Hebreërs 11 – Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag
Dit is só belangrik om hoofstuk 11 in konteks te lees.
- In die vorige hoofstuk het die skrywer die geloofsgemeenskap in Rome aangemoedig om met vrymoedigheid in God se teenwoordigheid te leef (10:19-22).
- Hy het hulle aangespoor tot liefde en goeie dade terwyl hulle met volharding God se wil soek en doen (10:23-25, 35-36).
Nou wil hy hulle in hoofstuk 11 verder inspireer deur ’n wye reeks van voorbeelde van geloofsvolharding, sodat hy dit as deel van sy appèl kan gebruik dat hulle die wedloop wat vir hulle voorlê met volharding kan hardloop (12:1-3). “Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar met lof aangaande die mense van ouds getuig is.” (11:2; vgl. ook vers 39).
Hy doen dit as volg:
- Inleiding oor geloofsvertroue – 11:1-3
- Geloofsvoorbeelde uit die oertyd – 11:4-7
- Geloofsvoorbeelde uit die aartsvadertyd – 11:8-23
- Geloofsvoorbeelde uit die Eksodus- en Intogtyd – 11:24-31
- Geloofsvoorbeelde uit die Rigters- en Koningstyd – 11:32-38
- Gevolgtrekking oor geloofsvolharding – 11:39-40
11:1-3 – Inleiding oor geloofsvertroue
Die definisie van geloof waarmee die skrywer begin, eintlik die enigste definisie van sy soort in die NT, is in die lig van hoofstuk 10 se boodskap nie ’n abstrakte teoretiese beskrywing van geloof nie. Dit beskryf heel konkreet die ingesteldheid, die aktiewe geloof en vertroue, waarmee hierdie wedloop wat vir die geloofsgemeenskap voorlê, gehardloop word. In ’n sekere sin is dié geloof ’n ander manier om die vrymoedigheid te beskryf waarmee hulle teenoor God en teenoor mense kan optree, soos in die vorige hoofstuk beskryf is.
Die skrywer gebruik die Griekse woord pistis altesaam 24 keer (ook 1 keer die werkwoord van dieselfde woord in vers 6) regdeur hoofstuk 11 in hierdie aktiewe betekenis, d.w.s. in die sin van geloof of vertroue (faith of faithfulness – 11:1, 3, 4, 5, 6, 7[2x], 8, 9, 11, 13, 17, 20, 21, 22, 23, 24, 27, 28, 29, 30, 33, 39).
Hy onderskei hierdie tipe geloof dus van geloof in terme van sy inhoud (belief), ’n betekenis wat hy wel in hfst. 12:2 sal inspan: “Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof” (let op die bepaalde lidwoord die), en ook op verskeie ander plekke in die NT gedoen word (vgl. bv. Gal. 2:16,20; 3:22 – “geloof in Christus Jesus” wat ook as “geloof van Christus Jesus” uitgelê kan word).
Vers 1 lui hierdie aktiewe betekenis van geloofsvertroue in wat in die res van die hoofstuk met die verdere geloofsverhale geïllustreer sal word: “Geloof is sekerheid van die dinge wat gehoop word; ’n bewys van dinge wat nie gesien word nie.” Let op hoe dié geloof vasgryp aan die toekomstige en onsigbare beloftes van God as ’n realiteit. Dit is sekerheid van die dinge wat gehoop word; dit is ’n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.
Dit beteken hierdie tipe geloof is die vertroue op God se beloftes as ’n werklikheid, iets wat in en deur geloof as vas en seker geag word. Hierdie geloof reken die beloftes van God as ’n realiteit, al lê die verwerkliking daarvan nog in die toekoms en al kan dit nie met die sintuie waargeneem word nie. Hierdie tipe geloof sê: God se beloftes is vas en seker. Dit is konkreet en werklik, al kan ons dit nog nie nou al sien nie.
Die rede hoekom ’n mens dít van God se beloftes kan glo, word dan deur die skrywer begrond in twee getuienisse uit die verlede: 1) die verhale van die geloofsgetuies (11:2) en 2) die skepping van die wêreld deur die woord van God – ex nihilo – uit niks uit nie (11:3). Dié verhale uit die verlede gee aan geloof sy toekomsgerigte karakter. Soos God Homself in die verlede bewys het in die geloofsgemeenskap sowel as in die skepping, só kan Hy vertrou word om ook in die toekoms op te tree en sy beloftes waar te maak.
