Die Prediker het klaar gepraat. Die redakteur neem nou oor en gee twee afsluitende perspektiewe in vers 9-11, en 12-14. Die eerste is sy opsomming van wat die Prediker gesê het. Die tweede is waarskynlik sy eie onderrig, dié boodskap wat die redakteur aan sy nageslag wil aangee as die geheim van die lewe.
Wysheid gee rigting en vastigheid – 12:9-11
Na hy die uitmuntende werk van die Prediker beskryf het (“raak uitgedruk”, “getrou op te teken”), gebruik die redakteur twee metafore om die funksie van die wysheid te beskryf.
Die woorde van die wyses is soos skerp stokke wat die beeste (ons) aanjaag in die regte rigting. “The words of the wise prod us to live well,” soos Peterson dit vertaal.
Die versamelde spreuke van die wyses – soos onder andere die Prediker en Spreuke – is soos spykers wat ingeslaan is om alles, gemeenskappe en hulle wêrelde, bymekaar te hou. “They’re like nails hammered home, holding life together” (Peterson).
Die Prediker verskuif sy aandag na die jeug van sy dag, interessant genoeg aan die einde van sy breë blik oor die sinvolheid van die lewe al dan nie. Dit is soos ’n jeugdiens aan die einde van die erediens – onthou hy is die Prediker. Dit is asof alles oploop hierheen! Daarmee plaas hy, insiggewend genoeg, eintlik sy hoop op die jongmense om meer sin van die lewe te maak as wat hy en ander soos hy in hulle ouderdom daarin kon vind … as hulle dit net kan regkry om dankbaar (11:8), plesierig (11:9), ligvoets en kommervry te leef (11:10) en veral sorg dat hulle leer om in dit alles met God die lewe aan te durf (12:1).
Leef dankbaar
Hy speel met die metafoor van lig en donker om die jeug met die ouderdom te kontrasteer, om jongmense aan te moedig om die geleenthede wat die jeug bied aan te gryp met dankbaarheid, en niks daarvan nutteloos te laat verbygaan nie – 11:7-8.
Leef plesierig, ligvoets en kommervry
Die Prediker moedig jongmense aan om plesier te vind in hulle jong dae as sodanig, om te doen wat hulle goedvind (hart), en waarvan hulle hou (oë), nie wat die ou mense goedvind nie!. Die enigste grens wat hulle moet stel vir hulle plesier is aan die een kant die goedkeuring van God self, en aan die ander kant dinge wat hulle swaarmoedig (hart) kan maak, of hulle liggame skade kan aandoen – 11:9-10.
Leef met God
Dit beteken vir die Prediker dat hulle eintlik hulle plesier in hulle verhouding met God self moet vind. Daarom noem hy God Skepper, en nie Almagtig, of ‘n ander term vir God nie – 12:1. Hulle moet doelbewus God se bedoeling met hulle, dít waarvoor Hy hulle gemaak het, uitvind en daarin plesier en betekenis vind … voordat die ouderdom aanbreek, waarin dit nie meer moontlik sal wees nie.
In die laaste deel van hoofstuk 10 kry ‘n mens ‘n paar wyshede oor instandhouding en selfbeheersing, waarvan sommige feite is in verband met jou huishouding, waaraan jy aandag kan en moet gee en die ander onveranderlikhede is in verband met regerings en die burokrasie, waarvan ‘n mens moet kennis neem, hoewel jy min daaraan kan doen.
In hoofstuk 11 sit die Prediker ‘n lewenswyse op die tafel wat met beide voorsorg en werksywer, belegging en besteding werk. Dit is nogal vir my ‘n baie interessante perspektief, omdat die twee aspekte ‘n strewe na balans beskryf, wat nie in ‘n verheerliking van net voorsorg en belegging of net ywerigheid en besteding bestaan nie, maar juis in die gelyktydigheid daarvan.
Die Prediker ondersoek verder die waarde van wysheid in terme van die voordele wat dit bring. Hy doen dit deur die voorbeeld-verhaal te vertel van ’n wyse man wat ’n stad teen ’n magtige koning gered het. Maar omdat hy arm was, het niemand hom geëer en onthou nie. Wysheid is dus wel beter as krag, maar dit verhoog nie noodwendig ’n arm persoon se status in die oë van dié rykes van hierdie lewe nie.
Die Prediker is dus baie ambivalent oor wysheid. Dit is beter as brute krag (9:14). Dit is beter as ‘n dwase geskree (9:17). Dit is beter as wapens (9:18). Maar, dit gee bv geen blywende status nie (9:16), word maklik geminag (9:16), en kan slegs deur een misstap bederf word (9:18). Wysheid is dus van groot waarde, maar is broos en breekbaar, omdat dit baie keer getroef kan word deur dwaasheid en/of mag.
Ek het so lekker gewerk aan dié perikoop vir my preek in Somerstrand, dat ek dit vandag net so insluit, eerder as ‘n verkorte weergawe. Geniet!
Pasop vir selfvoldaanheid en oorgerustheid
Ons het van tyd tot tyd nodig om bestek op te neem van ons vermoë om dinge te laat gebeur. Ons kan só maklik dink dat ons prestasies aan ons eie talente en vermoëns te danke is, hetsy fisies (vinnigste, sterkste) of intellektueel (wyses, verstandiges, kennisvrate).
Die Prediker herinner ons dat dit nie die vinnigstes wat die reisies wen nie. Dit is asof ’n mens die verhaal van skilpad en hasie hoor in sy waarskuwing. Spoed is goed, maar uithouvermoë nog beter. Oor kort afstande kan spoed jou nog uithelp, maar as die afstand langer is, help spoed jou baie minder.
Dit is ook nie altyd die sterkstes wat die oorlog wen nie. Hoeveel maal is dit nie al in die geskiedenis bewys nie. Tegnologie, tegniek, toeval – is baie keer meer deurslaggewend in wié ’n oorlog wen. Dink aan die Trojaanse perd wat die mag van Troje verbreek het, en aan die Grieke die oorwinning gegee het. Die perd wat die simbool van Troje was, is op slinkse manier gebruik om ’n mag tot binne die stad te kry vanwaar hulle die oorhand oor die Trojane kon kry.
Dieselfde lot geld ons intellektuele kapasiteit. Dit is nie noodwendig die wyses of die verstandiges of die kennisvrate wat die beste daaraan toe is nie. Jou wysheid of verstand, jou kennis of vermoëns kan nie sorg dat tragedie of terreur jou nie tref nie. Natuurlik is dwaasheid en onkunde nog slegter vir ’n mens, maar bose dinge kan enigiemand tref op hierdie aarde.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar