
God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie die Seun na die mensewêreld toe gestuur om die mense te veroordeel nie, maar sodat die mense deur Hom verlos kan word. (NLV)
1. Dit is seker die bekendste verse in die Bybel. Dit vertel van God se liefde in Jesus. Van die ewige lewe wat ons deur Hom kry. Van die verlossing wat Hy ons gee. Hoe laat dit jou voel?
2. Jesus is ons Verlosser. Wat beteken hierdie verlossing prakties? Hoe help dit dat jy nie veroordeel sal word nie?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die volkome verlossing wat jy in Jesus het.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 3 lees en my bydrae daaroor: Johannes 2:23–3:36 – As iemand nie van bo-af gebore word nie.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.