11:4-7 – Geloofsvoorbeelde uit die oertyd
Dit is met dié tipe geloof, ’n geloof wat die toekoms tegemoetgaan op grond van God se woord gerugsteun deur sy beloftes, dat die geloofsgemeenskap moet lewe. Hoekom? Die skrywer is duidelik daaroor: “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag: Want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié beloon wat hom soek.” (11:6).
Hy gebruik drie verhale uit die oertyd as geloofsvoorbeelde: Abel (Gen. 4), Henog (Gen. 5) en Noag (Gen. 6-9).
Hoekom Abel ’n beter offer as Kain aan God gebring word, word nie uitgespel nie, behalwe die feit dat God oor sy gawes getuienis gelewer het deur Hom as regverdig te verklaar. Jesus het ook van Abel se vroomheid en onskuld gepraat, maar sonder om dit aan sy offer te verbind (Matt. 23:35). Die skrywer sal later ’n vergelyking tref tussen Abel en Jesus. Waar Abel se bloed om vergelding geroep het (Gen. 4:10), roep die bloed van Jesus egter om versoening vir elkeen wat daarmee besprinkel is (hfst. 12:24).
Die skrywer sluit aan by wat van Henog in die OT gesê word dat hy “naby God” geleef het (Gen. 5:22) en beskryf hom as iemand wat deur geloof “God behaag het”. Om die waarheid te sê, sê die skrywer, “deur geloof is Henog weggeneem, sodat hy nie die dood gesien het nie”. Hy was dus in terme van Hebreërs se uitleg van geloof in vers 1, só seker van God se beloftes dat hy die werklikheid in hierdie lewe kon belewe! Judas, die broer van Jesus, noem Henog ook ’n profeet wat oor die toekoms wat God bring, getuig het (Jud. 14).
Waar in Abel en Henog se geval hulle verhouding met God in die kollig was, getuig Noag se voorbeeld van die feit dat hy God se woord nie net gehoor het nie, maar daaraan gehoorsaam was: “oor dit wat nog glad nie gesien is nie”! Hy het daarom die ark gebou wat die redding van sy huis beteken het en “’n erfgenaam geword het van die regverdiging (of vryspraak) volgens geloof”. Die keersy daarvan was dat dit die wêreld van daardie tyd vir hulle gebrek aan geloof en vertroue op God veroordeel het.
11:8-23 – Geloofsvoorbeelde uit die aartsvadertyd
Hy vervolg met vyf verhale uit die aartsvadertyd: Abraham en Sara (Gen. 12-25), Isak (Gen. 21-27), Jakob (Gen. 25-49), en Josef (Gen. 37-50).
Dieselfde tema van geloofsgehoorsaamheid en -vertroue wat met Noag aan die orde gestel is, word nou in die verhale van hierdie aartsvaders en –moeders nagevolg.
Abraham se geloofsgehoorsaamheid toe hy geroep is om te trek na ’n plek wat hy as erflating sou ontvang, en sy verblyf as bywoner in dié land, word geprys. ’n Bietjie meer inligting word gegee oor sy motivering: “Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die argitek en boumeester is.” Daarmee word sy roeping verbind nie net aan die fisiese land waarheen hy getrek het nie, maar aan die toekomstige Jerusalem wat God as deel van sy koninkryk sal oprig. Dit gee waarskynlik ook meer detail oor die “sabbatsrus” wat vir die volk van God aan die einde van die tyd voorlê, soos die skrywer in hfst. 5:9 in die vooruitsig gestel het.
Sara se geloofsvertroue op God: “aangesien sy Hom wat dit belowe het, getrou geag het,” word geprys. Die gevolg daarvan was ’n nageslag “in getal so veel soos die sterre van die hemel en soos die ontelbare sandkorrels op die strand by die see”. Sy het deur geloof as’t ware lewe gegee aan Abraham “wat so te sê dood was”!
Die skrywer onderbreek sy vertelling om ’n gevolgtrekking te maak, gebore uit die feit dat elkeen van dié geloofsgetuies gesterf het, sonder dat hulle die volle werklikheid van die beloftes ontvang het. “Maar hulle het dit van ver afgesien en verwelkom, en bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op die aarde is.”
