Skip to main content

Tag: Daniël

Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe

Ons sluit vandag die leeswerk in Daniël af met die inhoud van die Boek van die Waarheid wat ’n sekere man vir Daniël gegee het. Dit beslaan 2 hoofstukke van intriges en stryd waarvan sommige aspekte maklik geïdentifiseer kan word en ander moeiliker. Dit is steeds 536 vC, al verwys die man eers terug na die eerste regeringsjaar van Darius, die koning wat bemoedig en beskerm is, waarskynlik om sy voorneme om die Godsvolk na hulle land toe terug te laat keer, uit te voer.

Omdat die gebeure waaroor Daniël hier berig ooreenkom met dié van hoofstuk 9, kan hoofstuk 11-12 as ’n verdere verduideliking gesien word van wat in die tydperk van die sewentig sewes gaan gebeur. Om dit makliker te maak om die draad van die storielyn te volg, kan ’n mens die inhoud soos volg opsom (op voetspoor van James Smith se Old Testament Survey Series: The Major Prophets):

  • Die afloop van die Persiese ryk – Daniël 11:2
  • Die opkoms van die Griekse ryk – Daniël 11:3-4
  • Die stryd tussen die Ptolemeërs en Seleukiede ryke – Daniël 11:5-20
  • Die opkoms van Antiochus – Daniël 11:21-24
  • Die Egiptiese veldtogte – Daniël 11:25-30a
  • Die vervolging van die Jode – Daniël 11:30b-35
  • Die arrogante koning – Daniël 11:36-39
  • Die einde van die koning – Daniël 11:40-45
  • Die groot verdrukking – Daniël 12:1
  • Die groot ontwaking – Daniël 12:2-4
  • Die vernietiging van die mag van die gewyde volk – Daniël 12:5-7
  • Die onderskeid tussen die goddeloses en verstandiges – Daniël 12:8-12

Continue reading

Daniël 10 – Die openbaring van die boek van waarheid in antwoord op Daniël se gebed

Die vierde en laaste visioen van Daniël kom in die derde regeringsjaar van koning Kores (Darius – Dan 9:1 – die LXX dui dit as Kores aan) van Persië, dws 536 vC. Onthou Kores het ook ‘n seun Darius gehad waarvan ons so pas in Esra gelees het wat eers 20 jaar na hom koning geraak het (522-486 vC).

Die eerste ballinge was al terug in Jerusalem as gevolg van die goedgunstigheid van Kores. Die altaar van die Here is al op dié stadium herbou en die fondamente van die tempel gelê op sy oorspronklike plek (Esra 1-3). Weens die konflik met die nie-Israelitiese inwoners van die omgewing is die verdere bouery egter vir twee dekades in die wiele gery (Esra 4). Dit is in dié tyd wat Daniël se visioen gebeur.

Terloops: bouwerk aan die tempel is uiteindelik voortgesit weens die optrede van die profete Haggai en Sagaria wat vir Serubbabel en die volk moed ingepraat het (Esra 5). Die bouwerk kon daarom weer begin in die 2de regeringsjaar van koning Darius van Persië, twintig jaar nadat hulle teruggekeer het, in 520 vC. Die tempel is 4 jaar later voltooi (Esra 5:15) en met groot vreugde ingewy, waarna die Paasfees gevier is, in 516 vC.

Hierdie vierde visioen word daarom heel gepas as ’n openbaring (Hebreeuse woord dâbâr = woord word gebruik) beskryf van wat met die volk van God in die toekoms gaan gebeur.

Ons lees vandag Daniël 10 en môre Daniël 11-12.

Continue reading

Daniël 9 – Daniël bid om die vervulling van God se beloftes en ontvang die belofte van volle versoening

In dieselfde jaar (539 vC) wat Daniël die Here se sorg in die leeukuil ondervind het (Dan. 6), nader hy die Here in ’n gebed vir die vergifnis en herstel van die volk op grond van sy lees van die profesieë van Jeremia. Die Here antwoord sy gebed deur ‘n boodskap wat die engel Gabriël vir hom bring. Dit is ‘n boodskap wat nie net vir sy eie tyd bedoel is nie, maar ook die gordyn oor die toekoms ‘n entjie oopskuif.

Die hoofstuk beslaan drie dele – 1) die bewuswording van God se belofte in die Bybel, 2) die ernstige gebed om vervulling daarvan en 3) die antwoord van die Here deur bemiddeling van die engel Gabriël.

Continue reading

Daniël 8 – ’n Nader beskrywing van die koninkryk van die Mediërs-Perse en veral die Grieke

Daniël kry die tweede groot visioen in Belsasar se derde regeringsjaar, naamlik 553 vC. Hy is waarskynlik wakker terwyl hy dit sien en nie in ’n droom staat nie, hoewel hy vir ’n kort tydjie wel bewusteloos was weens die impak van die openbaring. Die boek word hiervandaan verder in Hebreeus geskryf, waarskynlik omdat die inhoud meer van toepassing was op die Joodse geloofsgemeenskap.

Continue reading

Daniël 7 – God gee die heerskappy aan een “soos ‘n seun van die mens”

Die verhale van Daniël in hoofstuk 1-4 dateer uit die tyd net na die eerste wegvoering in ballingskap in 605 vC. Die verhale en visioene in die res van Daniël dateer uit die tydvak 555-536 vC.

Vir die kronologiese lees van Daniël moet ons in ag neem dat die verhaal in hoofstuk 5 en die visioene in hoofstuk 7 en 8 uit die tyd van Belsasar dateer. Hoofstuk 7 dateer uit sy eerste regeringsjaar, 555 vC, hoofstuk 8 uit sy derde regeringsjaar, 553 vC, en hoofstuk 5 aan die einde van sy regering, in 539 vC.

Die verhaal in hoofstuk 6 en die visioen in hoofstuk 9 dateer weer uit die eerste regeringsjaar van koning Darius in 539 vC (moontlik dieselfde koning as Kores – vgl Dan 6:28; 10:1; 11:1 – hoewel hy andersins onbekend is) wat Belsasar doodgemaak het en die tyd van die Mede en Perse ingelui het.

Die laaste visioen in hoofstuk 10-12 dateer uit Darius se derde regeringsjaar, 536 vC.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda