Ek het ’n navraag gekry oor Efesiërs 5:1-5 en die wyse waarop Paulus oor “onsedelikheid” skryf. Ek het dit kortliks op Bybelskool geantwoord. Ek het egter toe ’n bietjie verder gaan dink hieroor, veral in die lig van die onlangse Barna verslag wat ek gelees het oor die Amerikaanse samelewing wat nie meer met absolute morele kodes werk nie.
Ek dink Paulus help ons in sy brief aan die Efesiërs om dié uitdaging die hoof te bied. Ek gee daarom dié paar opmerkings as stof vir julle eie nadenke hieroor:
Paulus kontrasteer in Efesiërs 5:1-5 selfopofferende liefde met selfbevredigende liefde.
“Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle. Dit moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of ’n gierigaard is—want gierigheid is afgodery—het nie deel aan die koninkryk van Christus en van God nie.“
Dit is duidelik dat die rigting van dié twee liefdes heeltemal teenoorgesteld is:
Selfopofferende liefde is geskoei op die liefde van Jesus wat Homself vir ons aan die kruis opgeoffer het. Dit het geen seksuele konnotasie nie.
Selfbevredigende liefde daarenteen is geskoei op die liefde vir jouself en die bevrediging van jou eie behoeftes. Dit het veral met seksuele begeertes te make.
Dit maak vir my sin om die gedeelte as vier gedigte te hanteer. Die eerste drie werk telkens met ‘n inleidende vraag of beskrywing waarop die vrou en man onderskeidelik reageer. Die laaste gedig is ‘n gesprek tussen die man en die vrou:
Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.
Haar broers wonder oor haar volwassenheid[1] – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.
Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.
Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.
Vandag se leeswerk beslaan 2 dele – 5:9-16 en 6:1-3 – wat dieselfde patroon volg:
Die 1ste deel begin in 5:9 met ‘n vraag oor die man se andersheid al dan nie (om hulle te help om hom te vind – onthou dit is ‘n gedig, nie ‘n werklike verhaal nie!), waarop die vrou met ‘n wasf antwoord en die besondersheid van haar man beskryf, amper soos dié van ‘n goddelike standbeeld.
Die 2de deel begin in 6:1 met ‘n vraag oor sy afwesigheid en ‘n aanbod van hulp (in antwoord op haar versoek tot hulp in 5:8), waarop die vrou antwoord dat hulle verhouding herstel is, want hy is weer af na sy tuin (‘n metafoor vir haar – vgl 4:12-5:1) toe.
Na die vervulling van die seksuele liefde in die vorige hoofstuk, tref hierdie gedig ‘n mens ‘n bietjie met ‘n skok. Seks kan deur ‘n liefdesmaat as vanselfsprekend aanvaar word of ter wille van eiebevrediging gebruik word, en kan misverstand en verwydering bring. Seks kan ook deur ‘n liefdesmaat geweier word of weens verskillende behoeftes onvervuld bly, en dit kan eweneens misverstand en verwydering bring.
Maar, dit is juis die trefkrag van Hooglied, dat dit nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde besing nie, maar ook van die teleurstellings en verwyderings vertel, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.
En dit is die essensie van die wysheid, en waarom dié boek in die Bybel ingesluit is – dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. Liefhê is ‘n kuns wat nie net op ‘n onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook op ‘n emosionele volwasse ontwikkeling van die verhouding in terme van albei partye se behoeftes en begeertes.
Elmarie AlliesonEENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
Chris van WykonSpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
Retha RouxonSpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
Chris van WykonPsalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
Japie MartinonPsalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
Chris van WykonGenesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
Louis ScheunonGenesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
Chris van WykonInleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
Betsy BesteronInleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
Chris van WykonHosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
RenieronHosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
Elma BoschonLukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
Onlangse kommentaar