Die beloftes het dus ’n hunkering in hulle wakker gemaak na ’n beter bedeling, ’n hemelse een. Die land en nageslag van Israel kon nie vir Abraham of Sara volle genoegdoening gee nie. Net God en die stad wat Hy vir hulle voorberei, kon dit doen. Om daardie rede is God nie skaam om hulle God genoem te word nie en hulle in te nooi in die stad wat Hy vir hulle voorberei.
Die skrywer vervolg met die verhaal van Abraham waar hy bereid was om die beloofde nageslag, Isak, op te offer in sy gehoorsaamheid aan God se opdrag. Hoekom? “Omdat hy gereken het dat God die mag het om ook uit die dood op te wek”!
Abraham het daarom die wonder beleef dat God vir Isak as’t ware uit die dood uit vir hom teruggegee het, ’n ervaring wat die opstanding van Jesus Christus uit die dood uit voorafgeskadu het.
In drie verdere kort verse word Isak en Jakob se seën van hulle seuns met die oog op die toekoms aangeraak, sowel as Josef wat van die Eksodus onder leiding van Moses melding gemaak het, ’n goeie vierhonderd jaar daarvoor. Die toekomstige en onsigbare karakter van dié dinge waaraan geloof vasgryp, word dus onomwonde geïllustreer in hulle verhale. Hulle het die toekoms as werklikheid gereken.
11:24-31 – Geloofsvoorbeelde uit die Eksodus- en Intogtyd
Die skrywer kies vier verhale uit die Eksodus- en Intogtyd, die verhale van die ouers van die onvergelyklike leier Moses, uiteraard Moses self (Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium), die volk in Josua se tyd met die oorwinning oor Jerigo, en dan die ewe onvergelyklike vrou Ragab uit dieselfde verhaal (Josua 2 en 6). Interessant genoeg word Josua nie genoem nie.
Moses se ouers, Amram en Jogebed (Amram se tante volgens Eks. 6:19), albei uit die stam van Levi, deel van die Kehat-groep, het Moses in vertroue op God drie maande lank weggesteek, nie net omdat hulle gesien het dat hy mooi is nie – watter ouer sou dit nou nie gedink het van sy pasgebore kind nie – maar omdat “hulle nie vir die koning se bevel bang was nie”!
Moses het op sy beurt deur geloof in God die moeiliker pad gekies om hom eerder by die volk van God te skaar as by die Egiptenare, ’n moontlikheid wat vir hom beskore was as aangenome seun van die farao se dogter. Hy het eerder verkies “om saam met die volk van God sleg behandel te word as om die kortstondige genot van sonde te beleef”. Die skrywer lê dit verder retrospektief uit as die keuse vir die smaad van Christus eerder as die keuse vir die skatte van Egipte.
Daarom kon Moses Egipte: “verlaat sonder om bang te wees vir die woede van die koning, want hy het volhard soos een wat Hom, die Onsienlike, sien.” Hier is ’n mens op heilige grond, want die skrywer reken dat Moses in geloof aan Christus vasgegryp het, sonder dat hy Hom kon sien.
Hy brei verder uit op die instelling van die Pasga – waarop die nagmaal natuurlik geskoei is – as geloofsdaad waarvan die bloed aan die deurkosyne hulle eersgeborenes van die doodsengel beskerm het, sowel as op die trek deur die Rooisee.
Laastens noem hy die geloof van die volk sowel as geloof van die prostituut Ragab met die val van die mure van Jerigo in vertroue op God. Ragab het deur geloof nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, “omdat sy die spioene in vrede ontvang het” (vgl. ook Jak. 2:25). Sy trou natuurlik uiteindelik met Salmon by wie sy ’n seun Boas gehad het, wat met die Moabiet Rut getrou het uit wie Obed gebore is, die pa van Isaï, die pa van koning Dawid. Ragab, die oumagrootjie van Dawid se pa se geloof het haar dus ingeskryf in die geslagsregister van Jesus (Matt. 1:5). Dawid was haar agter-agter-kleinkind.
11:32-38 – Geloofsvoorbeelde uit die Rigters- en Koningstyd
Die skrywer was nou besig om deur die OT verhale te werk om nog illustrasies te gee van geloofsvertroue en gehoorsaamheid aan God. Hy besef egter dat die tyd hom gaan ontbreek om al die stories van die helde uit die Rigtertyd (Gideon, Barak, Simson, Jefta) en uit die Koningstyd (Dawid, Samuel en die profete) te vertel. Hy som dit daarom op deur te wys daarop dat dié ses geloofshelde eintlik net ’n illustrasie is van ’n hele aantal geloofshelde wat oorwinnings behaal het:
- “deur geloof koninkryke verower het”,
- “gedoen het wat reg is”,
- “beloftes verkry het”,
- “die bekke van leeus toegestop het”,
- “geweld van vuur geblus het”,
- “die skerpte van die swaard ontvlug het”,
- “krag ontvang het in swakheid”,
- “magtig geword het in oorlogvoering” en “slagordes van vreemdes afgeweer het”.
