Skip to main content

Tag: Hooglied

Hooglied – Lees, luister, leef – ePub

Hooglied se liefdesgedigte belig verskeie kante van die liefde, die passievolle plesier in mekaar se geselskap, die wedersydse geborgenheid by mekaar, en die genot van seksuele eenwording binne die veilige ruimte van die familie en die huwelik.  Hooglied besing nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde nie, maar vertel ook van die teleurstellings en verwyderings, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

Dit is die essensie van die wysheid van Hooglied, dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike, wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou. So leer ‘n mens dat liefhê ‘n kuns is wat nie net op onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook ‘n emosionele volwasse wording van die verhouding moet insluit.

Hierdie is die derde boek in die reeks Lees, Luister, Leef gemik op Bybelstudiegroepe, Bybelskole en persoonlike stiltetyd.
Support independent publishing: Buy this e-book on Lulu.

By Chris van Wyk

Hooglied 8:5-14 – Die liefde is wederkerig en interafhanklik

Indeling

Dit maak vir my sin om die gedeelte as vier gedigte te hanteer.  Die eerste drie werk telkens met ‘n inleidende vraag of beskrywing waarop die vrou en man onderskeidelik reageer.  Die laaste gedig is ‘n gesprek tussen die man en die vrou:
  • Die vroue vra na haar identiteit – die vrou antwoord met ‘n verklaring van haar liefde vir die man – 8:5-7.
  • Haar broers wonder oor haar volwassenheid[1] – die vrou gee hulle die versekering dat sy haar man kan gelukkig maak – 8:8-10.
  • Die man wonder oor die harem van Salomo – die man verbly hom egter in sy keuse vir een vrou wat syne alleen kan wees – 8:11-12.
  • Die man verlang na haar stem – die vrou verlang na sy teenwoordigheid – 8:13-14.

Continue reading

Hooglied 6:4-8:4 – Verwonderde verrukking en verbeeldingryke verwagting

Vandag se leeswerk beslaan ‘n hele paar gedigte.

  • Die eerste deel fokus op die man se verwonderde verrukking oor haar skoonheid en unieke betowering vir hom: 6:4-7:9.
  • Die tweede deel fokus op die vrou se verbeeldingryke verwagting wat haar die inisiatief in hulle verhouding laat neem: 7:10-8:4.

Die wonder van die liefde lê in die verwondering sowel as die verbeelding, in die verrukking sowel as die verwagting.

Continue reading

Onlangse kommentaar