In die ontwikkeling van die idee van God in die OT, was alles aanvanklik gereken, as dat dit alles, goed en sleg, van God af kom. Daarom word hierdie volkstelling gewyt aan die aanhitsing van die Here. Dieselfde verhaal in 1 Kronieke 21, wat na die ballingskap geskryf is, word egter aan die Satan gewyt, waar ons die aanvang van ‘n onderskeid tussen die magte van die bose en die magte van God begin sien.
Die volkstelling as sodanig was nie verkeerd nie. God beveel dit immers self in Num 1. Dit gaan oor die rede daarvoor: Dawid “wou weet hoeveel hulle is,” wat óf tot hoogmoed kon lei, óf tot ‘n vertroue op hulle eie mag, ipv op die mag van God.
Interessant is dat Dawid self tot insig kom dat hy verkeerd was – sy gewete het hom begin pla. Die profeet Gad, wat ‘n noue band met Dawid gehad het, selfs nog voor sy koningskap (1 Sam 22 – let op hoe hy “die siener van Dawid” genoem word) spel eintlik net vir hom die keuse van ‘n straf uit. Dawid kies net teen opsie 2 – hy wil nie weer vlug vir iemand soos Saul of Absalom nie – maar laat die keuse tussen die hongersnood (vgl Josef in Egipte) en die pes (vgl die storie van die ark by die Filistyne) aan die Here oor.
Dit kan wees dat die pes dieselfde roete volg as Joab, van noord na suid, totdat die Here genade bewys aan die volk by die dorsvloer van Arauna, die plek waar Dawid nie net die altaar bou nie, maar waar die tempel uiteindelik gebou word deur Salomo (2 Kron 3:1).
Hoofstuk 22 kom amper woordeliks ooreen met Psalm 18, op ‘n paar uitsonderings na. Aan die einde van Dawid se lewe besing dit die wonder van God wat in die moeilikste situasies denkbaar, uitkoms gee en Dawid die oorwinning laat behaal. Beelde word gebruik wat resoneer met die uitdagende pad wat Dawid reg deur sy lewe geloop het. Let op hoe Dawid dit koppel aan sy onskuld en opregtheid. Dit was veral die geval in sy stryd met Saul. Hy ontken nie hiermee sy skuld met Batseba en Urija nie, en aanvaar dat hy daarvoor vergewe is (12:13).
Na hierdie Psalm word die laaste woorde van Dawid weergegee in hoofstuk 23, net soos dit met Moses die geval was (Deut 32-33). Waar die Psalm in hoofstuk 22 veral op die verlede gekonsentreer het, is hierdie laaste woorde veral gemik op die vestiging van sy koningskap vir altyd, dws die toekoms. Let op hoe koning Dawid hier ook as profeet geteken word. Omdat hy ook priesterlike funksies van tyd tot tyd verrig het, sien ‘n mens iets in hom van die drie-voudige amp van Christus: koning, priester en profeet.
Dawid se dapper manne word hier in ‘n uitgebreide lys vereer, geplaas in ‘n rangorde van dapperheid. Daar word meer as dertig name in die dertigtal genoem, heel moontlik omdat dit van tyd tot tyd in Dawid se termyn aangevul is.
Joab se geslaagde poging om Dawid uit sy treurmare oor Absalom te ruk om waardering vir die lojaliteit en ondersteuning van die manskappe te toon, boemerang aanvanklik op hom. Dawid stel vir Amasa, neef van Absalom, in die plek van Joab as hoof van sy leër aan om 1) sy misnoë met Joab se optrede te wys, en 2) só Absalom se volgelinge aan sy kant te kry. Joab maak egter korte mette met Amasa en konsolideer eenvoudig met mag en geweld sy houvas op die hele leër van Israel.
Dis insiggewend dat Dawid vanuit die noorde, uit die stad Maganajim, terugkeer na Jerusalem. Hoewel dit dieselfde plek is waar Is-Boset vroeër deur Israel koning gemaak is en vanwaar Dawid se koningskap uitgedaag is, word dit nou die basis vanwaar Dawid weer die troon bestyg. Omdat Absalom se opstand uit die suide geloods was, vanaf Hebron waar Dawid se koningskap amptelik begin het, doen Dawid moeite om die Judese leiers weer aan sy kant te kry. Hulle aanvaarding van hom lei wel aanvanklik tot konflik met Israel, met Seba wat voordeel daaruit probeer trek. Seba se opstand word egter deur Joab en ‘n wyse vrou van die stad Abel in die kiem gesmoor. (Joab het self tevore ‘n wyse vrou gebruik tot Absalom se voordeel.) Seba se woorde sou egter bly voorbestaan en met die skeuring van die ryk onder leiding van Rehabeam weer aangehaal word om hulle optrede te verwoord (1 Kon 12:16).
Let op hoe twee Benjaminiete, Saul se mense, in hierdie terugkeer na Jerusalem Dawid se guns probeer wen: Simeï en Mefiboset. Die politieke pendulum het weer teruggeswaai na Dawid met die ondersteuning van al die stamme van Israel, maar die onderliggende konflik sou bly voortbestaan tot Israel ná die regering van Salomo onherstelbaar in twee ryke sou skeur. Dit is hartseer dat die byvroue, wat op geen manier verkeerd opgetree het, moet boet vir wat Absalom aan hulle en Dawid gedoen het.
Die verhaal van Rispa (byvrou van Saul oor wie Is-Boset en Abner gestry het) en Merab (eers belowe aan Dawid, en toe aan iemand anders gegee) en hulle seuns word nie gedateer nie. Geleerdes meen dat dit vroeër gebeur het, waarskynlik voor Dawid se begenadiging van Mefiboset (2 Sam 9). Die hongersnood word gewyt aan die Here se ingrype weens Saul se moord op die Gibeoniete. Ironies dat Dawid die Here raadpleeg oor die rede vir die droogte, maar nie dieselfde doen om te hoor wat gedoen moet word om die oordeel af te wend nie. Hy vra die Gibeoniete wat om te doen, en op grusame wyse word dan op hulle aandrang ‘n vonnis op 7 seuns uit Saul se nageslag uitgevoer, nogal “voor die Here”, moontlik in navolging van die wetsvoorskrif: “‘n oog vir ‘n oog”. Rispa se aangrypende onverpoosde beskerming van die lyke word beloon met ‘n ordentlike begrafnis vir hulle sowel as vir Saul en Jonatan by die graf van Kis, die stamvader.
Die Filistynse oorloë wat hier vertel word, gaan eintlik om vier besondere Filistyne, almal reuse en uit die geslag van die Refaïete (Gen 14), wat deur Israel oorwin is. Die Goliat episode is in konflik met die bekende Dawid-Goliat verhaal. Dit kan wees dat hier Goliat se broer, Lagmi, bedoel word (1 Kron 20:5). Goliat word ook soms as ‘n titel van ‘n baasvegter geïnterpreteer.
Ansie LessingonNumeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
Chris van ZylonNumeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
Chris van WykonJeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
PetroonJeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
Chris van WykonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
Marizanne LouwonJesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
Chris van WykonLukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
Susanna EllisonLukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
Chris van WykonNumeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
JerimyonNumeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
Chris van WykonOpenbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
Chris van WykonLevitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…