- Ook “vroue het hulle dooies deur opstanding terugontvang”.
Hier verwys hy natuurlik na meer mense as net die ses name wat hy aanhaal, onder andere twee verwysings na Daniël en sy drie vriende, Sadrag, Mesag en Abednego, sowel as een na die Sunemmitiese vrou in die tyd van Elisa wat haar seun uit die dood uit terugontvang het (2 Kon. 4).
Midde-in vers 35 verander die karakter van die geloofsverhale na dié verhale waarin die geloofshelde eintlik op die oog af die onderspit gedelf het:
- Sommige “is gemartel toe hulle nie die vrylating wou aanvaar nie, sodat hulle ’n beter opstanding kon verkry”.
- Nog ander “het die toets van bespotting en slae verduur, en boonop van boeie en gevangenskap”.
- Nog ander “is gestenig, middeldeur gesaag; deur teregstelling met die swaard het hulle gesterf”.
- Nog ander het “in skaapvelle geswerf, in bokvelle, behoeftig, verdruk, mishandel”.
Kortom: “die wêreld was hulle nie werd nie – terwyl hulle in verlate plekke en oor berge rondgeswerf het, en in grotte en in gate in die grond.”
11:39-40 – Gevolgtrekking oor geloofsvolharding
Die skrywer sluit hierdie illustrasies van geloofsvertroue af met die veelseggende stelling dat al dié helde oor wie se geloof daar met soveel lof getuig kan word, tog nie ooit die belofte van God – hier moet ’n mens veral dink aan die belofte van die ewige erfenis, die sabbatsrus van God – volledig in besit geneem het nie. Hoekom? “Sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.”
Boodskap
Die skrywer inspireer ons met die reeks van geloofshelde wat hulle lewens aan God toevertrou het, Hom gehoorsaam het en in geloof volhard het. Hy nooi ons uit om in geloofsvertroue ons eie pad met God te loop deur vas te gryp aan die toekomstige en onsigbare beloftes van God as ’n realiteit. Geloof is immers sekerheid van die dinge wat gehoop word; geloof is ’n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.
Hierdie tipe geloof sien God se beloftes as ’n werklikheid, iets wat in en deur geloof as vas en seker geag kan word, al lê die verwerkliking daarvan nog in die toekoms en al kan dit nie met die sintuie waargeneem word nie. Hierdie tipe geloof sê: God se beloftes is vas en seker. Dit is konkreet en werklik, al kan ons dit nog nie nou al sien nie.
Die tafel is nou gedek vir die oproep van hoofstuk 12 om die wedloop wat voor ons lê met volharding te hardloop, om ons fokus volledig te stel op die ewige erfenis, die sabbatsrus van God. Niks moet in ons pad kom om dié doelwit van ons lewens te bereik nie.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Elize Hartley
Ds Chris van Wyk, ek sê vir U baie dankie, vir al jou leesstukke, ek leer ongelooflik baie. Ek is tans die selleier, en daarom boer ek op wat jy vir my leer deur die Bybelskool, baie baie dankie daarvoor. Graag wil ek net by u hoor? Is daar ‘n vers in die Bybel wat gaan oor”
“Moet nie bang wees nie, Ek sal nooit dat jy ‘n gevreesde siekte kry nie” Ek het my bybel al hoe gelees, en ek kry nie daai bevestiging nie. Asb help
Chris van Wyk
Hi Elize, jy dink miskien aan Psalm 91:5-6: “Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie, vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!” Dit is ‘n baie belangrike teks oor God se beskerming. Lees wat ek daaroor geskrywe het. Ek vertel hoe die Psalm Corrie ten Boom se lewe beïnvloed het, en hoe Jesus die Psalm gebruik het. Dit is regtig kosbaar!
