Skip to main content

Tag: Timoteus

2 Timoteus 4:1-22 – Getrou aan jou roeping

Vers 1-5

Paulus beweeg van die toewyding aan en toerusting van die woord na die verkondiging van die woord.  Dit is die een ding van sy bediening waarin Timoteus moet volhard, om te alle tye, en onder alle omstandighede aan die evangelie en aan sy roeping getrou te bly.  Eugene Peterson vertaal vers 1-2 so: “God is looking over your shoulder … He is about to break into the open with his rule, so proclaim the Message with intensity; keep on your watch.”  Inderdaad!

Continue reading

2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord

3:1-9 – Die laaste dae waarin Timoteus leef

Let op hoe Paulus hier van die laaste dae praat (1 Tim 4), maar dit uitspel in terme van dinge wat in sy eie tyd en dié van Timoteus gebeur.  Timoteus moet hom afskei van sulke mense, wat duidelik maak dat hulle in die laaste dae lewe, soos Lukas alreeds gesê het (Hand 2:16-17).  Om die waarheid te sê, dié tipe dinge is van die tyd van Moses al met ons, soos hy met die voorbeeld van die opstand van Jannes en Jambes verduidelik.  Die intensiteit en algemeenheid daarvan het net toegeneem.

Jannes en Jambres was volgens die Joodse tradisie twee broers, albei towenaars, wat deur die farao ingeroep is om Moses en Aäron, teen te staan (Eks 7:10–12).  Nog ‘n Joodse tradisie verbind hulle ook met die twee amptenare wat met Bileam saamgewerk het (Num 22:22).

Continue reading

2 Timoteus 2:1-26 – Getrou aan Jesus Christus

Die Christelike lewe sentreer om Christus Jesus, nie net in terme van ‘n eie persoonlike verhouding nie, maar ook in terme van ons bediening en publieke betrokkenheid.  Timoteus word dus daaraan herinner dat hy sterk moet wees in die gemeente en gemeenskap deur die genade wat Christus Jesus aan hom verleen (2:1 – vgl Ef 6:10).

Daaruit vloei die opdragte wat Paulus aan hom gee voort, waarvan die eerste (2:2), die aanstel van betroubare leraars – nie net vir hom kan bystaan nie, maar ook kan sorg dat die waarheid van die evangelie nie in gedrang kom nie.  Die gemeente is immers die draers van die waarheid.

Let op hoe Paulus vir Timoteus motiveer in sy bediening met twee leidende metafore.

Continue reading

2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie

Let op hoe Paulus met die deur in die huis val en fokus op getrouheid aan die evangelie.  Die getrouheid hou in dat hy:

  1. bereid is om vir die evangelie te ly (vers 2 en 8 ) en
  2. hom aan sy roeping sal toewy in afhanklikheid van die Heilige Gees wat in hom woon (ves 13-14).

Continue reading

2 Timoteus

Hierdie brief is soos die laaste testament van Paulus waarin hy Timoteus oproep om lojaal aan Jesus Christus en sy evangelie te bly, sowel as aan Paulus.  Timoteus word hiermee die testateur wat Paulus se laaste wense moet uitvoer, en ook die erfgenaam van die roeping wat God vir Paulus gegee het, om die evangelie regdeur die wêreld te neem.  Paulus weet immers dat die tyd van sy dood voor die deur is (4:6,18), moontlik weens die verraad van Aleksander (4:14) wat vroeër uit die gemeente gesit is saam met Himeneus (1 Tim 1:19-20; 2 Tim 2:17).  Daarom is die brief anders as die ander gevangenskap briewe, waar Paulus verwag om weer vrygelaat te word (bv Fil 1:24; 2:23-24; Filemon 22).  Dié keer is hy oortuig is die einde naby.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.