Skip to main content

Tag: Prediker

Prediker – Lees, luister, leef – ePub

Ek het begin om van my Bybelskool materiaal in ePub formaat te verwerk. Die eerste eboek is my Bybelskool materiaal oor die boek Prediker. Ek publiseer dit by lulu.com wat ‘n mens toelaat om self te publiseer en hulle winkel  te gebruik om eboeke te verkoop. Die prys is in dollar, maar die koste word uiteraard in Rand via jou kredietkaart verhaal.

Ek beplan om dié week Spreuke in ePub formaat te begin voorberei, en daarna ook Johannes en Jesaja.

Ek wil graag weet of daar mense is wat die Bybelskool materiaal in gedrukte formaat sal verkies, of alternatiewelik in Pdf formaat, sodat gemeentes en kleingroepe dit vir hulle lede kan uitdruk. Indien daar genoeg belangstelling is, sal ek dit oorweeg om die boeke ook in Pdf en gedrukte formaat uit te gee.

Die materiaal by bybelskool.com sal DV gratis beskikbaar bly.

Indien jy belangstel om Prediker in ePub formaat aan te skaf, klik net op die Lulu-Buy now icon en dit sal jou na die regte area toe neem.

Buy this e-book on Lulu.

 

 

Ek het die ePub formaat gekies, omdat Amazon.com nog nie Afrikaanse eboeke in Mobi formaat vir Kindle publiseer nie.  ePub werk egter net so goed, en kan  onder andere deur die volgende toepassings gelees word:

Lekker lees, luister en leef!

Naskrif:

Gebruikers wat met ‘n Kindle leser ‘n ePub formaat wil lees, kan dit op verskeie maniere doen. Omdat daar nie DRM kopiereg ingebou is in die ePub formate wat ek beskikbaar stel nie, kan jy ‘n ePub dokument “convert” na enige ander formaat, onder andere die mobi formaat vir Kindle lesers.
Hier is twee “converters” wat jy kan gebruik:

  • Daar is ‘n uitstekende online diens wat letterlik ‘n dokument van enige formaat na ‘n ander kan “convert”.  Gaan na Online-convert.com en volg die instruksies.
  • Of installeer die sagteware van Calibre om ‘n epub boek na Kindle (mobi) formaat te verander. Laai dit af by Calibre-ebook.com. Vir meer inligting hoe om presies te werk te gaan, kan jy hier kyk na ‘n deeglike verduideliking: How-to-read-epub-books-on-your-kindle.  (Dankie Danie Mouton vir die inligting!)

Prediker 12:9-14 – Rigting en vastigheid kom van God as die één Herder

Die Prediker het klaar gepraat.  Die redakteur neem nou oor en gee twee afsluitende perspektiewe in vers 9-11, en 12-14.  Die eerste is sy opsomming van wat die Prediker gesê het.  Die tweede is waarskynlik sy eie onderrig, dié boodskap wat die redakteur aan sy nageslag wil aangee as die geheim van die lewe.

Wysheid gee rigting en vastigheid – 12:9-11

Na hy die uitmuntende werk van die Prediker beskryf het (“raak uitgedruk”, “getrou op te teken”), gebruik die redakteur twee metafore om die funksie van die wysheid te beskryf.

  1. Die woorde van die wyses is soos skerp stokke wat die beeste (ons) aanjaag in die regte rigting.  “The words of the wise prod us to live well,” soos Peterson dit vertaal.
  2. Die versamelde spreuke van die wyses – soos onder andere die Prediker en Spreuke – is soos spykers wat ingeslaan is om alles, gemeenskappe en hulle wêrelde, bymekaar te hou.  “They’re like nails hammered home, holding life together” (Peterson).

