Skip to main content

Tag: Hosea

Hosea 14:2-10 – Ek sal hulle afvalligheid genees, Ek sal hulle uit vrye wil liefhê

prayer-shawlHosea sluit met drie kragtige boodskappe af wat die boek nie net afsluit nie, maar ook die hoop vir die toekoms uitspel, vir Israel en vir alle geloofsgemeenskappe regdeur die eeue:

  • 14:2-4 – ‘n Oproep tot bekering
  • 14:5-9 – ‘n Belofte van genesing en seën
  • 14:10 – ‘n Uitdaging tot ‘n wyse lewe

14:2-4 – ‘n Oproep tot bekering

Let op dat die bekering die belofte van die Here ontsluit. Die Here nooi hulle uit om met woord en daad na Hom toe terug te keer, aan die een kant hulle sonde te erken en bely en van Hom vergifnis te vra, en aan die ander kant afstand te doen van politiese eiesinnigheid: “Assirië hou vir ons niks goeds in nie,” en godsdienstige afvalligheid: “Ons sal ook nie meer vir ons eie handewerk sê: ‘Ons god’ nie.” Dit bly die wyse waarop bekering werk, ‘n erkenning van God en ‘n wegdraai van alles wat die verhouding met Hom in gedrang bring. Net by God is daar ontferming en genesing beskikbaar.

Continue reading

Hosea 13:1-14:1 – Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn

prayer-shawlDie laaste twee hoofstukke van Hosea sluit sy boodskap van oordeel op die korttermyn (hfst. 13) en sy belofte van herstel op die langtermyn af (hfst. 14). Ons lees dit afsonderlik, maar onthou dat dit uiteindelik sáám die geheelboodskap van Hosea vorm.

Waar Hosea vroeër die volk se gebrekkige getrouheid vergelyk het met ‘n môrewolk of dou wat vroeg verdwyn (6:4), verkondig hy hier dat hulle wispelturigheid nou hulle oordeel word: “Daarom sal hulle word soos ‘n môrewolk, soos dou wat vroeg verdwyn.” Hulle word soos hulle kies om te wees. Hulle voortbestaan is daarom in gedrang, want deur die komende ballingskap sal hulle word: “soos kaf wat van die dorsvloer, soos rook wat uit ‘n gat weggewaai word.

Die hart van die aanklag teen hulle, is dat hulle die Here nie erken het vir wat Hy in hulle lewe sedert hulle Uittog uit Egipte vir hulle beteken het. Hulle het hulle lojaliteit geskuif na Baäl weens hulle voorspoed en hoogmoed. “Daarom het hulle My vergeet.

Continue reading

Hosea 12:1-15 – Die Here het ‘n regsaak teen sy volk

prayer-shawlInleiding

Ons kom by die derde en laaste hoofdeel van die boek van Hosea.

Onthou dat hoofstuk 1-3 die onverkwiklike verhouding tussen die Here en sy volk met ‘n huweliksmetafoor – simbolies geïllustreer met die huwelik van Hosea met Gomer – beskryf het as basis vir die res van Hosea se boodskap. Hoofstuk 4-11 het daarom hoofsaaklik onheilsprofesieë op die tafel gesit waarin die “regsaak” (4:1) wat die Here teen die volk het oor hulle ontrouheid aangevoer word. Tóg het Hy ook verskillende beloftes van herstel gegee onder andere gebaseer op sy deernisvolle liefde vir hulle (11:1-11).

Hoofstuk 12-14 herhaal nou in ‘n tweede rondte weer dié onheilsprofesieë van ‘n “regsaak” (12:3) van die Here teen die volk sowel as die beloftes van herstel van hulle afvalligheid as hulle hulle tot Hom sal bekeer (14:2-10).

Continue reading

Hosea 11:1-11 – My hart is diep ontroer in My, die deernis brand in My

prayer-shawlDis interessant dat die verhouding van God en Israel hier nie as ‘n huweliksverhouding geteken word nie, maar as dié tussen ‘n pa en sy seun. Daarmee word die moontlike seksuele konnotasies van die vrugbaarheidsgodsdienste vermy waarmee die huweliksmetafoor wat vroeër in die boek gebruik is, geasossieer kon word, sodat die kontras met die Baälgodsdiens helder hier getrek kan word.

In Eksodus 4:22 was die boodskap aan farao: “Israel is my oudste seun.” Dit was die aanleidende oorsaak vir die Uittog uit Egipte, soos Hosea hier verklaar: “Toe Israel ‘n kind was, het Ek hom al liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.” (BDV).

In die NT word dié vers met die kort verblyf van Jesus saam met sy ouers in Egipte verbind, toe die Here hulle opdrag gegee het om die toorn van Herodes te vermy deur ‘n tyd daar te gaan bly voordat hulle in Nasaret hulle gaan vestig het (Matt. 2:15).  Jesus word daarmee in kontras met die volk in die 8ste eeu geteken, want anders as hulle, het Jesus gedy in die verhouding met God en aan Hom gehoorsaam gebly tot die einde toe.

Continue reading

Hosea 9:10-10:15 – Hulle sal swerwers wees onder die nasies

prayer-shawlIn hierdie gedeelte stort die Here sy hart uit oor sy eie gedwarsboomde verwagting van sy volk Israel. Hy het in hulle die belofte van wederkerige liefde gesien, maar helaas. Hulle het nie na Hom geluister nie en hulle verhouding het op niks uitgeloop nie. Daarom trek die Here sy beskerming en sorg terug en sal hulle swerwers wees onder die nasies.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.