Skip to main content

Tag: Deuteronomium

Deuteronomium 34 – Moses sterf as iemand wat die Here persoonlik geken het

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Deuteronomium eindig met die verhaal van die 120 jarige Moses wat uit die Moabsvlakte opklim na Neboberg toe, tot op die top van Pisgaberg regoor Jerigo.  Daar het hy uit die verte die hele beloofde land gesien, soos die Here dit vir hom gewys het: van Gilead in die noorde af tot by Dan, die hele Naftali, die gebied van Efraim en Manasse in die noord-weste en die hele Juda tot by die see in die weste, en verder tot by Soar naby die Dooie See in die suide.

Ons kry ‘n kort weergawe van die intieme gesprek tussen die Here en Moses waarin die belofte van die land sterk onderstreep word met verwysing na die voorvaders, maar dit ook duidelik is dat Moses nie daarheen sal deurtrek nie.

Moses het daar gesterwe terwyl sy oë nog goed was en sy krag nog nie ingegee het nie.  Hy het die eer gekry, soos dit vertaal kan word, dat hy deur God begrawe is: “Hy het vir Moses begrawe”!   Niemand weet egter tot vandag toe waar sy graf is nie.

In die NT het ons ‘n verwysing hierna waar van ‘n konflik tussen die aartsengel Migael en die duiwel oor die liggaam van Moses ontstaan het, waarskynlik oor die eerbaarheid van Moses se dood op die berg (Jud. 9).  Deuteronomium aanvaar dat dit eerbaar was, omdat dit die Here self is wat sy liggaam begrawe het.

Israel het vir dertig dae oor hom gerou, maar hulle het ook ‘n vaardige wyse leier gehad in Josua wat voor sou vat met die Intog die beloofde land in.  Hy was nie ‘n Moses nie – dié het God persoonlik geken! – maar ‘n man wat self God se guns sou wegdra, omdat hy nougeset die Here gedien het en al sy opdragte uitgevoer het.

Die Hebreërskrywer som die impak van Moses se lewe op deur die volgende oor hierdie geloofsheld te sê.  Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien:

Omdat die ouers van Moses geglo het, het hulle hom na sy geboorte drie maande lank weggesteek toe hulle sien dat hy ’n mooi kindjie is. Hulle was nie bang vir die bevel van die koning nie.  Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê. Die smaad ter wille van die Christus het hy ’n groter rykdom geag as die skatte van Egipte, omdat hy na die beloning uitgesien het.  Omdat hy geglo het, het hy Egipte verlaat sonder dat hy vir die woede van die koning bang was. Hy het volhard soos iemand wat die onsienlike God sien.  Omdat hy geglo het, het hy die pasga ingestel en die bloed aan die deurkosyne laat smeer sodat die engel van die dood nie die eersgeborenes van Israel sou tref nie.  Omdat die Israeliete geglo het, het hulle deur die Rooisee getrek soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars verdrink het toe hulle dit ook probeer doen het.” (Hebr. 11:24-29).

Sela!

Deuteronomium 33 – Moses se finale seënbede

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Net voor Moses teen Neboberg sou opklim om te sterf, gee hy soos ‘n Jakob van ouds (Gen. 49-50) ‘n laaste seënbede.  Dit is ‘n baie positiewe en deernisvolle afskeid van die volk aan die einde van sy lewe.

Die indeling van die seënbede is duidelik uit die onderskeie stamme wat genoem word.  Aan die begin word op die Here self gefokus, die een wat sy “wet van vuur” vir hulle gegee het.  Daarna volg die seën vir die onderskeie stamme.

  • Drie van die eie kinders van Lea word eerste genoem: Ruben, Juda, en Levi.
  • Daarna kom die twee eie kinders van Ragel: Benjamin en Josef (Efraim en Manasse word in die seën ingesluit).
  • Daarna kom die laaste twee eie kinders van Lea: Sebulon en Issaskar.
  • Simeon, Lea se ander eie kind, word vreemd genoeg nie genoem nie. Miskien word hy, soos in Jakob se seënbede, met Levi gereken.
  • Daarna kom die kinders van Jakob by sy twee slavinne. Eerste word Gad genoem, die oudste van Silpa, slavin van Lea.
  • Daarna Dan en Naftali, die twee kinders van Bilha, die slavin van Ragel.
  • Laaste word Aser genoem, die tweede kind van Silpa, slavin van Lea.

Die seënbede word afgesluit met ‘n opsommende seën vir Jesurun (Israel), die “opregte”.

