Skip to main content

Tag: Eksodus

Oor getalle in die woestyn verhale

Halfsikkel uit die 2de eeu v.C.

Die getalle in die woestyn verhale bly ‘n raaisel.  Bybelskool lesers sal onthou dat ek in my bydraes oor Eksodus 12 die volgende geskryf het om die groot getalle weerbare mans te verklaar:

Die Hebreeuse woord ʾě·lěp̄  kan in die betekenis van “duisend” vertaal word, soos dit meesal in vers 37 vertaal word.  Die woord kan egter ook in die betekenis van “afdelings” van óf ‘n stam (1 Sam. 10:19) óf ‘n gebied (1 Sam. 23:23) gebruik word.  Indien ‘n mens die betekenis van “afdelings” hier sou kies, beteken dit dat die getal Israeliete wat die Trek meemaak dramaties verminder word.

Die dilemma is egter dat as jy hier in Eksodus 12 vir só ‘n betekenis kies, dan kom jy in ‘n probleem net ‘n entjie verder aan in Eksodus 38, soos Walter C Kaiser Jr in sy The Promise-Plan of God aantoon.

Continue reading

Eksodus 40 – Die teenwoordigheid van die Here vul die tabernakel

Die trio van die Trek, die Tora, en die Tabernakel word uiteindelik voltooi met die Here se teenwoordigheid wat die Tabernakel vul.  As die gee van die Tora op Sinai die onderbou verskaf het vir die lewenswyse en gedrag van die volk, het die volmaak van die Tabernakel met die teenwoordigheid van die Here die ruimte verskaf vir die aanbidding van die volk.  Etiek en liturgiek in volmaakte samehang, iets wat ‘n mens later in die Psalms gereflekteer sal sien (ek sal een of ander tyd iets daaroor publiseer na aanleiding van ‘n referaat wat ek by ‘n OT kongres gelewer het).

Daarmee skets die boek die volle prentjie van wat dit beteken om coram Deo, voor die Here, te lewe.  Jou hele lewe word ingesluit in die moreel-etiese tipe lewe wat die Tora voorskrywe, veral begrond in die Tien Gebooie van Eksodus 20.  Jou hele lewe vind ook sy betekenis in die tipe aanbidding wat moontlik is in die ruimte van die Tabernakel wat deur God se teenwoordigheid gevul word (later natuurlik in die Here Jesus Christus), onder andere begrond in die Twaalf Gebooie van Eksodus 34.

Continue reading

Eksodus 39 – Die tabernakel is gereed vir die teenwoordigheid van die Here

Die maak van die priesters se klere – Eks. 39:1-31              

Die instruksies vir die maak van die priesters se klere is in Eks. 28:1-43 gegee.  Jy kan in my bydrae oor Eksodus 28 meer daaroor lees.  Hulle klere het die boodskap van gesag en toewyding gedra. Daarom is dit uit dieselfde tipe kosbare materiaal gemaak wat voorgeskryf is vir die bou van die tabernakel.  Die priesters se hele lewe sou immers gestempel word deur die heiligheid wat aan God se woonplek op aarde verbind word.  Hulle gesag sou in God se roeping en in die toewyding aan sy instruksies vir die lewe lê.  Lees meer in Eksodus 28 oor die simboliek van die agt kledingstukke en toebehore waaruit dit bestaan het..  Om op te som: hulle het die Here self by die volk verteenwoordig.  “In sum, every article of the sacral vestments made the same point, each with its own specific accent: Yahweh is here, we are his, and we must both know this and show this.” (Durham, Exodus).

Continue reading

Eksodus 38 – Amper sewe ton goud, silwer en brons word gebruik

Die maak van die brandofferaltaar – Eks. 38:1-7 

Die instruksies vir die maak van die brandofferaltaar is in Eks. 27:1-8 gegee.  Uiteraard was die brandofferaltaar bedoel vir die offers van die volk binne die voorhof waar hulle onder begeleiding van die priesters en Leviete toegelaat is.  Dit het die betekenis gedra dat die volk gedurig deur geheilig moes word om die pad met God te kan stap.  Sonder versoening deur die offers sou hulle sondeskuld ‘n net te groot verwydering tussen hulle en God gebring het.  Die voortdurende offers sou die lewe met God moontlik maak.

Continue reading

Eksodus 37 – Besaleël neem die voortou met die maak van die heilige toebehore van die tabernakel

Dit is duidelik dat Besaleël die voortou geneem het met die meeste van die items wat in die volgende drie hoofstukke beskryf word.  Oholiab word net in hoofstuk 38 genoem, saam met ‘n opmerking oor die ander vakmanne.

Soos ek reeds gesê het, die oorhoofse doel van die Tabernakel is om ‘n heiligdom vir die Here op te rig dat Hy daar tussen sy mense kan woon.  Die Trek met sy Tora vind sy diepste betekenis in die teenwoordigheid van die Here in die Tabernakel.

Hoewel God dus verborge sou wees agter die tentdoek, sodat sy heiligheid nie soos ‘n vuur die onheiligheid van sy volk sal verteer nie, kon Hy met die nodige reinigingsrituele en offers te enige tyd geraadpleeg word.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda