Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

In al ons gebede dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus, vir julle, want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense. Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV)

1. Daar is ‘n dankbare opgewondenheid in ‘n mens as jy hoor van gelowiges wat vasstaan in die geloof en help dat die Goeie Nuus van Jesus Christus oor die hele wêreld versprei. Lees ‘n paar verhale van die verspreiding van die evangelie in hierdie wêreld om jou eie geloof te versterk. Byvoorbeeld die verhaal van Gladys Aylward.

2. ‘n Mens kan in liefde lewe met medegelowiges, omdat ons dieselfde hoop en verwagting het van die ewige lewe. Is dit jou ervaring?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan medegelowiges wat dieselfde hoop as jy deel. Reik uit na ‘n medegelowige en bemoedig mekaar met hierdie woorde.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 1:1-14 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.