Continue reading

Prediker 11:7-12:8 – Leer met God leef in jou jong dae

Die Prediker verskuif sy aandag na die jeug van sy dag, interessant genoeg aan die einde van sy breë blik oor die sinvolheid van die lewe al dan nie.  Dit is soos ’n jeugdiens aan die einde van die erediens – onthou hy is die Prediker.  Dit is asof alles oploop hierheen!  Daarmee plaas hy, insiggewend genoeg, eintlik sy hoop op die jongmense om meer sin van die lewe te maak as wat hy en ander soos hy in hulle ouderdom daarin kon vind … as hulle dit net kan regkry om dankbaar (11:8), plesierig (11:9), ligvoets en kommervry te leef (11:10) en veral sorg dat hulle leer om in dit alles met God die lewe aan te durf (12:1).

Leef dankbaar

Hy speel met die metafoor van lig en donker om die jeug met die ouderdom te kontrasteer, om jongmense aan te moedig om die geleenthede wat die jeug bied aan te gryp met dankbaarheid, en niks daarvan nutteloos te laat verbygaan nie – 11:7-8.

Leef plesierig, ligvoets en kommervry

Die Prediker moedig jongmense aan om plesier te vind in hulle jong dae as sodanig, om te doen wat hulle goedvind (hart), en waarvan hulle hou (oë), nie wat die ou mense goedvind nie!.  Die enigste grens wat hulle moet stel vir hulle plesier is aan die een kant die goedkeuring van God self, en aan die ander kant dinge wat hulle swaarmoedig (hart) kan maak, of hulle liggame skade kan aandoen – 11:9-10.

Leef met God

Dit beteken vir die Prediker dat hulle eintlik hulle plesier in hulle verhouding met God self moet vind.  Daarom noem hy God Skepper, en nie Almagtig, of ‘n ander term vir God nie – 12:1. Hulle moet doelbewus God se bedoeling met hulle, dít waarvoor Hy hulle gemaak het, uitvind en daarin plesier en betekenis vind … voordat die ouderdom aanbreek, waarin dit nie meer moontlik sal wees nie.

Continue reading

Prediker 10:16-11:6 – Belê en bestee met oorleg

In die laaste deel van hoofstuk 10 kry ‘n mens ‘n paar wyshede oor instandhouding en selfbeheersing, waarvan sommige feite is in verband met jou huishouding, waaraan jy aandag kan en moet gee en die ander onveranderlikhede is in verband met regerings en die burokrasie, waarvan ‘n mens moet kennis neem, hoewel jy min daaraan kan doen.

In hoofstuk 11 sit die Prediker ‘n lewenswyse op die tafel wat met beide voorsorg en werksywer, belegging en besteding werk.  Dit is nogal vir my ‘n baie interessante perspektief, omdat die twee aspekte ‘n strewe na balans beskryf, wat nie in ‘n verheerliking van net voorsorg en belegging of net ywerigheid en besteding bestaan nie, maar juis in die gelyktydigheid daarvan.

Continue reading

Prediker 9:13-10:15 – Wysheid is broos en breekbaar

Die Prediker is ambivalent oor wysheid

Die Prediker ondersoek verder die waarde van wysheid in terme van die voordele wat dit bring.  Hy doen dit deur die voorbeeld-verhaal te vertel van ’n wyse man wat ’n stad teen ’n magtige koning gered het.  Maar omdat hy arm was, het niemand hom geëer en onthou nie.  Wysheid is dus wel beter as krag, maar dit verhoog nie noodwendig ’n arm persoon se status in die oë van dié rykes van hierdie lewe nie.

Die Prediker is dus baie ambivalent oor wysheid.  Dit is beter as brute krag (9:14).  Dit is beter as ‘n dwase geskree (9:17).  Dit is beter as wapens (9:18).  Maar, dit gee bv geen blywende status nie (9:16), word maklik geminag (9:16), en kan slegs deur een misstap bederf word (9:18).   Wysheid is dus van groot waarde, maar is broos en breekbaar, omdat dit baie keer getroef kan word deur dwaasheid en/of mag.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.