Johan Muller
My bekommernis le in Hebrees 11 verse 13 en 39. In albei gevalle praat die Bybel dat die mense nie die belofte ontvang het nie. iets wat wel belowe is. Kan ons dan enigsins op God se beloftes vertrou? Hierdie mense was totale Christene en ja, hulle kon die ewige lewe daar voor sien. Feit bly staan hulle het nie die belofte ontvang nie. Wat was die beloftes in vers 13 en 39? Hoe kan ons God vertrou as Hy nie Sy beloftes nakom nie? Dis immers beloftes – beloftes waarin ons glo en waaraan ons vashou. Wat as God sy ander beloftes aan ons onttrek?
Chris van Wyk
Hi Johan, ek hou baie van Herbert Lockyer se hantering van hierdie saak in sy boek All the Promises of the Bible. Hy skryf in deel VI oor The Security of the Promises soos volg:
The Epistle to the Hebrews is rich in its passages which make mention not only of the promises of old being fulfilled in Christ, but likewise fulfilled for us as we carry out the provisions laid down. “Lest . . . any of you should seem to come short of the promise” (4:1). Some of the blessings of God are bestowed irrespective of our choice or effort, such as life, intellect and the material elements. But others depend upon our effort, and the rest of soul is one for which we must strive – agonize – as the word means. A glance at other references confirms the necessity of diligence and endeavor, if certain promises are to become real in experience.
“Be not slothful, but followers of them who through faith and patience inherit the promises.” Hebrews 6:12
While God made promises to Abraham, it was only after patient endurance that he obtained or realized the promises (see Genesis 15:6). Although the promises are divine in origin, they are unavailing unless we receive them by faith. As we shall presently see, it is only as we believe the promises that we can inherit them. Then we certainly need patience ere some promises are fulfilled. George Mueller believed God would answer prayer for an unsaved friend, but had to wait forty years for God to grant his desire. We must not lose heart if God seems slow to fulfil a promise we daily claim. In patience, we must possess our souls, for God is never late.
The word “slothful” in the text means sluggish and is the same word used in the previous chapter, “Ye are dull of hearing” (v. 11). There it is applied to lack of interest in the apprehension of truth. Here, the word is related to Christian hope and life. If truth is not welcomed and inherited, there will be no spiritual vigor in Christian walk and witness. Dr. E. Schuyler English comments: “Diligence toward heavenly things will rout sluggardliness in earthly exercises, and in such a way we all need to be followers or, better, imitators of others who, through faith and patience, have inherited the promises of God.” Abraham was long tried but he was richly rewarded. Patient waiters are never disappointed because God’s promises cannot fail of their accomplishment.
“After he had patiently endured, he obtained the promise.” Hebrews 6:15
As we are discovering, Abraham is before us for special mention as the most illustrious example of those who “inherit the promises.” (See John 8:58.) The assurance given to Abraham was confirmed by an oath, and in the promise lay included the appearance of Christ. While the promises made to Abraham were essentially one, the various parts were progressively fulfilled (see Genesis 12:3; 15; 22:17). Abraham, however, having patiently waited, obtained the promise, or the promised gift. Ellicott remarks: “Though some portions of the promise received a partial accomplishment in Abraham’s life, it is not this that the writer has in view (Hebrews 6:12, 11:13). The promise made to Abraham was substantially and really that which embraced all Messianic hope (Hebrews 6:15):of this promise not Abraham’s son only, but all ‘they which are of faith’ (Galatians 3:7, 29), Abraham’s spiritual seed, are the heirs.”
Abraham, it is said, obtained the promise after much patient endurance. God tried him by delaying to fulfil His promise; Satan tried him by testing; men tried him by jealousy, distrust, and opposition; Hagar tried him by condemning her mistress; Sarah his wife, tried him by her peevishness; but Abraham patiently waited. As a man of great faith, “he did not question God’s veracity, nor limit His power, nor doubt his faithfulness, nor grieve His love; but bowed to divine sovereignty, submitted to divine wisdom, and was silent under delays, waiting the Lord’s time.” Do we imitate his example? How Abraham’s endurance condemns a hasty spirit, reproves a murmuring spirit, commends a patient spirit, and encourages quiet submission to God’s will and way.
“Blessed him that had the promises.” Hebrews 7:6
Melchisedec, the great and mysterious character, blessed Abraham, who was already the recipient of the promises of God (Genesis 12:2, 3, 7). “What greater blessing could any man have than such promises?” asks Dr. English. “Yet Melchisedec’s superiority demonstrated itself in that Abraham gave tithes to him, and received his blessing without rebuke. And beyond all contradiction ‘the less is blessed of the better’ – a truth so obvious as to require no comment whatever.” We have no right, of course, to seek the blessing of a promise unless we are willing to fulfil its conditions. How true it is that all who believe and claim the promises are richly blessed of the Lord! How gracious He is to make us the recipients of His promises so loaded with benefits!
