Wie is God?

0 of 368 lessons complete (0%)

Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17

You don’t have access to this lesson

Please register or sign in to access the course content.

‘n Simbool vir die Trinitariese karakter van die Geloofsbelydenis van Nicea

10Maar jy, Timoteus, het my onderrig getrou gevolg, hoe ek lewe en wat my doel in die lewe is. Jy ken my geloof en hoe lank ek al gely het. Jy ken my liefde en my geduld en verdraagsaamheid. 11Jy weet hoeveel vervolging en lyding ek verduur het. Jy weet alles van hoe ek vervolg is in Antiogië, Ikonium en Listra, maar die Here het my uit alles verlos. 12Ja, en almal wat ’n toegewyde lewe in verbondenheid aan Christus Jesus wil lei, sal vervolg word. 13Maar bose mense en swendelaars sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle sal aanhou om mense te mislei, en hulle sal self mislei word.

14Maar jý, bly getrou aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. 15Jy ken die Heilige Skrif van kindsbeen af en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. 16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. 17Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen.

1. Die laaste teks hierdie week wat die noodsaak van ‘n gesonde geloofsbelydenis beklemtoon kom van Paulus aan die jong leraar in Efese, Timoteus. Wat leer jy uit die gedeelte oor Paulus se onderrig en die wyse waarop dit aan die Heilige Skrif verbind is?

2. Daar is min verse in die Bybel wat belangriker is as vers 15-17. Dink ná oor elke aspek van die waarde van die hele Skrif.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se uitnemende gawe van sy Woord wat genoegsaam is vir jou hele lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 2 Timoteus 3 sowel as my bydrae daaroor: 2 Timoteus 3:1-17 – Getrou aan die Woord.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.