Skip to main content

Tag: Josua

Josua 24 – Die leiers en die volk word aan God self verbind in ‘n verbondshernuwing

Dit is duidelik dat dieselfde leiers as in Josua 23 in hierdie laaste toespraak van Josua teenwoordig is. Die hele volk word egter saam met hulle in ‘n verbondshernuwing seremonie ingetrek by Sigem, die grondgebied wat Josua in besit geneem het, en waar Jakob aanvanklik ‘n stuk grond gekoop het.

1. Aan die een kant is hierdie toespraak ‘n terugblik op die Israeliete se vorming as volk in vervulling van die beloftes van die Here. Daarom gaan haal Josua die verhaal by Tera, vader van Abraham, anderkant die Eufraat. Die Here se keuse van Abraham was nie net om vir hom ‘n land en ‘n nageslag te gee nie, maar hom ook uit afgodediens aan die enigste ware God te verbind.

Elke deel van dié pad word as stasies op die roete na Kanaän uitgelê: Abraham se blootstelling aan die land Kanaän; Isak as die kind van die belofte; Jakob en Esau wat begin beslag lê het op hulle onderskeie grondgebiede; die verlossing uit Egipte deur Moses en Aäron en God se bewaring deur die Rietsee en die woestyn. God is die Een wat help en verlos, soos ten minste Josua en Kaleb nog eerstehands ervaar het.

Continue reading

Josua 23 – Josua roep die leiers op tot gehoorsaamheid aan die Here

Josua sluit af met twee toesprake, albei aan die einde van sy lewe. Soos die aartsvaders Jakob en Josef, en soos die groot profeet Moses, só gee Josua sy finale woorde van bemoediging en aanmoediging.

Die een toespraak is gerig op die leiers en wy uit oor God se vervulling van sy beloftes aan hulle – Josua 23. Die ander toespraak is gerig op die hele volk en begelei hulle in die hernuwing van hulle verbond met God in Sigem, die plek waar Josua sy grondgebied gekry het – Josua 24.

Josua praat met die leiers, die hoofde, die regters, die ampsdraers, en herinner hulle aan die feit dat God vir hulle goed was deur ander nasies se land vir hulle te gee. Hy het vir hulle die oorlog gevoer om sy beloftes vir hulle in vervulling te laat gaan. Selfs oor die dele van die land, en oor dié nasies wat nog tussen hulle woon, sal die Here vir hulle oorwinning gee. Iets wat ons in Rigters verder van sal lees.

Continue reading

Josua 22 – Die volk vind hulle identiteit en eenheid in die wet van God

Met die verdeling van die land afgehandel, roep Josua die stamme van Ruben en Gad en die een helfte van die Manassestam bymekaar en laat hulle met sy seën terugkeer na hulle land oos van die Jordaan. Hulle was getrou in hulle ondersteuning van die ander stamme met die Intog en Vestiging. Josua kom dus nou sy belofte aan hulle na deur hulle na hulle vroeër-verowerde gebied te laat terugkeer.

Josua herinner hulle egter aan die allerbelangrike opdrag van Deuteronomium 6:5 wat Moses aan die Sjema gekoppel het: “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” Hulle moes sorg dat hulle die gebod en die wet wat Moses hulle opgelê het, getrou onderhou. Hulle moes onthou om: “aan Hom getrou te bly en Hom met julle hele hart en siel te dien.

Daarmee verbind Josua die hele volk aan die een boodskap wat van die begin af aan hulle gebring is. Die Here is hulle God. Hulle is sy volk. Hulle voortbestaan as een volk van God lê opgesluit in sy liefde vir hulle, en hulle vir Hom. Of dit nou binne die beloofde land is of daarbuite. Dit is onherroepbaar hulle identiteit, die basis vir hulle eenheid, om aan God gehoorsaam te wees, aan die wet wat Hy deur die bemiddeling van Moses vir hulle gegee het.

Continue reading

Josua 20-21 – Die asielstede en die stede van die Leviete

Die asielstede kom volgende aan die beurt.

Die Here het reeds hierdie voorsiening bó aan die lys geplaas van die genadige sorg wat daar vir mense moes wees waar hulle deur toevallige onbeplande moord die sesde gebod (jy mag nie doodslaan nie) oortree het (Eks 21).

Moses het aanvanklik ses stede uitgesit vir hierdie doel – drie wes en drie oos van die Jordaan – sodat daar ‘n regverdige beslissing in die geval van moord gevel kon word, sodat die familie van die oorledene nie onregverdige wraak sou neem nie (Num 35). Hy het in sy eerste preek oor die wet uitgebrei oor die drie stede oos van die Jordaan toe Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse die gebied vir hulleself toegeëien het (Deut 4) en in sy laaste afskeidspreek die praktyk daarvan met voorbeelde uitgespel (Deut 19).

Die Here beveel Josua nou om uitvoering aan dié reëling te gee sodat iemand wat hieraan skuldig is, na een van dié stede toe kan vlug. By die ingang van die stadspoort kan hy sy saak aan die leiers van die stad stel waarop hulle hom dan asiel kan verleen in die stad. Dit het ‘n woonplek ingesluit.

Continue reading

Josua 18-19 – Die sewe ander stamme kry ook hulle erfdeel

Josua bring die res van die stamme na Silo, die plek waar Samuel jare later sou optree. Dit is net noord-oos van Gilgal en net suid-wes van Sigem waar Josua finaal van die volk sal afskeid neem.

Die deurslaggewende “platvee”-veldtogte was gevoer. Die land wat onderwerp. Nou moes die sewe stamme ook hulle deel gaan “skoonmaak” sodat hulle dit as erfdeel in besit kan neem.

Josua kry vir die eerste keer kaartmakers bymekaar om die res van die land te karteer sodat dit uitgedeel kan word. Hy kies drie uit elke stam, 21 altesaam, om die land deur te gaan sodat ‘n verantwoorde keuse gemaak kan word wie wat kry met die loting in die teenwoordigheid van die Here.

Juda (vierde seun van Lea en vierde seun van Jakob) sou hulle deel in die suide behou en Josef (eerste seun van Ragel en elfde van Jakob – Efraim en die halwe stam van Manasse) hulle s’n in die noorde.

Die dele word daarna deur Josua en die hoëpriester Eleasar, ondersteun deur die familiehoofde, uitgedeel volgens die loting aan die sewe stamme met die grense wat in detail opgeteken is. Let op hoe belangrik dit vir die skrywers is om te beklemtoon dat die verdeling van die land afgehandel is deur die loting in Silo in die teenwoordigheid van die Here, “by die ingang van die tent van ontmoeting”.

Continue reading

Onlangse kommentaar