“They which are called might receive the promise of eternal inheritance.” Hebrews 9:15
Christ’s death, as a ransom for sin, was also a sacrifice inaugurating the new covenant, containing the promise of the eternal inheritance. Some promises are not valid until death takes place, as in the case of a friend promising and willing another a legacy on death. Christ was promised as the Sin-Offering, and as the result of His death there is remission of sin and eternal life for all who believe.
“The heirs with him of the same promise.” Hebrews 11:9
By faith, Abraham sojourned in “a land of the promise.” He came into and dwelt in a land which the promise made his own (Genesis 12:7). As Vaughan expresses it, “Abraham made his home once for all, well aware that it was to be his home – expecting no change in this respect all his life long – in tents, moveable, shifting abodes – here today, there tomorrow – with, as did also in their turn, Isaac and Jacob, the heirs with him of the same promise.” All three were co-heirs of the same promise given by God to each of the patriarchs (Genesis 12:7; 13:15; 17:18; 26:3; 35:12). While the land was Abraham’s by promise, for a century he was only a stranger and pilgrim in it. When he died, all he owned of the land was a field in Machpelah. Yet he died in faith, not receiving the promises, but having seen them afar off (Hebrews 11:13). Believing God, Abraham knew that both the earthly possession and the heavenly estate would be realized. Abraham looked for the glorious city whose “Architect and Maker is God” (Revelation 21)
“These all, having obtained a good report through faith, received not the promise.” Hebrews 11:39.
Here the promise, anticipated by many but which none of them received, was the coming of the Messiah as the Saviour of the world. Prophets and kings (Luke 10:24; I Peter 1:10; Jude 14, 15) did not live to see God’s Anointed One. Yet accepting the hope of redemption and of resurrection, they died in faith and were accepted by God in virtue of Calvary. They looked forward to the Cross, just as we look back to it. The three passages which must be kept together are:
“Having patiently endured, Abraham obtained the promise.” Hebrews 6:15
“Ye have need of endurance, that having done the will of God ye may receive the promise.” Hebrews 10:36
“Having obtained a good report through faith, received not the promise.” Hebrews 11:39
To Old Testament saints the promised blessing of redemption was future – they obtained it, but not within the limits of this present life. They had it “on credit.” To all, saved by grace, “the promised blessing is present, revealed to us in its true nature, obtained for us once for all; for we know that eternal redemption has been won through Christ’s entering for us once for all into the heavenly sanctuary (Hebrews 9:12), and to us the perfection has come, in that through Him we draw near to God” (Hebrews 7:11, 19). Ere long, the Church Triumphant above and the Church Militant on earth will sing in unison –
Joy to the world! The Lord is come;
Let earth receive her King;
Let every heart prepare him room
And Heaven and nature sing.
There is one other passage we can consider along with the foregoing. Paul speaks of the promise being made of none effect (Romans 4:14). In his exposition of Justification, the apostle’s contention is that adherence to the Law nullifies God’s work of grace. The promise to bless all, through the righteousness of faith, is made of none effect by the work of the Law. What we must remember, however, even though we are under grace, is that many promises are conditional, and that failure on our part to comply with the condition abrogates these promises. The tragedy is that so many wonderful promises of God are rendered of none effect in experience because of sin, unbelief and disobedience.
This leads us to another thought in connection with the security or appropriation of the promises, namely, their immediate function and ultimate goal. The immediate purpose of acquired promises is the meeting of our varied needs. The ultimate design of the promises is the separation of our lives from anything unworthy of the Divine Promiser.
“Having these promises . . . let us cleanse ourselves.” II Corinthians 7:1
Any given promise should make us more pure. No specific promise, even though related to material needs should not be claimed apart from the sanctifying influence, the granting of the promise, is able to exercise in our life. The promise of “the blessed hope” of our Lord’s return results in holiness of life (I John 3:1-3).
Promises, to be effective both materially and spiritually, must be possessed by faith – proven by obedience – presented in prayer.
Lockyer, Herbert. All the Promises of the Bible . Zondervan. Kindle Edition.