Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

Bid dan soos volg: Ons Vader in die hemel, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. (NLV)

1. Jesus sluit in die Ons Vader by die eerste drie gebooie aan en maak dit die hart van ons gebed. Watter verbande sien jy raak? Hoe help hierdie drie gebede jou om die eerste drie gebooie na te kom?

2. Loof die Here dat Hy ons selfs in ons gebede help om God bó alles te stel. Maak die Ons Vader ‘n deurlopende deel van jou gebede. Memoriseer die Ons Vader in ‘n vertaling wat jy verkies, sodat jy dit te enige tyd kan bid.

3. Bid die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wyse waarop die drie gebede jou help om die eerste drie gebooie na te kom.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 en my bydrae daaroor: Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.