Skip to main content

Tag: Timoteus

2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping

Vers 1-5

Paulus beweeg van die toewyding aan en toerusting van die woord na die verkondiging van die woord.  Dit is die een ding van sy bediening waarin Timoteus moet volhard, om te alle tye, en onder alle omstandighede aan die evangelie en aan sy roeping getrou te bly.  Eugene Peterson vertaal vers 1-2 so: “God is looking over your shoulder … He is about to break into the open with his rule, so proclaim the Message with intensity; keep on your watch.”  Inderdaad!

Continue reading

2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord

3:1-9 – Die laaste dae waarin Timoteus leef

Let op hoe Paulus hier van die laaste dae praat (1 Tim 4), maar dit uitspel in terme van dinge wat in sy eie tyd en dié van Timoteus gebeur.  Timoteus moet hom afskei van sulke mense, wat duidelik maak dat hulle in die laaste dae lewe, soos Lukas alreeds gesê het (Hand 2:16-17).  Om die waarheid te sê, dié tipe dinge is van die tyd van Moses al met ons, soos hy met die voorbeeld van die opstand van Jannes en Jambes verduidelik.  Die intensiteit en algemeenheid daarvan het net toegeneem.

Jannes en Jambres was volgens die Joodse tradisie twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om Moses en Aäron, teen te staan (Eks 7:10–12).  Nog ‘n Joodse tradisie verbind hulle ook met die twee amptenare wat met Bileam saamgewerk het (Num 22:22).

Continue reading

2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus

Die Christelike lewe sentreer om Christus Jesus, nie net in terme van ‘n eie persoonlike verhouding nie, maar ook in terme van ons bediening en publieke betrokkenheid.  Timoteus word dus daaraan herinner dat hy sterk moet wees in die gemeente en gemeenskap deur die genade wat Christus Jesus aan hom verleen (2:1 – vgl Ef 6:10).

Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie.  Die gemeente is immers die draers van die waarheid.

Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.

Continue reading

2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie

Let op hoe Paulus met die deur in die huis val en fokus op getrouheid aan die evangelie.  Die getrouheid hou in dat hy:

  1. bereid is om vir die evangelie te ly (vers 2 en 8 ) en
  2. hom aan sy roeping sal toewy in afhanklikheid van die Heilige Gees wat in hom woon (ves 13-14).

Continue reading

2 Timoteus

Hierdie brief is soos die laaste testament van Paulus waarin hy Timoteus oproep om lojaal aan Jesus Christus en sy evangelie te bly, sowel as aan Paulus.  Timoteus word hiermee die testateur wat Paulus se laaste wense moet uitvoer, en ook die erfgenaam van die roeping wat God vir Paulus gegee het, om die evangelie regdeur die wêreld te neem.  Paulus weet immers dat die tyd van sy dood voor die deur is (4:6,18), moontlik weens die verraad van Aleksander (4:14) wat vroeër uit die gemeente gesit is saam met Himeneus (1 Tim 1:19-20; 2 Tim 2:17).  Daarom is die brief anders as die ander gevangenskap briewe, waar Paulus verwag om weer vrygelaat te word (bv Fil 1:24; 2:23-24; Filemon 22).  Dié keer is hy oortuig is die einde naby.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.