Ek het ’n navraag gekry oor Efesiërs 5:1-5 en die wyse waarop Paulus oor “onsedelikheid” skryf. Ek het dit kortliks op Bybelskool geantwoord. Ek het egter toe ’n bietjie verder gaan dink hieroor, veral in die lig van die onlangse Barna verslag wat ek gelees het oor die Amerikaanse samelewing wat nie meer met absolute morele kodes werk nie.
Ek dink Paulus help ons in sy brief aan die Efesiërs om dié uitdaging die hoof te bied. Ek gee daarom dié paar opmerkings as stof vir julle eie nadenke hieroor:
Paulus kontrasteer in Efesiërs 5:1-5 selfopofferende liefde met selfbevredigende liefde.
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ’n gierigaard is—want gierigheid is afgodery—het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.“
Dit is duidelik dat die rigting van dié twee liefdes heeltemal teenoorgesteld is:
Selfopofferende liefde is geskoei op die liefde van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis opgeoffer het. Dit het geen seksuele konnotasie nie.
Selfbevredigende liefde daarenteen is geskoei op die liefde vir jouself en die bevrediging van jou eie behoeftes. Dit het veral met seksuele begeertes te make.
Dit maak vir my sin om die gedeelte as vier gedigte te hanteer. Die eerste drie werk telkens met ‘n inleidende vraag of beskrywing waarop die vrou en man onderskeidelik reageer. Die laaste gedig is ‘n gesprek tussen die man en die vrou:
Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.
Haar broers wonder oor haar volwassenheid[1] – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.
Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.
Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.
Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:
Die 1ste deel begin in 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
Die 2de deel begin in 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl 4:12-5:1) toe.
Na die vervulling van die seksuele liefde in die vorige hoofstuk, tref hierdie gedig ‘n mens ‘n bietjie met ‘n skok. Seks kan deur ‘n liefdesmaat as vanselfsprekend aanvaar word of ter wille van eiebevrediging gebruik word, en kan misverstand en verwydering bring. Seks kan ook deur ‘n liefdesmaat geweier word of weens verskillende behoeftes onvervuld bly, en dit kan eweneens misverstand en verwydering bring.
Maar, dit is juis die trefkrag van Hooglied, dat dit nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde besing nie, maar ook van die teleurstellings en verwyderings vertel, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.
En dit is die essensie van die wysheid, en waarom dié boek in die Bybel ingesluit is – dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. Liefhê is ‘n kuns wat nie net op ‘n onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook op ‘n emosionele volwasse ontwikkeling van die verhouding in terme van albei partye se behoeftes en begeertes.
Chris van WykonPsalm 13Daar is geen grens aan die sorg en voorsiening van die Here nie!
langjanonPsalm 13Ook oor die klein dingetjies - gisteroggend 7 Januarie 2026 gaan soek ek vergeefs by die mees waarskynlike winkels vir ‘n blik elektroniese kontakskoonmaker. En iets, my Stemmetjie, keer my om een in Game te gaan koop. Toe ek by die huis kom en iets anders op my rak gaan soek, sien ek daar staan die…
Chris van WykonPsalm 8Hi Chris, die program wat ek gebruik om die e-posse te stuur het probleme vandag. Sommige kry die bydraes. Ander nie. Dit is wel op die webtuiste beskikbaar. Hoop dit werk môre weer. Jammer.
Chris van ZylonPsalm 8Ekt nie die 2deJan "Bid die Psalms" per epos ontvang nie.
optimistica231f5e58aonPsalm 1Dankie baie vir die Psalms reeks. Kan sommer sien en voel dit gaan baie help en my geestelik opbou. Geniet 'n ware Christusfees en mag Jesus die Grootste geskenk wees vir jou en die gesin en almal wat hier lees. (St Nicholas het die boodskap aan kinders op 95 jarige ouderdom gegee.)
Chris van WykonLUKAS 2:8-20 – Die herders hoor die goeie nuus van die geboorte van Christus die HereHi, die jaartelling waarvolgens ons datums meet, is eers lank ná Jesus se geboorte vasgestel, so dit is 'n komplekse berekening wat met baie aannames werk. Jesus se broers en susters se verhale is nie opgeteken nie, behalwe 'n bietjie detail oor Judas en Jakobus, wat ook twee van die briewe in die N…
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Onlangse kommentaar