Daniël 11-12 – God hou wag oor sy kinders deur die verdrukking tot aan die einde toe
Ons sluit vandag die leeswerk in Daniël af met die inhoud van die Boek van die Waarheid wat ’n sekere man vir Daniël gegee het. Dit beslaan 2 hoofstukke van intriges en stryd waarvan sommige aspekte maklik geïdentifiseer kan word en ander moeiliker. Die datering van die verkondiging is steeds in die 1ste regeringsjaar van Darius, die koning wat bemoedig en beskerm is, waarskynlik om sy voorneme om die Gods volk na hulle land toe terug te laat keer, uit te voer.