Kinders, omdat julle aan die Here verbonde is, moet julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te doen! “Eer jou vader en jou moeder” is die eerste van die Tien Gebooie waaraan ’n belofte verbind is: “Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde mag lewe.” En pa’s, moenie julle kinders so behandel dat hulle verbitterd word nie, maar voed hulle op met dissipline en teregwysing wat die Here se goedkeuring wegdra. (NLV)
1. Wat tref jou van Paulus se opdrag aan kinders en aan ouers?
2. Wat beteken die belofte wat die Here maak vir jou? Wat vra die opdragte hierin van jou?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se belofte en opdrag. Doen iets prakties vir jou ouers/kinders in gehoorsaamheid aan hierdie gedeelte.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Efesiërs 6 sowel as my bydrae daaroor: Efesiërs 5:21-6:9 – Ander se belange word eerste gestel in die huwelik, gesin en werkplek.
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