Continue reading

Deuteronomium 31:30-32:52 – Moses se loflied op die karakter van God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Deuteronomium 32 is ‘n loflied op die karakter van God in sy ewewigtige hantering van Israel ten spyte van hulle wispelturigheid.  Dit is egter ook ‘n getuienis téén die volk wat hulle waarsku om rekening te hou met die God wat in die geskiedenis en die natuur sy almag kan betoon (Deut. 32:1-44).

Die betekenis van die loflied word onderstreep deur Moses se woorde daarna dat dit nie ’n geringe saak is vir hulle nie: “dit is die lewe vir julle.” (Deut. 32:45-47).  Daarna beveel die Here vir Moses om op die Neboberg te klim waar hy sou sterf (Deut. 32:48-52).

Ek gee die vertaling van die loflied min of meer weer soos dit in die nuutste BDV verskyn, met enkele wysigings en ‘n eie indeling van die onderskeie verse in gedagte eenhede.  Uit my indeling sal my weergawe van die boodskap van die loflied ook blyk:

  1. Hemel en aarde is getuies van God se onderrig – Deut. 32:1-3
  2. God is betroubaar – die volk is dwaas en onverstandig – Deut. 32:4-7
  3. God is goed vir alle nasies, maar in die besonder vir sy volk – Deut. 32:8-14
  4. Israel het eiesinnig geword en God versaak – Deut. 32:15-18
  5. Die Here het dit gesien en hulle verstoot – Deut. 32:19-25
  6. Die Here wou hulle uitwis, maar het Hom bedink weens sy vyande – Deut. 32:26-35
  7. Die Here sal sy volk tot insig bring – Deut. 32:36-43

Lees daarom die onderstaande loflied aandagtig deur en probeer om drie goed vir jouself te merk in die gedeelte om oor na te dink:

  1. Wat sê die loflied oor God se karakter?
  2. Wat sê die loflied oor die volk se karakter?
  3. Wat sê die loflied oor God se optrede teenoor sy volk?

Continue reading

Deuteronomium 31:1-29 – Josua word as leier aangewys en die wetboek afgesluit as gesaghebbende woord van God

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Die res van die boek word gewy aan drie finale boodskappe van Moses.  Die eerste fokus op die aanwys van Josua as die nuwe leier van die volk (Deut. 31:1-8; vgl. Deut. 34 vir die uitvoering daarvan) en die oorhandiging van die wetboek aan die volk as voortdurende lering van die volk by hulle feeste (Deut. 31:9-13).

Dan tree die Here self toe tot die proses en formaliseer direk die oorhandiging van die leierskap aan Josua by die Tabernakel met ‘n woord van bemoediging en versterking vir sy taak, tesame met die opdrag aan Moses om die loflied wat God vir hom gee, op te teken en vir die volk aan te leer (Deut. 31:14-23).  Moses sluit sy boodskap af met ‘n waarskuwende woord oor hulle waarskynlike ongehoorsaamheid, maar is helder daaroor dat hy die wet wat die Here vir hom gegee het: “tot die laaste woord toe” aan die volk voorgehou het (Deut. 31:24-29).

Die tweede en derde boodskappe van Moses fokus op die twee liedere van Moses, ‘n loflied en ‘n seënbede, wat ook opgeteken word afgewissel met ‘n paar laaste reëlings (Deut. 31:30-33:29).

Continue reading

Deuteronomium 30 – Kies die lewe en wat goed is, nie die dood en wat sleg is nie

https://truthinmotion.wordpress.com /2013/06/20/word50/

Moses voltooi sy derde preek in hoofstuk 30 deur die gevolge van hulle gehoorsaamheid al dan nie uit te spel in terme van die vloek en die seën (Deut. 30:1-10), en volg dit op met ‘n bemoedigende woord dat gehoorsaamheid moontlik is.  Dit is nie moeilik nie.  Dit is nie buite bereik nie, ‘n gedagte wat Paulus sal gebruik in sy begronding van geloof in die NT  (Deut. 30:11-14; vgl. Rom. 10:5-13).

Al wat hulle nou moet doen, is om te kies vir die lewe saam met God en Hom nougeset te gehoorsaam.  Die hemele en die aarde is getuies daarvan dat Moses niks teruggehou het van dít wat God wou hê dat Hy vir hulle moes deurgee nie, soos Jesus dit eeue later ook sou doen (Deut. 30:15-20; vgl. Joh. 15:15).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda