Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission
Esegiël sluit sy profesieë af met ‘n inspirerende visie op die stroom water wat van onder die heiligdom se drumpel deur die oospoort loop en lewe gee so ver as wat dit gaan tot in die Dooie See (47:1-12). Daarna fokus hy op die grense en verdeling van die land (47:13-48:29) sowel as op die stad waarvan die naam voortaan sal wees: “Die Here is daar.” (48:30-35). Al drie hierdie beskrywings skets die ideale situasie wat God vir sy mense in gedagte het. Oorvloedige lewe, gelyke kanse in sy teenwoordigheid.
Grafika met erkenning aan http://www.gutenberg.org
Waar die vorige vier hoofstukke (40-44) gefokus het op die tempel en die wyse waarop dit die hele lewe gaan struktureer, fokus die volgende vier hoofstukke op die land en die wyse waarop die geloofsgemeenskap nie net op ‘n regverdige wyse baat sal vind by die verdeling daarvan nie, maar veral ook sal deel in lewe wat God vir hulle in die hele grondgebied vanuit die tempel sal gee (45-48). Soos Allen sê: “If chaps. 40–48 begin with theological architecture, they end with theological geography.” (Word).
Ná Esegiël die nuwe tempel beskryf het (hfst. 40-42) fokus hy vervolgens op die herstel van God se teenwoordigheid in die tempel (hfst. 43-44). In sy visioen gebeur dit in drie fases:
Die magtige teenwoordigheid van die Here beweeg weer terug deur die oospoort – 43:1-12.
Die altaar word gereinig vir diens aan die Here – 43:13-27.
Die verdere reëlings vir die heiligdom word gegee – 44:1-31.
Die mag van die Here neem van Esegiël besit en bring hom in ‘n gesig na die land Israel toe. Dit is eksegeties van belang dat dit nie na Jerusalem toe is nie, anders as wat dit in die NAV vertaal is. Die OAV vertaal vers 2 korrek soos dit in die grondteks lui: “In gesigte van God het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op ’n baie hoë berg, en daarop iets wat soos ’n stad gebou was, teen die suide.” Trouens die naam Jerusalem kom glad nie voor in hoofstukke 40-48 nie. Daar word net generies na “stad” verwys, hoewel ‘n mens agterkom uit hfst. 43:3 dat hierdie stad wel met Jerusalem verbind word.
Dit laat ‘n mens onmiddellik besef dat hier iets meer aan die gang is as dat die ou bedeling vóór die ballingskap net maar voortgesit sal word ná die ballingskap. Dit fokus ook die aandag daarop dat die nuwe tempel die simbool van God se teenwoordigheid gaan raak. God gaan die sentrum van alles word, ook van die stad.
Esegiël word dus in die visioen op ‘n hoë berg neergesit waarop daar aan die suidekant geboue is wat vir hom lyk asof dit ‘n stad se geboue is, maar met sy nader beweeg daarnatoe blyk die nuwe tempel te wees (vgl. Jes. 2:2 vir dieselfde visie in my bydrae: Jesaja 2 – geroep as ontmoetingsplek vir die nasies met God). Dit is ook van belang dat die tempel in die gesig klaar gebou is, en daar geen opdrag is dat hierdie tempel as sodanig herbou moet word nie.
By die ingang na die tempel sien Esegiël ‘n man wat gelyk het asof hy van brons is, d.w.s. ‘n bo-natuurlike wese. Hy het twee maatstokke gehad: ‘n linnetou, waarskynlik vir korter mates, hoewel dit lyk asof hy dit nooit gebruik nie, en ‘n meetstok vir langer mates, laasgenoemde drie meter lank (eintlik 3.15 meter lank).
Esegiël kry van dié man die opdrag om baie goed te kyk en fyn te luister, want hy moet hierdie boodskap aan Israel gaan oordra (40:4). Later sal dit nog helderder uitgespel word dat dié visioen bedoel is:
om Israel eerstens te laat skaam kry oor hulle oortredings, sodat hulle nie langer afgodery sal bedryf nie, en die konings sal toelaat om met hulle afskuwelike optrede die Naam van die Here oneer aan te doen nie (43:10);
dat tweedens die gewydheid van die plek en die wonder vanGod se teenwoordigheid daar, hulle lewe sal struktureer: “Jy moet dit voor hulle oë neerskryf, sodat hulle die hele uitleg van die tempel en al die voorskrifte wat vir hom geld, in ag kan neem, en daarvolgens kan optree.” (43:11). Alles moet om God draai en aan Hom gewy wees: “Dit, en niks minder nie, is die reëling in verband met die tempel.” (43:12).
Hierna word die tempel beskryf aan die hand van die man met die meetstok se begeleide toer daardeur.
Michael Buesking – Drawing Jerusalem – with permission
Esegiël se visie op ‘n herstelde volk (hfst. 37) wat na die land terugkeer (hfst. 39), word nou in die volgende nege hoofstukke opgevolg met ‘n visie op die toekomstige herstel van God se teenwoordigheid in die land (hfst. 40-48): “Daar sien ek toe die magtige verskyning van die God van Israel uit die ooste uit … Die magtige teenwoordigheid van die Here het deur die oospoort na die tempel toe beweeg.” (Eseg. 43:2,4).
Dáár, sê Esegiël, sal die volk weer die vreugde van eenheid met God beleef, sowel as eenheid as volk, soos hy reeds uitgedruk het met die simboliese eenwording van die twee stukke hout, Juda en Josef (Eseg. 37).
Die jaar van hierdie profesieë word as 573 v.C. aangegee, twintig jaar ná Esegiël met sy bediening begin het. Die tiende dag van hierdie nuwejaar kan óf Dinsdag 28 April (op grond van die berekening van die Israeliese Nuwejaar vóór die ballingskap) óf Donderdag 22 Oktober (op grond van die berekening van die Israeliese Nuwejaar ná die ballingskap) daardie jaar wees (40:1).
Esegiël beskryf hierdie visie in twee dele:
Die nuwe tempel – uitvoerig beskrywe in 40-44 – sal nou die sentrum van die volk wees, nadat hulle lewend gemaak is deur die Gees. Die boodskap word ook in twee dele geskryf: 1) die herstel van die tempel (hfst. 40-42) en 2) die herstel van God se teenwoordigheid in die tempel (hfst. 43-44).
Hulle sal op die koop toe ook die vreugde van die herstel van die land en stad belewe – 45-48. Die boodskap word ook in twee dele geskryf: 1) God herstel die land, regeerders, offers, feeste, en grondbesit (hfst. 45-46), en 2) God gee lewe vanuit die heiligdom vir die hele land (hfst. 47-48).
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
Loading Comments...
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar