Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

1.  Hoe kan jy verlos word? Wat moet jy weet, en wat moet jy glo, om seker te wees dat jy verlos is?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word.

3. Lees die verhaal van Jesus in gesprek met Nikodemus in Johannes 3:1-21. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap hiervan. Oordink dit.

Nikodemus het een nag met Jesus gesels. Hy kon sien God is met Jesus. Jesus het hom verseker dat ’n mens van bo gebore moet word om die koninkryk van God te kan sien. Nikodemus het nie verstaan nie. Jesus verduidelik toe dat ’n mens twee keer gebore moet word. Die eerste keer is ’n menslike geboorte. Die tweede keer is van bo af, deur die Gees. Toe Nikodemus nog nie verstaan nie, sê Jesus: “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” God verlos mense deur Jesus.

5. Die Heidelbergse Kategismus 2 spel drie dinge uit wat jy moet weet om die troos van hierdie verlossing te kan glo en omhels:

“Vraag 2: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie troos salig te kan lewe en sterwe? Antwoord: Drie dinge (a): Ten eerste, hoe groot my sonde en ellende is (b); ten tweede; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word (c) en ten derde hoe ek God vir so ‘n verlossing dankbaar moet wees (d).”

Watter sekerheid gee dié drie dinge vir jou?


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.