Tag: Deuteronomium

Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Deuteronomium eindig met die verhaal van die 120 jarige Moses wat uit die Moabsvlakte opklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo.  Daar het hy uit die verte die hele beloofde land gesien, soos die Here dit vir hom gewys het: van Gilead in die noorde af tot by Dan, die hele Naftali, die gebied van Efraim en Manasse in die noord-weste en die hele Juda tot by die see in die weste, en verder tot by Soar naby die Dooie See in die suide.

Ons kry ‘n kort weergawe van die intieme gesprek tussen die Here en Moses waarin die belofte van die land sterk onderstreep word met verwysing na die voorvaders, maar dit ook duidelik is dat Moses nie daarheen sal deurtrek nie.

Moses het daar gesterwe terwyl sy oë nog goed was en sy krag nog nie ingegee het nie.  Hy het die eer gekry, soos dit vertaal kan word, dat hy deur God begrawe is: “Hy het vir Moses begrawe”!   Niemand weet egter tot vandag toe waar sy graf is nie.

In die NT het ons ‘n verwysing hierna waar van ‘n konflik tussen die aartsengel Migael en die duiwel oor die liggaam van Moses ontstaan het, waarskynlik oor die eerbaarheid van Moses se dood op die berg (Jud. 9).  Deuteronomium aanvaar dat dit eerbaar was, omdat dit die Here self is wat sy liggaam begrawe het.

Israel het vir dertig dae oor hom gerou, maar hulle het ook ‘n vaardige wyse leier gehad in Josua wat voor sou vat met die Intog die beloofde land in.  Hy was nie ‘n Moses nie – dié het God persoonlik geken! – maar ‘n man wat self God se guns sou wegdra, omdat hy nougeset die Here gedien het en al sy opdragte uitgevoer het.

Die Hebreërskrywer som die impak van Moses se lewe op deur die volgende oor hierdie geloofsheld te sê.  Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien:

Omdat die ouers van Moses geglo het, het hulle hom na sy geboorte drie maande lank weggesteek toe hulle sien dat hy ’n mooi kindjie is. Hulle was nie bang vir die bevel van die koning nie.  Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. Die smaad ter wille van die Christus het hy ’n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het.  Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.  Omdat hy geglo het, het hy die pasga ingestel en die bloed aan die deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes van Israel sou tref nie.  Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het.” (Hebr. 11:24-29).

Sela!

Deuteronomium 33 – Moses se finale seënbede

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Net voor Moses teen Neboberg sou opklim om te sterf, gee hy soos ‘n Jakob van ouds (Gen. 49-50) ‘n laaste seënbede.  Dit is ‘n baie positiewe en deernisvolle afskeid van die volk aan die einde van sy lewe.

Die indeling van die seënbede is duidelik uit die onderskeie stamme wat genoem word.  Aan die begin word op die Here self gefokus, die een wat sy “wet van vuur” vir hulle gegee het.  Daarna volg die seën vir die onderskeie stamme.

  • Drie van die eie kinders van Lea word eerste genoem: Ruben, Juda, en Levi.
  • Daarna kom die twee eie kinders van Ragel: Benjamin en Josef (Efraim en Manasse word in die seën ingesluit).
  • Daarna kom die laaste twee eie kinders van Lea: Sebulon en Issaskar.
  • Simeon, Lea se ander eie kind, word vreemd genoeg nie genoem nie. Miskien word hy, soos in Jakob se seënbede, met Levi gereken.
  • Daarna kom die kinders van Jakob by sy twee slavinne. Eerste word Gad genoem, die oudste van Silpa, slavin van Lea.
  • Daarna Dan en Naftali, die twee kinders van Bilha, die slavin van Ragel.
  • Laaste word Aser genoem, die tweede kind van Silpa, slavin van Lea.

Die seënbede word afgesluit met ‘n opsommende seën vir Jesurun (Israel), die “opregte”.

Continue reading

Deuteronomium 31:30-32:52 – Moses se loflied op die karakter van God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Deuteronomium 32 is ‘n loflied op die karakter van God in sy ewewigtige hantering van Israel ten spyte van hulle wispelturigheid.  Dit is egter ook ‘n getuienis téén die volk wat hulle waarsku om rekening te hou met die God wat in die geskiedenis en die natuur sy almag kan betoon (Deut. 32:1-44).

Die betekenis van die loflied word onderstreep deur Moses se woorde daarna dat dit nie ’n geringe saak is vir hulle nie: “dit is die lewe vir julle.” (Deut. 32:45-47).  Daarna beveel die Here vir Moses om op die Neboberg te klim waar hy sou sterf (Deut. 32:48-52).

Ek gee die vertaling van die loflied min of meer weer soos dit in die nuutste BDV verskyn, met enkele wysigings en ‘n eie indeling van die onderskeie verse in gedagte eenhede.  Uit my indeling sal my weergawe van die boodskap van die loflied ook blyk:

  1. Hemel en aarde is getuies van God se onderrig – Deut. 32:1-3
  2. God is betroubaar – die volk is dwaas en onverstandig – Deut. 32:4-7
  3. God is goed vir alle nasies, maar in die besonder vir sy volk – Deut. 32:8-14
  4. Israel het eiesinnig geword en God versaak – Deut. 32:15-18
  5. Die Here het dit gesien en hulle verstoot – Deut. 32:19-25
  6. Die Here wou hulle uitwis, maar het Hom bedink weens sy vyande – Deut. 32:26-35
  7. Die Here sal sy volk tot insig bring – Deut. 32:36-43

Lees daarom die onderstaande loflied aandagtig deur en probeer om drie goed vir jouself te merk in die gedeelte om oor na te dink:

  1. Wat sê die loflied oor God se karakter?
  2. Wat sê die loflied oor die volk se karakter?
  3. Wat sê die loflied oor God se optrede teenoor sy volk?

Continue reading

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: