
Ek is die Here. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou. Ek bly vol liefde oor al die geslagte. Ek vergeef alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verbygaan nie. (NLV)
1. Wat tref jou in die teks van God se houding en optrede teenoor mense?
2. Dink na oor die impak wat dit op jou lewe sal hê as jy rekening hou beide met die feit dat God vergewe, maar ook geen sonde ongestraf laat verbygaan nie.
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se genade en strengheid.
4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Eksodus 34 en my bydrae daaroor: Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.