Skip to main content

Julle kan nie God én Mammon dien nie

Ons kom hierdie opmerking ook teë in Lukas 16:13 waar Lukas dit gebruik as deel van die gelykenis van die oneerlike bestuurder.

MATTEUS 6:24

24 “Niemand kan twee here dien nie, want hy sal óf die een haat en die ander liefhê, óf hy sal lojaal wees teenoor die een en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”

Teks en konteks

6:24 Jy kan nie twee base dien nie. Dit is die eenvoudige waarheid van die lewe. Jy sal óf vir God leef en Hom dien en op Hom vertrou, óf jy sal vir jou eie welvaart lewe en dít dien en daarop vertrou. Mammon staan vir geld en besittings in die sin van iets waarop jy jou vertroue plaas.

Boodskap en betekenis

Die probleem wat Jesus hier aanspreek, is nie geld as sodanig nie. Dit is die verdeelde lojaliteit wat kom as ‘n mens besittings najaag. Soos Paulus later skryf: “Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.” (1 Tim 5:11). Hy sal nog talle kere daaroor praat, omdat dit een van die belangrikste hindernisse in die pad van dissipelskap is (vgl. Matt. 8:18-22 oor dissipelskap; vgl. Matt. 19:16-26 – die verhaal van die ryk jongman).

Sorg dat die lig in jou nie duisternis is nie

MATTEUS 6:22-23

22 “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog dan gesond is, sal jou hele liggaam verlig wees,

23 maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou dan donkerte is, hoe groot is die donkerte nie.”

Continue reading

Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel

Ons sit die fokus op die lewe van geregtigheid in Matteus 6 voort. Die eerste 18 verse het op liefdadigheid, gebed en vas as sleutelkenmerke van die lewe met God gefokus. Van vers 19-34 fokus Jesus op die wyse waarop jou welvaart in gemeenskap met Hom hanteer moet word. Die fokus moet aan die een kant op God self wees, nie op jou besittings nie – vers 19-24. Aan die ander kant moet die fokus op sy koninkryk wees, nie op jou bekommernisse nie – vers 25-34.

Ons lees dit weereens in kleiner paragrawe om deeglik op die boodskap en betekenis daarvan te kan konsentreer.

Continue reading

So moet julle dan vas

MATTEUS 6:16-18

16 “Wanneer julle vas, moenie soos die skynheiliges met lang gesigte wees nie, want hulle vertrek hulle gesigte sodat mense kan sien hulle vas. Amen, Ek sê vir julle: Hulle het hulle beloning ontvang.

17 Maar wanneer jy vas, salf jou kop en was jou gesig

18 sodat die mense nie sien dat jy vas nie, maar jou Vader, wat jy nie kan sien nie; en jou Vader wat sien wat in die geheim is, sal jou beloon.”

Continue reading

So moet julle dan bid

MATTEUS 6:5-15

5 “En wanneer julle bid, moenie wees soos die skynheiliges nie, want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat hulle deur die mense gesien kan word. Amen, Ek sê vir julle: Hulle het hulle beloning ontvang.

6 Maar wanneer jy bid, gaan in jou kamer in en sluit jou deur en bid privaat tot jou Vader; en jou Vader wat dinge sien wat privaat is, sal jou beloon.

7 En wanneer julle bid, moenie baie woorde gebruik soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle oor hulle baie woorde verhoor sal word.

8 Moet dan nie soos hulle wees nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9 So moet julle dan bid:

Ons Vader in die hemel,

laat u Naam geheilig word.

10 Laat u koninkryk kom.

Laat u wil op die aarde geskied,

soos in die hemel.

11 Gee ons vandag die brood

wat ons nodig het.

12 En vergewe ons ons sondes,

soos ons ook dié vergewe het

wat teen ons sondig.

13 En laat ons nie in versoeking kom nie,

maar verlos ons van die bose. (‘n Aantal minder goeie manuskripte het ook nog want aan U behoort die koningskap en die krag en die heerlikheid vir altyd. Amen)

14 Want as julle mense hulle oortredings vergewe, sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe.

15 Maar as julle mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredings ook nie vergewe nie.”

Continue reading

Onlangse kommentaar