onverkwiklike sage lees, is dié van die hele Israel wat bymekaar kom om die oortreders te straf. Al die Israeliete van Dan (die stad in die noorde, nie die stam in die weste nie) tot by Berseba in die suide sowel as dié uit die Gileadstreek oorkant die Jordaan het in Mispa bymekaargekom, op die grens tussen Juda en Benjamin (dws ‘n ander Mispa as die plek waar Jefta opgetree het), ‘n plek wat Samuel later ook só sou gebruik (1 Sam. 7:2–12). ‘n Groot menigte.

Let op dat die aksie net teen die skuldiges gemik is. Die 11 stamme van Israel word tot ‘n mens se misnoeë egter teëgestaan deur die hele stam van Benjamin. Hulle wil die oortreders nie uitlewer nie. Die stam van Benjamin assosieer hulle met die oortreders, die: “seuns van Belial”. Hoe hulle dit oor hulle hart kon kry, gaan ‘n mens se verstand te bowe … maar as alles in jou eie oë reg is, dan maak dit seker sin.

Die voortspruitende burgeroorlog verloop egter teen die verwagting in in die Benjaminiete se guns, selfs al het Israel eers na Bet-El getrek, en daar in die teenwoordigheid van die Here bymekaar gekom en Hom geraadpleeg. Dit is dus vanaf hierdie heiligdom wat hulle optrek teen die Benjaminiete in Gibea.

Continue reading

Rigters 19 – Die gruwelike verkragting

Die verhaal van die Leviet en sy byvrou is op soveel vlakke ‘n gruwelike verhaal. Daar is niemand wat reg optree in dié verhaal nie.

  • Die byvrou was ontrou.
  • Al die mans van Gibea wou die Leviet sodomiseer.
  • Die ou man bied sy dogter vir hulle aan.
  • Die Leviet laat sy byvrou in die steek.
  • Die manne van Gibea verkrag uiteindelik die vrou tot sy dood is.

Net die ou man se gasvryheid het enige meriete, maar gegewe die uitkoms van die verhaal is dit ‘n skrale troos.

Die skrywer verklaar dit met sy stelling dat: “Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie ’n koning in Israel nie.” Hy sal die drie hoofstukke afsluit met dieselfde opmerking waaraan hy byvoeg: ““elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë” (Rigt 21:25).

Continue reading

Rigters 19-21 – Drie uitmergelende verhale

Een ding van die Bybel is dat dit beide die hoogtepunte van die geloofsgemeenskap as die laagtepunte daarvan vertel. Niks word met ‘n suiker lagie om vertel nie. Alles word ontbloot in die openbaring van God se pad met hierdie wêreld. Ook sy pad met die geloofsgemeenskap.

Hier in Rigters kry ons die uitnemende verhale van Otniël en Debora wat ‘n mens met verwondering en hoop vervul. Jy kry ook die uitdagende verhale van Gideon, Jefta en Simson wat soveel belofte toon, maar jou met gemengde gevoelens laat.

En dan is daar die uitmergelende verhale van Abimelek, Miga en die twee Leviete wat totale laagtepunte is, ‘n bespotting van alles wat heilig en goed is.

Waarom is dit so?

Omdat elke enkele verhaal in die Bybel vir ons as voorbeelde opgeteken is.

  1. Soms is dit om ons te leer om te hou binne die perke wat God vir ons gestel het (1 Kor 4:6).
  2. Soms is dit om ons te motiveer om geduld te beoefen as ons in lyding kom soos die profete en Job (Jak 5:10).
  3. Soms word die voorbeelde opgeteken: “dat ons ons nie soos hulle deur sondige begeertes moet laat dryf nie” (1 Kor 10:6).

Continue reading

Rigters 17-18 – Miga illustreer die waarheid dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek

Die volgende verhaal illustreer die waarheid van die gesegde dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek.

Miga doen wat reg is in sy eie oë en laat ‘n afgodsbeeld met gesteelde silwer giet en stel ‘n rondtrekkende Leviet aan as sy “vader” en “priester”. Daarvan lees ons in Rigters 17.

Dit lei egter nie net tot sy familie se afvalligheid van die suiwer aanbidding van die Here nie. Nee, die Daniete wat nog sukkel om hulle eie grondgebied in besit te neem, kom ook onder die invloed van hierdie Leviet en steel hom met gode en al om hulle grondgebied op die basis van ‘n verwarde afvallige grondslag in te neem.

Hierdie afvalligheid wreek hom op hulle, want binne ‘n paar dekades word hulle weggevoer in ballingskap waarskynlik deur die Filistynse verwoesting van Silo (1 Sam 4). Daarvan lees ons in Rigters 18.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda